Volgers

23/11/2023

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua) 
Hier is die byeenkoms by Cricane 
Tydens Cricane gesprekke
Erediens in Mocuba
Toilette in MDedreia van kerkie se kant af. 
Toilet van ander kant af! 

Voor die tyd was daar 'n deurmekaar spul. Eerstens is daar nie 'n sinodale dominee beskikbaar vir die besoek nie. Ds Tuvuliua is ook nie hier nie. Al die dominees woon baie entoesiasties die Veritas kursus by. Ons is baie bly daaroor, maar dit is jammer daar is nie 'n dominee wat saam met my kan gaan nie.
Toe ek uiteindelik direk met Lugela se leiers begin praat het hulle steeds nie geweet dat ek op pad was nie. Hulle was egter bereid om my te ontvang. Die middag daar aangekom en gereed gemaak om die volgende dag by die Dabane kerkie by Lugela dorp toerusting te gee. Dit was toe nie moontlik nie agv 'n begrafnis. Ek het wel so uur en half met 'n paar leiers gehad. Reeds daar het ek 'n besonderse openheid by hulle is. Hulle was veral geraak deur die feit dat Jesus die kern van alles is en hoe ons so dikwels ander prioriteite het. 
Ons vertrek toe gister direk na MDedreia waar vandag die hele dag beskikbaar was vir gesprekke. Die openheid hier het my verbaas. Ek was selfs bang, want dit lyk asof alles wat gesê word, ingedrink word. Die gesprek loop heel in 'n ander rigting as wat ek voorberei het. Ek het baie moeite gedoen om heelwat idees oor te dra met Bybelse agtergrond. Toe ons begin is daar 2 Bybels en min gevoel van die waarde daarvan. Ons begin maniere soek om die Bybel vir almal beskikbaar kan wees. Ook gee ons geleentheid om te dink hoe graag ons die Bybel wil hoor en gebruik. Die uiteinde van die gesprek was dat ons 2 persone identifiseer het wat kan lees en onderrig gawe het. Ons gesels oor die moontlikheid van hulle wat op die manier hulleself te gee om vir die Here te werk. Die grootste uitdaging was dat veral van die vroue glo dat hulle nie in staat is om dit te doen. Dit lei tot 'n gesprek oor wie is bereid om vir ander te bid. Ook daar is die denke dat hulle nie kan bid nie. Ons identifiseer toe 2 wat weet hoe om vir ander te bid en hulle verbind hulleself om elke lidmaat te help sodat volgende jaar almal ouer as 2 jaar sal kan bid vir ander. 
Ons wys dat hierdie soort van verbintenis se deel is van ons werk van die kerk en hierdie en hulle identifiseer die opdrag as komende van die Here. 
'n Ander manier om intussen die woord in huise te laat lewe is om tekste vir mekaar te leer. Ek het dit skaars gesê en die ouderling leer hulle toe die vers wat ek aangehaal het nl Joh 3:17.
Ons hanteer toe al die valse redes hoekom ons kerk is en dit word ook met groot opgewondenheid gevat. Dit lei ons toe na bekering veral nadat 'n ou man vra wat moet mens doen om gered te word. Ons gesels toe lekker oor Nicodemus. Ek vertel ook heelwat stories en ullustrasies oor hoe redding werk deur Jesus. Ons hanteer ook die vrese wat 'n struikelblok vir oorgawe is. Veral van tradisionele verstaan van die geestes wêreld asook die gebrek aan vertroue in 'n goeie God en Vader. Veral die aanvaarding van die werklikheid van God se betrokkenheid by mense. 
Jammer die dominees was nie hier nie, maar dit het regtig voor gekom asof dit werklik 'n dag waar die Here al die struikelbokke vir die inneem in harte weg gevat het. (van die struikelbokke wat gewoonlik in gemeentes voorkom is bv as mense verwagtinge het dat ek as sendeling vir hulle materiele dinge gaan gee en die fokus en vrae draai maklik daar rondom. Verder ook suspisie dat ek dinge vir sekere mense gee en ander gaan nie kry nie.)  Dit het voor gekom asof die fokus werklik op die evangelie was.
Ek tel ook 'n baie mooi openheid teenoor hulle dominee op as wat ek teenoor vorige dominees opgetel het. Dit lyk asof daar nie bedreigings is nie.

