Volgers

04/08/2019

God se Gees en jaloesie

Vanmore se gesprek in die erediens het gepaard gegaan met Bet en Bonny se drama oor basiese sondes wat nie koördineer met 'n lewe deur die Gees.
Ons gesels oor getrouheid in die Huwelik ens. Daar is sterk deelname oor dinge soos skottelgoed was. Dit is nie 'n manse werk. Ons gesels dus oor gevolge van omgee. Die gesprekke gaan goed. Wil egter net een uitlig.
Ons praat oor jaloesie en ek gee die voorbeeld van vyf landerye langs mekaar en een wat beter as die ander produseer. Die een man sê dat dit onmoontlik is om nie jaloers te wees nie. Hy noem dat wie sal nie kwaad wees as daar 'n slang daar verby seil. In die tradisie is dit duidelik dat iemand die slang gestuur het en dat die persoon hulle seën gesteel het vir hom. Dit word 'n lang gesprek waarin gepoog word om te bewys dat mens deur God se Gees al hoe meer word soos 'n eend waarvan die water net afloop. Moet mens dan die skuldenaar net laat wegkom?
Op 'n stadium gee ds Samuel 'n voorbeeld van 'n towenaar wat rondom sy land geloop het en sand van elke hoek af opgetel het. Hy het dit gelos en toe word die towenaar siek. 'n man vra toe of hy na die tyd vir die siek man gaan bid het. Hy het toe nie, maar kon sê dat hy niks negatief teenoor die persoon voel nie.
Hulle erken dat jaloesie een van die groot probleme van hulle gemeenskap is. Hulle gaan die Gees toets om te sien of Hy sulke sterk gevoelens kan oorwin.

Afhanklikheid denke Mosambiek

In die luister tyd in Magodane gemeente, begin ons met die belang van eerlikheid met onsself en dan teenoor mekaar. Die noodsaak van die waarde vir groei. 

Daarna die vraag: Watter doel het jy vir jou lewe? Die antwoorde is toe dat hulle die ewige Lewe en redding soek. Almal se antwoorde draai daarom. Toe is die vraag of hulle nog gered wil word of is hulle gered en sukkel net met twyfel. 

Party verduidelik dat hulle gedink het dat hulle gered is toe hulle by die gemeente aangesluit het. Die gesprek draai toe rondom die fondasie van ons lewens huis. Alles wat nie Christus is is sand. Net Hy is die rots. Ons praat oor wat gebeur as jy tot bekering kom en dat jou lewe van daar af verander en anders sal word. Geen ander vertroue kan jou help as die storms kom nie. Dit is vreemde gedagte dat mens nie op mense kan vertrou nie. Een ouderling vra die vraag: Sê nou maar ek het 'n goeie vriend in RSA en hy help my met baie goed. Hy gee selfs vir my 'n voertuig. Kan ek nou rerig nie op hom vertrou nie? Ek teken toe 'n huisie op die grond en in die plek van die fondasie 'n persoon en 'n voertuig sonder om iets te sê, want langsaan staan 'n huisie met Jesus as fondasie. Verder vertel ons die verhale van mense wat keuses moes maak ten spyte van vrese swaarkry en selfs dood. Die goeie dinge wat ons doen is ook nie Christus nie. 

Die hele stuk sand grond was later vol prentjies. Die pen (stuk stok) het paar keer hande verwissel.

Die ander deel van die wêreld beeld wat hier uitkom is ook dat Christenskap net met jou redding te doen het, maar nie jou totale lewe nie, maar dit sal ek dalk vandag mee kan werk. 

02/08/2019

Reën en Jesus stories

Ek Bonny Elisabeth en 2 jeugleiers van die sinode besoek Mamunyapa wyks gemeente van Magodane gemeente. Ons bid dat die Here ons sal lei om Sy Koninkryk te bou. 

Die eerste gedeelte in die oggend hanteer ons die basiese beginsels van Christenskap. Van die ah-ha momente was dat ons met God kan praat en 'n verhouding met Hom kan hê hier in Mosambiek. 

Die middag werk dit so dat ek met die leiers gesels. Ons ontdek weer dat slegte gebeure altyd geleenthede bied. Ek vertel stories oor gebeure in geskiedenis van kerk waar mense baie gely het vir die Here. Skielik begin dit te reën. Ons vlug in die kombuis skuiling wat die reën so halfpad uit hou. 

Daar verskyn skielik drie sambrele. Onder elkeen skuil 2 of 3 persone. Die een op sy hurke onder die tafel. Ons gaan voort met die stories asof niks abnormaal aan die gebeur is nie. 

Die terugvoer en vrae wys dat daar werklik besef word dat daar altyd groot besluite geneem moet word om die Here in die omstandighede te dien. Die gevolge kan baie moeilik wees. Daar is egter nie 'n ander pad om te loop nie en die ongelooflike teenwoordigheid van God se Gees met ons, maak dit moontlik. Verder is so 'n radikale lewe ook 'n getuienis wat mense na Hom sal roep en die gemeente sal laat groei. 

Nou vertrou ons dat die Here die saadjies gesaai het. Hulle deel van hulle eie stories van opoffering. 

08/06/2019

Mosambiek besoek Junie Julie 2019

Die twee hoogtepunte van die besoek.
Die Emersion Amerikaanse span:
Hulle deel lewe in die gemeenskap by 'n gasheer familie vir 5 dae en dan vir 7 dae. Hulle lewe intensioneel sekere waardes uit en dit word goed deur die gemeenskap ontvang
1. Dat almal dieselfde dieselfde is voor die Here
2. Dat kinders belangrik is
3. Dat Geloof belangrik is.
Hulle kry swaar om die pap te eet, gat toilette te gebruik, water van putte op die kop aan te dra, op landerye te werk ens. Kry nie alles reg, maar in die swaarkry deel ons baie en leer ons om op die Here te vertrou.

Die tweede hoogtepunt is die prosesse wat tussen die kerkleiers aan die gebeur is.
In die foto, is daar bewys dat daar vrygewigheid is van lidmate. Ds Goliate is in Natanje gemeente bevestig en daar was regtig baie geskenke uit groot vreugde aan sy gesin oorhandig.
Daar is met hulle laaste Sinodale vergadering baie gesels oor die nodigheid om vanuit die Here met die gawes wat die Here gegee het te groei. Sonder dit het die kerk nie 'n goeie toekoms nie. Daar word gepraat oor dinge soos persoonlike verhouding met die Here, dat daar geveg moet word teen 'n ongesonde afhanklikheid, dat die gawes van die Here ontwikkel moet word. Dat elke lidmaat 'n persoonlike verhouding met die Here moet hê en vanuit hulle gawes, hulle roeping moet leef.
Daar word nou ernstig gepraat oor hoe hulle saam met ondersteuners hierdie doelwitte kan najaag. Die struktuur van die IRM is nie volhoubaar nie. Tog is daar 'n groot potensiaal, wat ontwikkel kan word.
Ons gesels ook lekker oor die gesagstrukture wat nie altyd bybels hanteer word nie, en dit is ook nie volgens die gereformeerde belydenisse nie.
Bid gerus saam vir die ontwikkeling wat die Here besig is om in harte van mense te vestig.

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...