Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2017

Multi kulturele lewe

Wat kan ek verwag? Inter kulturele verhoudings is in wese ongemaklik. Een van die redes glo ek is die manier van dink wat deur elke mens se kultuur gevorm word. Hoe verder mens hieroor uitvind hoe meer besef mens die geweldige verskil in wêreld beeld werklik is.
Dit is soos die man wat onder die boom sit die hele dag. 'n Verbyganger vra of hy nie tyd mors om so heel dag daar te sit nie. Hy antwoord toe dat hy nie tyd mors nie, hy maak tyd.
Hoe meer mens ingaan op hierdie verskille in verstaan, ontdek mens dat dit net die punt van die ysberg is. Van hier kan verder die hoekom vraag gevra word en dan word daar dieper verskille in denke ontdek. Op stadiums kan mens nie meer verstaan nie.
Mens is wat jy dink en daarom is elke mens uniek en die verskille in kulturele agtergrond, maak die verskille net soveel groter.
Die verskille bring ook groot uitdagings vir kommunikasie. Só kan jy dink iemand stem saam met jou standpunt, maar eerstens verstaan die persoon jou woorde baie anders …