16/09/2023

2023-09 Chiconono Mavago besoek

Dit is 'n stukkie botter wat uit my boksie melk kom na die sleg pad. Uit gekarring. 
Elke plek is anders, maar laat ek eers sê dat ek in albei die besoeke beleef het dat die Here besig is. Daar is 'n paar treë vorentoe beweeg. In Chiconono was dit veral leierskap en roeping.
In Mavago was veral die kerk se taak wat mense aangespreek het. Ek lei hulle om te ontdek wat God se doel is. Hoe Hy die hele wêreld lief het, dien en red. Gif se missie. Toe die vraag wat was eerste? God se missie of die kerk. Hulle sien toe hoe God die kerk skep vir Sy missie. Verder hoe ons mekaar en dan ander dien ter wille van Sy missie. Hulle word ook gelei om te ontdek dat die krag van die kerk in sy lidmate lê en hoe leiers lidmate op die pad moet lei. Hulle respekteer lief hê en dien. 
Hier verduidelik ek hoe seer dit soms is om jouself prys te gee. 
More moet ek preek en daarna gaan ons huisbesoeke doen. Maandag trek ons weer oor baie stof paaie terug na Lichinga. Daar dien ek Dinsdag weer toerusting. 
Dankie vir die wat bid vir die migrasie uitdaging. Dalk kom ek weg daarmee. Dit is 'n lang storie maar die migrasie kantoor kom my nie help, maar het vir my 'n telefoon nommer gegee as ek probleme kry. 
Liefde uit Mosambiek se mooi wêreld in die bos 70km van Tanzanië. 





13/09/2023

2023-09 Besoek aan Sanjika (Entre Lagos)

Weer het die Here alle planne verander. Gister aand het ons eers donker hier aangekom. Ons het kamp opgeslaan en paar mense gegroet en toe gaan slaap.
Vanmore patat gekry vir ontbyt en teen ag kon ons begin. Skoon gewas. 
Hier illustreer hulle 'n gelykenis. Die werkers wat op verskillende tye gehuur is en almal dieselfde betaling kry. Hier stry hulle met die eienaar. 

