Volgers

05/08/2017

Kerkleiers se worsteling oor die toestand van Gereformeerde kerk in Mosambiek

Venstertjie op 'n Mosambiek kerk vergadering


Hier is van my notas oor die vergadering. Die gedeelte oor die motorfietse is om 'n aanvoeling te gee van wat in so 'n vergadering gebeur. Die tweede gedeelte is volgens my die belangrikste gesprekspunt wat bespreek is. Die vergadering was twee volle dae lank.

Motorfietse

Die geld vir twee motorfietse is gegee en die sinode moet besluit waar om dit te gebruik. Hulle het toe die motorfietse gekoop en vra die sinode vir wie dit moet gaan. Daar is twee gedagte rigtings. Die een groep sê dat ons die dominees moet help wat die swaarste kry en die verste afstande het om te ry. Die ander groep staan daarvoor dat ons moet voort gaan met die lys. In die begin het omtrent alle dominees motorfietse gekry en dit het op ‘n stadium gestop, ons moet nou verder gaan met daardie lys.
Dit het ‘n lang gesprek afgegee en op die ou end is gesien dat daar nie ‘n konsensus daaroor gaan wees nie. Op die ou end was daar 8 wat sê dat dit volgens die lys uitgedeel moet word en 7 wat sê dit moet gaan waar dit die nodigste is.  Die saak het net verder uitgerek totdat daar besluit is om die een volgens die lys te gee en die ander een volgens nood.
Hierdie gesprek was voor die gesprek oor visie en ek het probeer om hier die koninkryks gedagte oor te dra a die eerste prioriteit, maar dit het nie ‘n verskil gemaak nie.
Op die ou end is die een gegee vir ‘n dominee wat dit regtig nodig het ds Nunes. En toe die lys ondersoek word val dit toe op ds Joao Herbarth. Toe hy, wat in Mocuba is, dit hoor het hy aansoek gedoen om die motorfiets eers te gee vir ds Tuvuliua van Calane wat swaarkry en dat hy eers later ‘n motorfiets kan vat. Hy kan net nie nou oor sy hart kry om die motorfiets te vat terwyl daar ander is wat so swaar kry nie.

Gesprek met Tumbine sinode oor ondersteuners se rol.

Hierdie gesprek het ek my eie strategie gebruik, ek bid maar dat die Here dit sal regmaak.
Het agter gekom dat dit nie help om by die sinode se swakhede te begin om te kyk waar ondersteuners kan inskakel nie. Het eerder by visie begin.
Het wel gesê dat sekere pogings tot vandag nie werk nie. Die Deca se plant projek lewer nie die resultate wat ons wou hê nie. Chiconono se probleme is nog nie opgelos. Mediese projek sukkel met diefstal en ander probleme, maar die ondersteuners is almal toegewyd om die kerk te ondersteun so goed hulle kan.
Om egter te weet waarheen ons gaan moet ons eers kyk na wat ons van die Here hoor, ons heel belangrikste taak is vir die toekoms. Wat ons in die eerste plek die jaar wil bereik.

