Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2015

Gesprekke met die Here in Mosambiek 1

Prent
Op pad na Mosambiek het ek 5 dae op pad om met die Here te praat. Ek wil graag weet dat ek nie met my eie planne besig is nie, maar met Sy planne. Om die vraag te vra, kom dit na my terug, want dan moet ek bereid wees om my planne prys te gee. Nou praat mens van gevaarlike goed, want mense gee vir my geld om my gesin te onderhou sodat ek die werk kan doen. Here ek is reg om weer skuiwe te maak as dit moet. My vraag is net, hoe weet ek wanneer ek besig is met my agenda en wanneer ek besig is om in te skakel by ons Vader se plan met die wêreld. So in die gesprek glo ek praat Hy met my om te besef dat Hy 'n ongelooflike liefde vir Mosambiek het, ek is in Sy wil as ek vir Mosambiek lief het. Daar is baie met wie dit baie maklik is, maar daar is ook diegene met wie dit regtig moeilik raak en opofferinge kos. 'n Ander riglyn wat ek glo Hy met my kommunikeer het was dat ek moet inoefen om deur Sy oë te kyk. Dat Hy my aanmoedig om meer en meer te leer van sy liefde, goedheid en doel …