Volgers

17/11/2010

Visie konferensie in Stellenbosch 14-17 Februarie

Picture
Die konferensie se doel is om die kerk wakker te maak, toe te rus en te mobiliseer om:

Te ontdek
God se visie wat gebore word uit Sy goedheid. Sy visie van vrede vervulling en die lewe in Volheid in alle aspekte van die lewe. Deur Christus genoem die “Koninkryk van God”.

Die transformasie proses waarmee God besig is.

Aanvaar
'n Bybelse wêreldbeeld wat uitgeleef kan word en so die waarheid, goedheid, en mooiheid in alle sfere van die lewe in te dra.

Beoefen
en leef uit 'n gestuurde hart deur God in ons geskep. Sien hoe die seer van opoffering gemeenskappe en kerke transformeer en mooi maak. Beleef trane van seer en blydskap soos God se plan deur ons ontvou en Bewonder die goeie hart van God.

Probleem
Afrika, ten spyte van 'n ryk erfenis, is 'n gebroke kontinent vol armoede, siekte, korrupsie en konflik. Ontwikkelingspogings het gereeld probeer om opheffing te doen met baie min sukses en selfs negatiewe sukses. Die vrugte van talle sending pogings het soms uitgeloop op mense wat 'n ekstra boei van religie ontvang het. Kerk het soms meer kom bind as vry gemaak. Animistiese denke van fatalisme veroorsaak 'n kontinent wat dikwels nie hoop het nie. Mense is slagoffers van die wil van die geesteswêreld asook van die natuur.

Die kerk het dikwels net die geestelike dimensie van mense aangespreek en word al meer as irrelevant vir die gemeenskap gesien ten spyte van 'n geweldige groei in lidmate die laaste 20 jaar.

Die kerk se geweldige potensiaal van die kerk lê dikwels nog onontdek.
Picture
Oplossing
Die kerk as aangestelde agent van God vir sosiale en kulturele transformasie is die oplossing. Die kerk is seker die grootste institusie in die gemeenskap met lidmate in elke sfeer van die gemeenskap. (kuns, besigheid, regering, opvoeding, ens). Dit is veral waar in Afrika waar daar ongeveer vier Miljoen kerke bestaan en wat 50% van die gemeenskap insluit.

Picture
Hiervoor het die kerk egter toerusting nodig met 'n lewende visie. Kom ons werk saam met die groep van Afrika mense wat van 1999 besig is om juis dit te doen.

Die konferensie help mense in Afrika nie net met 'n visie nie, maar ook met eenvoudige metodiek en opbou van persone om transformasie agente van God in hulle gemeenskap te word. Die toerusting word ook prakties toegepas, maak nie saak hoe arm mense is nie. Die klem word op die transformasie van denkpatrone en bring 'n Christelike wêreldbeeld as die oplossing vir holistiese transformasie.

Noord-Oos Mosambiek

Picture
Die gebied was altyd nog baie geïsoleerd. Die evangelie het eers in 1930 bekend geword op 'n beperkte skaal. Vandag is daar nog ongeveer 'n 4 miljoen onbereikte mense in die gebied. Van die kerke wat wel bestaan erken dat die evangelie nog nie 'n verskil gemaak het aan die tradisionele denkpatroon nie. In die Gereformeerde kerk is die proses van toerusting noual vir 2 jaar aan die gang en kan mens reeds talle resultate sien. Die proses waarin Handevat streef, is om oor 'n tydperk van 10 jaar die Bybelse wêreldbeeld, met visie konferensies wat aangepas is vir die omstandighede van Noord-Oos Mosambiek, te help vestig.

Die gereformeerde kerk stel die konferensies oop vir enige kerk en die proses word dus wyer as die kerk aangebied

Uitkomste
Die verstaan van die proses in die kerk in Mosambiek sodat almal betrokke die geleentheid het om dit te ondersteun.

Eie groei in 'n Bybelse wêreldbeeld.

Groei in die kerk in RSA.

Jeugwerk in Mosambiek

Picture
Behoefte
Die Geref Kerk in Mosambiek het vir 'n dag lank oor die nood vir jeugwerk gepraat. Die 300 kerkies sit Sondae vol met jeug wat meestal net deelneem aan kore, maar wat verder nie geleentheid tot groei het nie. Daar is 'n nood aan begeleiding van die jeug om God se bedoeling vir hulle te ontdek en uit te leef.

Die kerk het 'n huis en voertuig beskikbaar vir 'n voltydse sendeling. Die kerk vra vir 'n sendeling wat hulle kan help vestig aan 'n Sondagskool program en jeugprogram op sinodale vlak. Verder sal hulle bly wees as die persoon ook kan help om die geletterdheidskantoor se bedrywighede te help konsulteer.

