Volgers

26/03/2023

Pebane Natanje en Mocuba bouwerk

Hier is 'n foto van hoe ek audio bybels so 2-2 oplaai op MP3 players.



In Pebane het ons probeer om 'n verhouding met die Here deur te praat. Dit het ons probeer doen deur die Fariseërs en Sadduseërs se kerkbeeld te verduidelik. Daar is soveel verkeerd verstaan van Kerk hier wat ook by hulle gesien kan word. Geleerdes lief vir die onderhouding van wette en tradisies en ook self die vermoë het om die Here "reg" te dien. Dan aan die ander kant Jesus se benadering van diens nederigheid ens. Die saligsprekinge en vrugte van Gees is gebruik. Daar was 'n verwondering daaroor en ons kon daarop bou om dissipelskap te verduidelik. Ek het dit geniet.

Jesus sê oppas vir die lering of suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.
Ek bly bid dat veral die dissipelskap proses en familie wees hulle op 'n verdere pad van groei sal vat. Dit was ook 'n lekker proses om dissipelskap te kan oordra. So krities vir kerk wees.


Hier is ons in die Pebane kerkie

Terug by Mocuba is dit weer bou.
My bank app wil skielik nie die pin vat nie. Dit bring spanning, want dalk is die app gehack!! en eers teen middernag het dit weer begin werk.
Ek kry vanoggend 'n gal aanval en dit put my heeltemal uit.
Ek gaan bank toe met die swak lyf en sien ek gaan ten minste 2 ure in die ry moet sit. Het egter nie 'n keuse nie en sit so halfuur. Skielik kom die bank wag na my toe en sê ek kan op my ouderdom voor in die ry gaan staan.  ha Ha , hy dink ek is oud. Dit het baie gehelp.
Die werk in Natanje gemeente was ook baie geseend en ek kon sien die Here werk. 
Nou is ek weer terug in Milange en more begin ek terug ry.

Hier is so bietjie media:
Videotjie sonder klank van pad na Pebane

Kyk veral na die videotjie op pad na Natanje gemeente. Die klippe het party huise heeltemal plat gevee langs die Tumbine berg.

Hier is my spirits stofie besig om water te kook


Hier is van die kinders in Pebane (Sacane)

Hier is iets van die bouwerk


Hier is die mense tydens vandag se erediens in Natanje

Baie seen vir almal



 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...