Plasings

Wys tans plasings vanaf 2020

Liggaam Stryd in korona tyd

Ek sit hier met moeë liggaam met bietjie koors en kopseer. Eergister het die stryd intenser geword met diep moegheid, koors en benoudheid op die bors. Na 12 het bietjie beter begin gaan en gister oggend was heel goed. Net na 12 het die koors en moegheid weer begin. As ek my suurlemoen wil uit druk, so met my fingers in mekaar gevleg druk ek die halwe suurlemoen met my handpalms. Net dit het my go op gemaak. Ek doen alles wat ek kan, lig agterkant van bed, stoom met bloekom blare, en baie meer. Die aand vat ek toe een panado en dit laat my toe om 5 ure te slaap. Daar wakker geword lê ek in die verskillende posisies om my longe skoon te kry. Dit werk goed en my longe is nie meer so benoud nie. Die koors is toe weer daar maar nooit hoog nie. Dit is nou besig om met suurlemoen sap en koffie self terug te keer na normaal en begin mens weer beter voel.Oor die algemeen gaan dit dus weer beter.  Die hospitaal mense daag gister hier op en kom stel ondersoek in. Hulle sê dat sodra hulle toetse k…

Geloof die beste geskenk ooit

Ek word wakker na 'n paar uur se slaap met 'n bietjie koors tydens wat lyk soos 'n korona infeksie. Gaan eers warm rooibos tee maak ter wille van die warm drankies. Ek voel die longe kry nog alles uit gestoor en wil dit so hou.Die ander gewaarwording is 'n diep rustigheid wat nou letterlik alle verstand te bowe gaan.  Voor ek Mosambiek toe gekom het vertel ek die dokter dat ek soms as alles hier soms so verkeerd loop, ek soms angstig raak. Dan baklei ek baie met myself, want as ek glo behoort ek te weet dat maak nie saak wat gebeur nie, ek is veilig by die Here. Hoe meer ek baklei hoe minder kry ek dan die rustigheid wat ek soek. Sy skryf toe vir my 'n natuurlike middel voor vir daardie tye om die angstigheid te onderdruk.  Die ander ding wat ek moet vertel: Tussen my en die Here het ek die ooreenkoms dat ek nie meer so baie vra vir uitkomste nie. Uit ervaring het ek geleer dat die Here soms die teenoorgestelde doen. Hier in Mosambiek loop alles tien maal meer verkee…

Getuienis

Prent
Hoe om te evangeliseer Gebaseer op Doug Paul
As ons kyk na Handelinge en ook die uitstuur van die dissiples dan is daar ‘n voorbeeld van hoe getuienis plaasgevind het. Ons kan dit vir ons omstandighede aanpas. Soek ‘n persoon van vrede. In sending kringe word so ‘n persoon dikwels genoem ‘n persoon van vrede. Dit is die een wat jou ontvang. Paulus praat van die persoon wat deur God voorberei is. Toe die dissipels uitgestuur is was die opdrag om te klop en as die deur oopgemaak word, ‘n seën uit te spreek. As die seën ontvang word, dan het jy heel moontlik ‘n persoon van vrede. Vir ons omstandighede kan dit dalk wees dat iemand vra hoe dit gaan, en jy dan antwoord met iets soos: Ek is nuuskierig oor wat die Here vandag gaan doen. As dit ingang vind, dan is dit heel moontlik ‘n persoon van vrede. ‘n Manier wat ek ook van hou is om te vertel wie jy is en hoekom jy hier is. Iets soos: Ek is ‘n kind van die Here van hierdie en hierdie kerk of organisasie” of dalk net “ek en my vriende is k…