Wat kan ek verwag?
Inter kulturele verhoudings is in wese ongemaklik. Een van die redes glo ek is die manier van dink wat deur elke mens se kultuur gevorm word. Hoe verder mens hieroor uitvind hoe meer besef mens die geweldige verskil in wêreld beeld werklik is.
Dit is soos die man wat onder die boom sit die hele dag. 'n Verbyganger vra of hy nie tyd mors om so heel dag daar te sit nie. Hy antwoord toe dat hy nie tyd mors nie, hy maak tyd.
Hoe meer mens ingaan op hierdie verskille in verstaan, ontdek mens dat dit net die punt van die ysberg is. Van hier kan verder die hoekom vraag gevra word en dan word daar dieper verskille in denke ontdek. Op stadiums kan mens nie meer verstaan nie.
Mens is wat jy dink en daarom is elke mens uniek en die verskille in kulturele agtergrond, maak die verskille net soveel groter.
Die verskille bring ook groot uitdagings vir kommunikasie. Só kan jy dink iemand stem saam met jou standpunt, maar eerstens verstaan die persoon jou woorde baie anders as wat jy bedoel het en tweedens word ja gesê nie weens saamstem nie maar om jou te respekteer en so verhouding te behou. Jy voel dalk goed oor die ooreenkoms en is baie beïndruk met die persoon, net om later agter te kom dat die kommunikasie nooit dieselfde verstaan gedeel het nie.
As Christen wil mens tog goeie inter kulturele verhoudings bou, maar die uitdagings is groot. Nie net die verhouding self nie, maar ander mense se menings en houdings, maak dit soms nog moeiliker.
Wat help, is om van die begin af ongemak en konflik as inherent aan interkulturele verhoudings te aanvaar. Dit klink snaaks, maar daar is 'n baie groter kapasiteit van eerlik te kommunikeer oor die ongemak en verskille. Ek beleef groot eerlikheid hieroor wat seker deel is van 'n Christus gesindheid.
Verder beskou ek die bou van interkulturele verhoudings in RSA as 'n opdrag van elke Christen. Ek aanvaar almal verstaan dat dit nie 'n wet is nie maar uit liefde vir God, ons land en alle mense, soos Jesus dit vir ons kom leer het met Sy lewe. Ons as God se kinders moet eenvoudig voor loop hiermee en dit intensioneel doen, want ander gaan dit nie sommer doen nie. Die wat dit wel probeer doen, kan dit nie so effektief doen soos 'n persoon wat lewe met die vrugte van God se Gees nie. Liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid ens.
Die proses het noodwendig seerkry as 'n mede reisiger. As mens egter dit aanvaar en ook by Jesus leer hoe om dit te hanteer, dan raak die seerkry juis die bewys van die opregtheid, want wie sal seer kry en steeds nie opgee nie? Dit breek grense en word genoem liefde.
Die wat leer om teleurstellings en seer kry te verwag en te hanteer, ontdek diepte vervulling en vreugde wat ons nooit op 'n ander manier sou kon beleef nie. Dit is regtig skatte van 'n lewe met Jesus. Dit is volgens my, 'n belewenis van die vervulling van die Heilige Gees.
Ter opsomming: As ek van die begin af die ongemak van interkulturele verhoudings aanvaar as 'n gegewe, dan het ek dit baie makliker gemaak. Elke Christen sal hieraan deelneem in reaksie op God se liefde vir Suid Afrika.
Seën vir almal.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking