Volgers

11/04/2018

Kenmerke van kerk as beweging in die wereld

Vir die opbou van 'n gemeente moet daar 5 aspekte van kerk wees wees, soos wat Eff 4 dit omskryf. Die Here gee die gawes daarvoor in die vorm van mense wat daardie gawes het:


Apostolies
Profeties
Evangelies
Herders
Leraars

Apostolies
Die kerk se bestaansreg is om gestuurd te wees in die wêreld. Alles wat die kerk doen is hier rondom gesentreerd. (Hart van God is dat Hy lief is vir die wêreld en dit nie net met woorde nie). Kerk is resultaat van gestuurd wees. Jy is eers gestuur en dan vorm kerk om dit te vervul. Kan nie by kerk begin en later gestuurd word nie, want dan is dit nie kerk nie. Missiologie dan ekklesiologie
Die rede vir ons bestaan is om die kerk op nuwe plekke te vestig! (doen ons dit? Bottelary gemeente ens)
Bou gedurig nuwe kapasiteite om die roeping te prioretiseer. Omdat dit nie altyd die prioriteit is nie.
Is ‘n beweging: Dus dinamies, aanpasbaar, geïntegreerde, innoverende, reproduserende beweging.
Die apostoliese funksie is om gedurig die besoedeling van die roeping te voorkom en ons werklike DNA te behou as gestuurdes. (Gestuurdheid word baie maklik afgebreek in ander doelwitte wat nie op die DNA van Christus, of kern oortuigings, gebou is nie). - As die oortuigings nie behou word nie, verswak die effektiviteit van die beweging -
Die Apostoliese gestuurdheid maak al die ander funksies sinvol. Alle funksies is hierop gebou en dit gee betekenis daaraan.
Ons plant nie kerke nie, maar plant die evangelie, die Jesus storie in geheel.  Dit lei tot vorming van kerkwees. (Geloofsgemeenskappe gebou op die evangelie). As enige gemeente nie ander gemeentes begin en versorg nie, dan is dit oneffektief (deficient).
Nuwe gemeentes lyk altyd anders as die vorige. (Nie vaste patrone gebou op stuktuur nie).
Entrepreneurskap word gekultiveer. Dit gaan oor die gee van toestemming en ‘n oop veld en atmosfeer vir innovering. Aanmoedig om te probeer en risikos te loop en deur foute te leer.
Krities belangrik om ‘n buite grense netwerk en kommunikasie te ontwikkel.
Behou die eenheid in die verskeidenheid.
Reageer vinnig op elemente wat gesamentlike lewe bedreig. (Moenie verskille vermy, hanteer dit).
Kry die groter prentjie.
Gedurige mobilisering van alle agente betrokke.
Apostels is hulle wat geneig is om meer risiko’s te neem en antroponeuries te werk.

Profeties
Beskerm die verbonds verhouding tussen God en mense. Vertikaal
Behou ‘n oriëntasie vanuit God self deur luister, gebed, en reaktiewe gehoorsaamheid.
Reageer met patos: God beleef dinge baie diep. Gevestigde liefde vir wêreld. Passie. Sy diep haat vir die sonde en onregverdigheid. Voel wat God voel. Hartseer, pyn, vreugde, woede, passie, genade ens.
Eerstens is dit om ‘n oor vir God te hê. Openheid vir Hom, gefokus op Hom en gehoorsaamheid.
Is ook ‘n oog, die geestelike insig. Nie om net vir God te sien nie, maar om soos hy te sien. Om dus ‘n openheid teenoor ‘n heilige visie en kreativiteit.
Is ook ‘n mond, om te praat in die naam van God. Bereid om verwerping te beleef en te ly. Want profetiese woorde is ook korreksies.
Is ook ‘n hart om te voel wat God voel. Die hart is die fokus van die profeet se boodskap. As dit in die hart verkeerd gaan, gaan die res ook verkeerd. Om Heilig en regverdig te wees.
Bou verhouding met ander. Horisontaal
Dit is ‘n verantwoordelikheid vanuit die opregte ontmoeting en verhouding met God.
Nie net verpligting, maar ook herinnering van God se liefde en genade wat red.
Oproep tot bekering Gedurig te leer, om af te leer en herorienteer. Onverbiddelike oproep tot bekering. Baie belangrik vir om die heilige verhouding met God te onderhou en die rebelse sondige hart van die mens te ken uit te wys en te help hanteer.
Stel in die ope die pogings tot menslike strewe na mag en misbruik van posisies. Dit ook in politieke, ekonomiese, en religieuse instansies. Veral hard op valse religie en skynheiligheid.
Die profeet is sensitief vir die innerlike geestelike stryd.
Onderskei ook tussen vals en ware aanbidding. Die wêreld is vol van vervangings vir God wat afgodery is. Daar is ‘n verband tussen die verloor van ons profetiese stem en die oorneem van giftige rituele religie. Die profeet help die verhouding tot God om persoonlik en direk te bly.
Strewe na regverdigheid is deel van profeet se aanslag. Hou fokus op armes, verontregtes en gemarginaliseerdes. Prioretiseer etiese aksie, goeie dade en liefde vir regverdigheid en nederigheid.
Oproep om Heilig te wees.
Kommunikeer ‘n dringendheid.  Enige organisasie weet dat dringendheid ‘n belangrike aspek van groei en oorlewing is.
Die profeet verstaan iets van, en gee ‘n duidelike prentjie van wat die lewe kan wees, deur. Voorskadu van God se wil op aarde soos in die Hemel.
Die profeet bevorder leer deur gedurige ongemaklike vrae. Skep kondisies vir heilige ontevredenheid.  
Hulle openbaar wat in die hart is.
Hulle krap heeltyd vir verandering
In die wyer gemeenskap is hulle voorstaanders van kulturele verandering. Werk met die verskil tussen God en ons gehoorsaamheid.
Hulle word dikwels verwerp deur mense wat hou van hulle eie maniere. Daarom is hulle die eensames en kan maklik misverstaan word.

