Liefde en menslike natuur
Liefde is nie natuurlik deel van my nie. Dikwels is daar sterk gevoelens teenoor sekere mense diere en dinge, maar ek twyfel al meer of sulke gevoelens liefde is. Dit is soms weggesteekte eie belang en soms dood eenvoudig misleidend en maak ook dat mens onderskeid tref tussen mense. Die toets van liefde kom, lyk my, waar, die teenoor wie jy negatiewe gevoelens of geen gevoel het nie, jou pad kruis. Ek werk al lank saam met Mosambiekers en het al baie positiewe en negatiewe gevoelens ervaar. Teleurstellings is oor die lang termyn meer as vreugdes. Dikwels moet ek myself herinner dat God die wêreld lief het sonder onderskeid. Soms is die mense wat die meeste negatiewe gevoelens ontlok dikwels juis hulle wat die grootste potensiaal het. Hierdie is 'n redelik konstante stryd. Die liefde wat ons vir mense het is dikwels juis die liefde waar jou gevoelens en natuurlike reaksies opgeoffer moet word. Ek kom in die week in 'n baie plattelandse gemeente van die IRM. Ons is regti