Volgers

08/06/2018

Mocuba dorp en die Here

Met die Amerikaanse groep wat nou 2-2 by 4 families tuisgaan, kry ek geleentheid om intensief met leiers van die gemeenskap om te gaan. In my is daar 'n dringendheid dat die evangelie prakties transformasie sal bewerk in die gemeenskap waar daar soveel korrupsie leuens ens die gemeenskap se vooruitgang heeltemal kniehalter. Daar moet net iets gebeur!
Vanuit die kuier by leiers is daar veral by 3 geleenthede lang gesprekke hieroor gevoer. Ek was by al drie die geleenthede verras met die verstaan van my hart en hulle was ook verras oor my insig van die gemeenskap hier. Dit het 'n openheid gebring in ons gesprekke en ek hoor stories oor mense se lewens wat normaalweg nie sommer gedeel word nie. 'n Ouderling deel sy lewe en ek hoor ongelooflike stories. By 'n gesiene pastoor hoor ek stories oor die oorlog waar hy ook vir jare aan deelgeneem het. Daar was veldslae wat nie bekend gemaak is nie, want dit het nie goed afgeloop vir die regerende party nie. Verder ook hoe die Here hom gekeer het om ooit 'n skoot te skiet in die oorlog.
Saam met die stories, deel ons ook diep oor die nood in Mocuba. Van die uitdagings is:
Baie kinders in die skool kan nie sy klas deurkom as die onderwyser nie 'n bedraggie van die familie kry nie.
In die besigheids wereld is mense ingestel op sy eie wins en gee nie om vir ander. Mense mislei mekaar op 'n baie groot skaal en jy kan niemand vertrou met dinge soos gewig of hoeveelheid stene ens nie.
Kerke baklei baie meer teen mekaar as teen die boosheid in die gemeenskap.
Ons gesels ook baie oor die leierskap styl wat baie hirargies van aard is en wat gewone gelowiges in die kerk heeltemal ontmagtig ipv bemagtig.
So kan ek aangaan en op die ou end deel ons die begeerte dat alle gelowiges, leiers en lidmate net weer sal leer wat 'n persoonlike verhouding met Jesus is sodat Hy ons sal lei en Sy karakter ons sal vul omdat ons uit hom leef. Ons kan uit Hom leef soos die lote uit die wingerdstok leef.
Ons deel ook die baie vrese om op te staan vir die waarheid. Die gemeenskap druk mens in 'n lewe saam met die leuens ipv om die lig en waarheid te bring.
Hierdie gesprekke bring ook vriendskappe wat ek nie verwag het nie. Die jong man met wie ek gesels is van die Gereformeerde kerk hier in Mocuba en van ons gesprek is dit 'n riem onder die hart om elke keer as ek hier instap nou baie vriendelik gegroet te word en eers 'n gesprek te hê voordat ek die huis kan in.
Die gesprekke het nog nie materiele uitkomste nie, maar daar word gevra: Wat nou volgende? Dalk kan ons weer 'n gesamentlike gesprek hê voordat ek weer die 20ste terugkeer na RSA?
Die dringendheid wat ek glo die Here in my hart gesit het, maak mens ongeduldig en wil die ding verder druk, maar saam met die gebruik van elke geleentheid is dit nog steeds die Heilige Gees wat die proses lei waar wanneer en hoe Hy wil.
Dit verhoed my nie om te bly bid, "Here laat iets vinnig gebeur" en ook vir my ondersteuners te vra om saam te bid nie.

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...