Evangelies
Om die boodskap daar buite te kry, maar ook om ‘n positiewe antwoord terug te kry.
Dit is die bemarkers van die gemeente.
Met woord en daad aangepas vir omgewing, mense uitdaag tot radikale reorientasie van hulle lewens.
Die hele kerk moet in staat wees om die boodskap van die ontvouende kerk uit te dra.
Doel is om ‘n reaksie te kry op boodskap.
Uitnodigende atmosfeer te skep in gemeente.
Boodskap moet die werklike vrae van die gemeenskap aanspreek en nuwe lewe bring wat motiverend is vir die hoorders om ook evangeliste te word.
Aangepas in kultuur
Waardevolle boodskap
Dit skep ‘n handelsmerk vir die gemeente en bly getrou daaraan.
Waardeer elke persoon individueel.
Dit is ook ‘n demonstrasie van die goeie nuus.
Trek mense na die reddende storie van Jesus en bring hulle in die verskillende bedieninge van die gemeente.
(Vir Proteahoogte, hulle is die mense wat ander betrokke maak).
Boodskap is dus motiverend, lewe gewend, sinvol vir persoon wat hoor, lewens veranderend. ‘n Proses van die Heilige Gees.
Alle lede is betrokke hierby!
Dit is mense wat oortuig, en infekteer met ‘n Jesus virus. Kan nie anders as om ook aangetas te word nie.
Agente van bekering of verandering.
Bemiddel tussen God en mense. Sterk priesterskap.
Goeie nuus mense

Herderskap
Agente van God se genesing.
Bevorder ervaring van gemeenskap (behoort)
Vriendskap gemeenskaplikheid, versoening, sosiale bande, liefdevolle verhoudings. Om Jesus se liefde te wys.
Skep ‘n geloofwaardige getuienis.
Beskerm die liggaam. Daar is altyd selfsugtige lede, en herderlike proses is om te beskerm teen invloede van binne. Moet dus mense met negatiewe gedrag identifiseer, korrigeer en dissiplineer.
Promoveer genesing. Sorg vir die siekes, gebed en berading.
Promoveer insluiting en omarming van alle klasse en etnisiteite en geslagte. Respek vir armes en uitgesluitenes.
Dit is ‘n dissipelskap proses. Vorming van ‘n gemeenskap na die beeld van Christus.
Skep plek met atmosfeer waar mense floreer en groei. Geleentheid om potensiaal te bereik.
Ondersteun mense om konsekwent te lewe as christene.
Kultiveer ‘n familie van God. God as Vader met broers en sisters.
Liefde vir mekaar word die boodskap wat die daar buite kan sien.
Herderskap is sensitief vir wat in gemeenskap gebeur, is simpatiek. Ken mense en hulle stories. Elkeen is belangrik, en tree in vir die wat uitval of alleen is.

Leraars of lering
Skep ‘n bybels gefundeerde wêreldbeeld in ‘n vyandige konteks. Om die wêreld deur geloof te kan sien.
Om wysheid en verstaan te vestig. Skep nuuskierigheid in die soeke na insig.
Verstaan die Bybel. Gemeente moet sy eie en gemeenskap se skool wees. Ontwikkel lewensfilosofie.
Skep liefde vir woord.
Bring gesprek met God van lede.
Ontwikkel kursusse en materiaal om deur verskillende medias beskikbaar te maak.
Intergreer lewe en denke. Dit moet geleef word om verstaan te word.
Bring lewenslange leer by almal.
Moet idees kan oordra aan almal in verskillende kulture en generasies.
Skep kultuur van leer, as manier van leef vir jou hele lewe. (Skep inoefening van vemoeë tot erkenning van valse oortuigings en prysgee daarvan). Lewenslange transformasie proses.
Onderwyser wees help mense om hulle lewe te sien soos God dit sien en die lewe te ervaar vanuit Hom.
Vorm die denke en identiteit van God se mense.
Lering is nie spekulasie, maar bediening van idees.
Jy kan net leer wat jy weet, en onderwysers is dus mense wat besig is met idees.

------------------

Al die funksies is teenwoordig in die gemeente, want God gee dit as gawes vir die gemeente. Dit hoef nie geskep word nie. Dit moet net fokus op die omgewing om die ontwikkeling van elkeen aan te moedig. Al die DNA van die boom se saad is reeds daar. Die saad word die boom in al sy glorie.

Wanneer daar leierskap is wat dominant is en die leier sterk is in een aspek, dan word daardie funksie se geur vergroot en ander meestal afgeskeep en selfs onderdruk.

Voorbeeld van een dominante aspek. Herder dominante leiers gee 'n liefdevolle gemeenskap gerig op mekaar se probleme eenheid in  geestelike lewe. Verder sal neig om risiko's te vermy sal inter afhanklik wees, oor sentimenteel. Uitsluitend, oor beskermend en versigtig.
Ander voorbeeld: As die dominante funksie apostelskap is, dan neem die gemeente risiko’s, nuwe grense word gedurig oop gebreek ens, maar die gemeente word rigied en taak gerig.

Indien dit nie goed gaan in ‘n gemeente en die leierskap in een funksie goed is, dan is die gevaar daar dat die leierskap ook geneig is om daardie funksie waarin hulle goed is net verder te bevorder as antwoord op die uitdaging. Op die manier is hulle besig om die wanbalans te vererger.

Die ander probleem is dat dominante funksie gemeentes mense met dieselfde dominansie aantrek. Dit het bv baie gebeur by charismatiese bewegings.


2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...