Moderator: Ons visie is om die Noorde te bereik met die evangelie en dan selfs oor die grense te gaan met die proses. Die projekte wat ons het in die gemeente is om die kerk te help sodat die kerk dit kan doen. Ons probleem met DECA is ons self en ons manier van werk. Ons kry dit nie reg om resultate te kry nie. Miskien moet RSA ons hier met idees help.
Ouderling: Visie is baie belangrik. Hier tussen ons gemeentes is daar plekke waar die evangelie nog nie gekom het nie. Die sinode se vervoer is swak. Verder het ons projekte ook nog nie ander plekke bereik nie. Ons het hulp nodig waar ons dit nie regkry nie.
Dominee: Projekte moet ons help om daar ver te bereik.
Moderator: Ons sentrale visie is evangelisering. Die hele sinode stem hier saam. Projekte ondersteun die visie. As die projekte dan nie reg kry om ons hier te help nie, moet ons ander maniere kry om ons visie te bereik.
Dominee: Ons visie is die koninkryk van God, as ons baie projekte het maar nie die koninkryk van God bereik nie, dan het ons niks. Evangelisasie is ons eerste doel.
(ek dink dit is nogal goed dat evangelisasie gesien word as groter prentjie en die rol van projekte so ingekleur word. Die fokus skuif duidelik van projekte as visie. Dit is so ver ek weet die eerste keer dat dit so duidelik uitkom. – Ek het na die inleiding niks verder deelgeneem nie).
Vise Moderator: Ons ondersteuners kan ons help hoe die projekte kan funksioneer. Wat dink ons vennote oor die terrein wat ons het by DECA en hoe ons dit wil bereik?
Hier het ek verduidelik dat projekte ondersteun moet word en ons probeer om die probleme daar op te los. Daar is voorstelle gemaak waarop antwoorde gesoek word, maar dit is nodig om meer te hoor oor die visie van evangelisasie. Daar is baie van die gemeentes wie se lidmate nie evangeliseer nie en besig is om agteruit te gaan. Hoe kan ondersteuners saam loop met die visie?
Alg Secretaris: Ons het vanaf ons opleiding nooit met mekaar gepraat oor hoe ons die werk moet doen nie. Elke dominee doen maar hoe hy die beste dink om te doen. Sommiges doen herlewings byeenkomste en ander weer nie.
Drie jaar terug het ons begin dink aan die noorde om daar uit te reik. Ons het net gevra wie is beskikbaar om daar te werk. Die wat hulle name gegee het is gestuur sonder om vir hulle te sê wat hulle daar moet doen. Hulle word selfs gekritiseer oor wat hulle doen.
Dit gesê moet ons evangelisasie voorop stel.
(Ons moet nie aanvaar dat ons inhoud van die woord evangelisasie dieselfde is as wat bedoel word nie. Tweedens moet ons hier duidelik hoor die onsekerheid wat dominees het oor wat hulle moet doen in hulle gemeentes).
Ouderling: In wyks gemeentetjies is daar baie swakhede, soos bv ‘n ouderling wat nou al baie jare die leiding neem en niemand toelaat om enige iets te doen nie. Hy doen alles en besluit alles. Baie mense vlug uit die kerk agv die soort swakhede.
Ouderling: Baie wyks gemeentes verloor hulle jeug. Leiers maak bv nie ruimte vir jeug om deel te word van die leierskap nie. Hulle word dikwels geen geleenthede gegee nie.
In die verlede was daar baie opleiding, maar dit gebeur nie meer gereeld nie. Jeug het nodig om te verstaan wat die kerk is, sodat daar ‘n toekoms kan wees.
Dominee: Wys op die belang van dominees wat mekaar moet help en saam moet werk met idees.
Dominee: Daar is ‘n tekort aan materiaal om te gebruik.
Ouderling: Bevestig dat dit mense help as daar besoekers kom om dieselfde lering te gee as wat hulle dominee gee. Nou het hulle baie meer vertroue daarin. Daar is in die verlede sulke besoeke gedoen waar een persoon oor finansies praat, ‘n ander oor gesin wees en ander onderwerpe. Die groep gee saam opleiding en dit het baie trefkrag. Hierdie soort opleiding het ongelukkig nou opgehou. Dit sal beter wees as dit weer kan gebeur.
Vise moderator: aanbidding en gebed is ‘n stryd. Daar is ‘n vyand.
Sekretaris: In die verlede is die ETE opleiding gedoen in die kerk en daarna het Espanor dit begin doen en het die kerk opgehou. Visie moet in die Sondag skool by die kinders begin en daarvandaan uitbrei.
Dominee: Die belangrikste is evangelisering, vennote kan help met projekte maar evangelisering bly belangrikste.
Dominee: Ons is besig om ons jeug te verloor. Ons wil graag weet hoe gaan dit met die jeug in RSA se kerke. Sal hulle kan help.
Danie: Verduidelik die agteruitgang van baie gemeentes en die kerk in die algemeen wat baie lidmate verloor. RSA het nie die antwoorde nie en die antwoorde wat daar werk sal nie noodwendig hier ook werk nie. Tog kan gesprekke met mekaar oor dieselfde stryd dalk goeie gevolge hê en kan ons dalk verteenwoordigers uit die sinode in RSA kry wat met die jeug werk wat ons kan besoek en saam kan gesels oor die uitdagings. Selfs iets saam doen.
Danie: Ek word gevra om gesprek af te sluit. Omdat die gesprek nog ver van klaar is en daar nog baie daaroor wil praat, maar nie tyd het nie, ons dit dalk aan die dagbestuur opdra om met dit wat ons gese het iets na die tafel te bring en dan te sien hoe RSA vennote kan inskakel by die sinode se planne. Verder het ek die moderator gevra om daar waar swak verhoudings tussen dominees bestaan, hulle saam te roep en sake te help besleg dat ons mekaar kan vergewe en weer een kan word. As ons dit nie doen nie, gaan samewerking tussen dominees nie werk nie. 

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...