Ek het met my papiere vol geskryf in afwagting op die Here gesit. 
Ek vra toe of die gemeentetjie besig is om te groei of verloor dit energie of bly dit op dieselfde vlak. Die antwoord is dat dit op dieselfde vlak bly. Toe vra ek: "Wat keer dat daar groei is?" Die antwoord was 2 ledig. Eerstens omdat hier nie 'n dominee is nie en 2dens omdat die hiërargie onder leiers die groei belemmer. 
Skielik moes ek alles wat voorberei is los, want die gebrek aan 'n dominee behoort nie groei te stop nie. Die een ding lei tot die ander en toe ons kyk is dit middag ete en toe teen so 5uur nm moes ons mense kans gee om huis toe te gaan. 
Van die momente:
BAIE is bespreek oor die ontwikkeling van lidmate en kinders. Ek het 'n kind daar laat staan en gesê dat hy vir hulle vra hoe hy gered kan word. As hulle antwoord het ek soos 'n kind probeer dink. As hulle sê hy moet glo, dan vra die kind, "Oom, wat beteken dit om te glo" Waar hulle dam haak sit ek langs die kind op die grond en verduidelik kind se taal hoe hy kan weet daar is iemand wat hy nie kan sien nie en dat ons Hom kan vertrou ens. Omdat so baie ook vir groot mense onduidelik is, is baie tyd daaraan spandeer en word die "kind" begelei om tot sondebesef te kom. Te weet dat hy nie self uit die probleem kan kom nie en wie Jesus is en wat 'n wrede kruis en bloed beteken. Dan wat dit is om met die onsigbare God te praat en te weet Hy is daar en hoekom hy reg kry om te glo. Juis omdat die Here klaar van binne met hom praat ens. Dan hoe dit dan lei tot dankbaarheid en toewyding. 
Die gedeelte oor leierskap gepraat wat dit beteken om te dien en hoe seer dit is om jou trots en jouself prys te gee. Baie voorbeelde uit hulle kerk ervaring word gebruik. Die ontdekking dat almal gelyk is en ons mekaar dien was 'n wow oomblik. Dan het hulle ook die seer van jou begeertes prys gee verstaan en weet dat dit net kan gebeur as die Here dit deur ons doen. 
Ons oefen in om Bybel te lees dit te verduidelik aan vroue en ander totdat almal verstaan wat daar staan en dan saam te dink oor wat die Here daardeur vir ons wil sê. 
Die ander NB punt was gebed. Hoe erkentlik eerlik met die Here te praat oor goed wat ons nie reg kry en te vra wat Sy wil is. Ons wil nie net goed vra wat ons nodig het nie, ons wil Sy wil doen. 
Ons moes ook besluit wat ons vorentoe gaan doen as gemeentetjie. 
Nou ja, dit is net 'n opsomming, maar dit is hoekom die dag so kort gevoel het. 
More oggend vertrek ons na Chiconono. 
Bid vir Migrasie besoek in Lichinga, op pad na Chiconono. Daar is 'n vereiste met my paspoort wat ek nie kon nakom en ek bid dat hulle sal verstaan. 
Bid ook vir tyd saam in Chiconono, Mavago en Lichinga. Dit lyk asof ons nie Malema gaan besoek nie, want daar is 'n krisis met 'n dominee wat nou kort oorlede is se weduwee en ek moet help om haar te gaan haal waar sy is en na haar mense te vat. 

11/09/2023

2023-09 Besoek Sangazulu

Alhoewel ek die lekker groot geletterdjeids huis het om kos te maak en te slaap, slaap ek om een of ander rede nie lekker nie. Die dag se ry was lekker omdat ek die omgewing en mense geniet maar trek later swaar. Die eerste 100km vat 3 ure. Daar tel ek vir ds Adolfo op. Daarvandaan na Mecanhellas is 70km en dit neem 4 ure en dan nog 'n halfuur tot by Tangazulu kerkie. Hier is is ons die namiddag. 


Met bietjie minder beligting, lyk dit so:
Ons ry langs die Chilwa meer. Ek het 'n foto probeer neem. 
Ek drink 'n koffie en ek is seker dit is nie die koffie nie, maar my kragte kom soveel terug dat ek die aand sessie geniet. 
More is ons hier tot so 16h00 en dan ry ons na Sanjika die ander kerkie hier vir die volle volgende dag. 
Bid vir more. Ek dink ek moet oor gebed gesels, die kern van ons verhouding met die Here. Vanaand reeds 'n inleiding gegee waar ons moes erken dat ons geloof soms weifel. 


08/09/2023

2023-09 Besoek program en gebedspunte

 

Loof die Here want Hy is goed.

Ek sê dit nie omdat ek dit so beleef nie, inteendeel is ek eerder by Habakuk. “al sou die vyeboom nie bot nie...” Ek het egter nodig om hierdie woorde uit te spreek ter wille van myself.

Op pad het ek iewers my kredietkaart verloor. Dit was regtig ‘n terugslag, want sommige plekke werk die Capitec kaart nie vir betalings of trek van kontant nie. Daarna hoor ek dat die bank sisteem verander het en by die bank kom ek agter dat ek nou glad nie geld kan trek nie. Saam met die moeg wees van ry het ek angstig begin voel en negatief begin dink. Waar gaan ek nou geld kry om die werk te doen. Baie ander negatiewe gedagtes gaan dan deur mens se kop. Ek besef dat dit nou die tyd is om uit geloof te leef, maar ek kry dit nie reg nie. Tog kon ek staan op ‘n paar waarhede: U wil is beter as myne. U meet my nie aan wat ek reg kry en wat ek nie reg kry nie. Ek is wat U genade my maak. U Here is goed en ek kan U vertrou.