Picture
Vorige projek
Daar was voorheen 'n projek vir die jeug waar jeug van RSA saam met jeug van Mosambiek al die kerkie besoek het en opleiding gegee het vir 'n paar dae. Die effek van so 'n eenmalige uitreik was nie baie groot nie. Daarna was 'n sendeling gestuur om ook elke gemeente te besoek saam met plaaslike jeug en programme aan te bied. Dit was egter nie volhoubaar nie.

Picture
Plaaslike inisiatief
Uit die kerk se jeug het inisiatiewe begin met veral weeskinders en op vlak van Sondagskool. Die inisiatiewe was baie opwindend, maar bereik kinders op baie kort termyn en ook net op 'n paar fokus punte. Dit is egter 'n geleentheid wat gebruik kan word.
In 'n laaste besprek met die jeugleiers (het 'n video oor hulle boodskap aan RSA), het ek gesien dat daar werklike begeleiding nodig is om hulle inisiatief verder te vat. Daar is 'n tekort aan 'n bybelse fondasie.

Picture
Hier is van die kinders besig met 'n drama. Twee paddas spring na Noag se ark!
Droom
Ek sien 'n gemeente of groep in RSA wat die jeugwerk in Mosambiek onder die 300 kerkies op die hart sal dra en die kerk sal help begelei om daarvan 'n sukses te maak. Eienaarskap behoort aan die kerk, maar het net begeleiding nodig om 'n volhoubare jeugwerk op die been te kry. Die groep kan 'n voltydse sendeling stuur of 'n persoon of persone een of twee keer 'n jaar opstuur om saam met die kerk die pad te loop. Daar is dan ook 'n sendeling wat belangstel om te gaan en die groep kan dan saam met die sendeling die uitdaging aanvaar.
Volgende stap
Kontak my indien u of u gemeente of groep belangsel om betrokke te raak. Dan kyk ons of daar genoeg belangstellendes is om 'n gesamentlike gesprek te reel.

Gebruik van mediese plante in Mosambiek (ANAMED)

Picture
Wonderlike potensiaal
Die mediese inisiatief het in Duitsland begin. Gebasseer op Christelike waardes word dikwels arm en plattelandse gemeenskappe opgelei om mediese plante te gebruik in die voorsiening van mediese behoeftes. Van die plante is onder andere die Moringa boom wat ook die "miracle" boom genoem agv die voedingswaarde wat dit het. 'n Ander plant is die artimesium plant wat ligaamsweerstand opbou en baie effektief is in die behandeling van malaria.
Op die manier word allerhande probleme opgelos. Ek probeer 'n paar onthou: Van slangbyt, diaree, malaria, swamme, ens.
Daar is onder andere gevind dat vigs pasiente wat Artimisium en Moringa saam gebruik se telling so laag raak dat die toetse negatief wys.
Daar is pogings aangewend om die inisiatief uit te koop, maar dit is geweier, want die inisiatief is daar om gemeenskappe te help.

Picture
Werkswyse
Daar word seminare gehou waar mense vir opleiding kom in hoe om die plante self te identifiseer en te kweek. Dan om die kennis te he van watter plante om te gebruik en met watter dosissse. Die seminare neem so 'n paar dae en bring baie noue interaksie tussen mense.
Op die foto word is mense besig om medisyne te maak vir artritis deur piri-piri te gebruik,

Picture
Anamed Mosambiek
Die inisiatief is begin en talle seminare aangebied. Vir die kerk het dokter Daniel Martin die hele beweging aan die gang gesit. Daar is talle seminare aangebied waarvan een groep bv bestaan het uit toordokters. Hy het die seminaar aangebied vanuit die voorveronderstelling dat die natuur God se apteek is. Die toordokters het heel lustig saamgewerk.

Uitdaging
Die ondersteuning van die projek is uit Duitsland en het onder andere vir Monica (wat die vrou in die middel van die foto links is), gestuur om die projek te begin. Daar is heelwat plante gekweek en mense opgelei. Die befondsing gaan egter nog net vir 'n jaar wees en Monica is nou hierdie maand (November 2010) terug na Duitsland. Die projek loop dus gevaar om dood te loop.

Nuwe inisiatief
Handevat wil graag die werk bekendstel en het reeds met 'n vrou in Ile omgewing gepraat. Yens en Siggy is daar besig met 'n ontwikkelingsprojekte, maar sy het 'n besonderse belangstelling in die Anamed werk. Die kerk het ook 'n tuin en help nog mense op 'n klein skaal met medisyne wat hulle op die manier voorberei. Daar is egter nie leierskap en ondersteuning hiervoor nie. My voorstel is dus dat daar 'n ondersteuningsgroep vir die bediening op die been gekry word wat saam met die mediese projek in Milange kan werk en spesifiek kan kyk of die bediening van die kerk kan help groei en ontwikkel. Die kerk het nog heelwat sensitiewe begeleiding nodig in sake soos hierdie.
Ek glo dat die projek iets van God se hart en bedoeling vir die kerk weerspieel.

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...