Volgers

13/07/2023

Nacala, Nampula, Lugela trip

Die besoek aan Nacala word Saterdag oggend omver gewerp toe ons 20 km buite Nampula moes omdraai weens 'n probleem met die bakkie. Ons stuur toe die twee dominees met 'n taxi.
Die middag gaan ondersoek ek weer die bakkie en daar ontdek ek hoe om die probleem op te los en om die bakkie nog lekkerder te laat ry.
Ons ry toe Sondag oggend vroeg en is betyds vir die erediens. 
Ons is verras om ongeveer 40 volwassenes en 15 kinders daar te kry. Daar was 5 kore en baie moeite word gedoen om geld in te samel om 'n perseel in die stad te bekom.
In die toerusting gaan ons redelik intens deur 'n proses waarin 'n gemeente kan ontdek hoe om op die regte fondasie te bou en die Here se wil bo alles te soek en te gehoorsaam. Dit is dikwels anders as ons eie wil en planne. Ons leer ons self om deur God se Gees aan God se wil te onderwerp. Dit gebeur deur 'n proses van praat en worstel en soek tot ons weet wat Hy wil. Ons wil dikwels ons self en die kerk bou en beskerm (ook gestruktureerd en aanvaarbaar en gemaklik) terwyl Hy die kerk wil gebruik in die wêreld. Mense het baie intens geluister. My stem was weg, maar so deur die gekraak is die betekenis tog deur die genade oorgedra. 
Die aandete voor die kerk muise se tente. 
Die Maandag oggend het ons op pad terug gou by die see 'n draai gaan maak. 
Jy kan die see bodem seker 15 meter diep duidelik sien. 
In Nampula het ons 'n vrugtevolle gesprek gehad tussen Annlin gemeente Tumbine Sinode en Nampula gemeente. 
Ek laai Dirk en Giepie af by die lughawe. Ek het min van hulle lekkernye geëet, maar nou mis ek hulle so ek haal in met wat hulle agter gelos het. 
Na die lughawe gebeur 'n wonderwerk deurdat ons al ds Tuvuliua se huisraad in en op die bakkie kry. 
Dit het stadig gegaan en alles het goed nat gereën, maar die aand was hulle in Lugela. Ek moes 4x4 gebruik om in die nat tot by die huis te kom. 
My lyf is nog nie reg nie, maar deur die Here se voorsienigheid is ek nou in Gile om die gesin more na Nephipi gemeente te vat so 50km Noord van Milange. Hierdie is my uitsig hier:
Die pad is een van die paaie wat ek baie geniet alhoewel dit 'n 20km per uur pad is. Ek sal versigtig moet laai more om dit vol gelaai te ry. Gaan die heel dag neem.
Dit is vir my geweldig waardevol om saam met God hier te werk. Hy is lief vir ons en ek leer dit nog aan. Ek probeer 'n diens lewer en wat gebeur? Hy bou 'n onbeskryflike bouwerk in my! Hoe heerlik is dit om ook Sy liefde vir Mosambiekers te sien. As dit hard moeilik en spanningsvol word, dan loof ek Hom hiervoor en dikwels bring dit rustigheid en vreugde. Daar begin dit reën. Lekker aand. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...