Bietjie later bel ek vir pastor João wat toe bereid is om geld aan my te leen vir die res van die trip en hy dink ek vra te min. Getuienis aksie reageer positief om die geld te leen en deur die sinodale rekening te stuur sodat hy terug betaal kan word. Ek slaap toe goed en vanmore het ek die bonus van baie beter voel en kan ek nou voluit voorberei vir die werk. Om vanuit die Here te leef is ‘n wonderlike ding en dit wat onmoontlik is vir my is by Hom moontlik.

Gister het ek Milange toe gery met die verwagting dat die werk dadelik gaan begin, maar dit is uitgestel na vandag. Ek ry vandag deur na Namitimba om more oggend vroeg te kan begin met toerusting daar.

PROGRAM MET GEBEDSPUNTE

8ste ry na Namitimba Ds João gaan saam soontoe.

9de toerusting in Namitimba – Bid vir die gemeente, want hulle leierskap het uitmekaar geval en almal is bang om voor te loop en dinge weer te organiseer. Bid vir die nuwe dominee Isladge wat hulle daarin moet begelei.

10de Erediens in Namitimba en laaste toerusting. Namiddag terug ry na Milange.

11de Ry na Entre Lagos. Van hier af ry ds Adolfo saam met my. Bid vir ons as span se werk. Dalk gaan ‘n ouderling ook saam.

12de Toerusting in Entre Lagos. Dit is ‘n nuwe kerkie, met geen agtergrond. Insette hier is so belangrik. Ons sal daar bly tot die aand wat ons skuif na die ander kerkie in Entre Lagos “Sanjika”

13de Toerusting in Sanjika. Die kerkie se leier is Meneer Gombe en hulle neem verantwoordelikheid van die twee kerkies van die gebied. Bid om te weet wat die volgende stap is vir hulle en hoe ons hulle kan dien daarmee.

14de Ry na Chiconono

15de Toerusting in Chiconono. Hulle is die afgelope tyd besoek deur Ds Johannes Aucamp van die Geref kerk wat hulle gehelp het met dissipelskap toerusting. Ons gaan egter meer kyk na die praktiese kerk wees en bid saam vir fyn aanvoeling.

16de Ry na Mavago en doen toerusting daar. Dit is ‘n wyk wat lank reeds bestaan, maar wat nog met heel basiese kerkwees besig is. Ander denominasies kom gewoonlik ook deelneem.

17de Erediens by Mavago en voortgaan met gesprekke.

18de Ry na Lichinga. Dit is ‘n nuwe jong gemeentetjie wat nog nie die grondslag van kerk verstaan nie. Bid vir reg hoor en vir die regte onderwerpe van gesprek.

19de Steeds Lichinga

20ste Ry na Malema: Dit is ‘n dorpie waar twee opgeleide ouderlinge vir ‘n maand lank geëvangeliseer het en ‘n paar gesinne belangstelling getoon het. Ons moet gaan kyk wat gebeur het sodat die opleiding van ouderlinge in die toekoms aangepas kan word. Bid, want daar is verkeerde verwagtinge van kerk wees, dat hulle die waarde van Christenskap kan beleef in nie materiële dinge.

21ste Malema

22ste ry na Molumbo

23ste Opleiding en voorbereiding vir bevestiging van dominee Adolfo daar. Die vorige dominee wou nie skuif uit die gemeente nie en op die ou end het hy weg geloop met die helfde van die gemeente. Ds Adolfo moet nou met die res weer van onder af ‘n gemeente bou. Bid vir wysheid om hulle te bemoedig. Ds Adolfo glo ek is die regte persoon om die gemeente weer te dien.

24ste Bevestiging van ds Adolfo in die gemeente en namiddag terugkeer na Milange.

25ste rus

26ste ry na Mocuba

27ste begin terug ry na RSA.

 

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...