Volgers

04/08/2019

Afhanklikheid denke Mosambiek

In die luister tyd in Magodane gemeente, begin ons met die belang van eerlikheid met onsself en dan teenoor mekaar. Die noodsaak van die waarde vir groei. 

Daarna die vraag: Watter doel het jy vir jou lewe? Die antwoorde is toe dat hulle die ewige Lewe en redding soek. Almal se antwoorde draai daarom. Toe is die vraag of hulle nog gered wil word of is hulle gered en sukkel net met twyfel. 

Party verduidelik dat hulle gedink het dat hulle gered is toe hulle by die gemeente aangesluit het. Die gesprek draai toe rondom die fondasie van ons lewens huis. Alles wat nie Christus is is sand. Net Hy is die rots. Ons praat oor wat gebeur as jy tot bekering kom en dat jou lewe van daar af verander en anders sal word. Geen ander vertroue kan jou help as die storms kom nie. Dit is vreemde gedagte dat mens nie op mense kan vertrou nie. Een ouderling vra die vraag: Sê nou maar ek het 'n goeie vriend in RSA en hy help my met baie goed. Hy gee selfs vir my 'n voertuig. Kan ek nou rerig nie op hom vertrou nie? Ek teken toe 'n huisie op die grond en in die plek van die fondasie 'n persoon en 'n voertuig sonder om iets te sê, want langsaan staan 'n huisie met Jesus as fondasie. Verder vertel ons die verhale van mense wat keuses moes maak ten spyte van vrese swaarkry en selfs dood. Die goeie dinge wat ons doen is ook nie Christus nie. 

Die hele stuk sand grond was later vol prentjies. Die pen (stuk stok) het paar keer hande verwissel.

Die ander deel van die wêreld beeld wat hier uitkom is ook dat Christenskap net met jou redding te doen het, maar nie jou totale lewe nie, maar dit sal ek dalk vandag mee kan werk. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...