Plasings

Wys tans plasings vanaf March, 2015

Maart 2015 eerste dae van besoek aan Mosambiek

Ek wens ek kan alles deel van die kosbare tyd waarmee die Here besig is met my en Mosambiek, selfs by die huis. As mens soveel ure stil moet sit agter 'n stuurwiel praat mens dinge met die Here waaroor mens nie gewoonlik praat nie. Hy praat dan met jou ook.
Die eerste ding is dat Hy my baie bewus gemaak het daarvan om nie my eie program te volg nie, maar sensitief te luister en met Sy oë na alle situasies te kyk.
In gesprekke met die kerk hier, beleef ek ook baie dinge. Die belangrikste is dat hier 'n geweldige behoefte is aan werk met studente. Hier is nou 5 universiteite in Quelimane (kan julle dit glo). Die mense kom dikwels van die platteland af vanuit baie traditionele gebiede en kom nou in die stad. Baie van hulle beweeg dan weg van hulle tradisionele maniere van dink, na “stads” denke. Daar is nie kerke wat hulle kan dissipel in 'n ekonomie, opvoeding, ens lewenswyse gebou op geloof nie. Die basis wat hier geleef word is 'n stadslewe sonder fondasie. Wanneer …