Volgers

13/02/2020

Getuienis


Hoe om te evangeliseer
Gebaseer op Doug Paul

As ons kyk na Handelinge en ook die uitstuur van die dissiples dan is daar ‘n voorbeeld van hoe getuienis plaasgevind het. Ons kan dit vir ons omstandighede aanpas.

Soek ‘n persoon van vrede.

In sending kringe word so ‘n persoon dikwels genoem ‘n persoon van vrede. Dit is die een wat jou ontvang. Paulus praat van die persoon wat deur God voorberei is. Toe die dissipels uitgestuur is was die opdrag om te klop en as die deur oopgemaak word, ‘n seën uit te spreek. As die seën ontvang word, dan het jy heel moontlik ‘n persoon van vrede.
Vir ons omstandighede kan dit dalk wees dat iemand vra hoe dit gaan, en jy dan antwoord met iets soos: Ek is nuuskierig oor wat die Here vandag gaan doen. As dit ingang vind, dan is dit heel moontlik ‘n persoon van vrede. ‘n Manier wat ek ook van hou is om te vertel wie jy is en hoekom jy hier is. Iets soos: Ek is ‘n kind van die Here van hierdie en hierdie kerk of organisasie” of dalk net “ek en my vriende is kinders van die Here en wil graag die mense van die straat ontmoet.”

Verwelkoming

Die opdrag was dat indien mense jou ontvang, gaan in en bly daar en moet nie rond trek tussen huise nie. Eet saam met hulle en aanvaar wat hulle aanbied.
Dit is nie noodwendig in mense se huise nie, maar indien mense jou ontvang. Onthou dat indien mense jou ontvang, dan ontvang hulle ons Vader. Evangelisasie is nie net om te gee nie, maar om te ontvang.

Diens

Dit is ‘n manier om in mense se lewens in te kom. Luister na hulle, verstaan en beleef hulle omstandighede. Laat hulle jou dien. Eet wat jou voorgesit word. Mense moet hulle identiteit en menswees kan uitleef teenoor jou. Dit is respek en belangstelling en veral aanvaarding wat beleef word. Wat hulle jou bied is vir jou goed.

Belê

Dan kom daar ‘n tyd van gee vir mense. Soos Petrus gesê het, “wat ek het gee ek jou”. Nou kom die tyd van investering. Die dissipels is gestuur om te bid vir die siekes, duiwels uit te dryf en mense te seën. Wat ek vrylik gekry het gee ek vrylik uit.
Hier is dit wat jy gee, enige iets wat die Here vir jou gegee het. Dit kan jou persoonlike storie van genade wees wat jy deel. Dit begin gewoonlik met ‘n vraag soos: “Is daar iets waarvoor ek vir jou kan bid?” of “kan ek my storie vir jou vertel” of “Hoe kan ek vir jou dien?”
Die persoon het die potensiaal om met al sy verhoudings ‘n boodskap verder te vat en in te beweeg in ‘n nuwe gemeenskap. Dit gaan dus van die begin af oor meer as die persoon self. Hy gaan leer om ook van God te ontvang en onmiddellik weer te gee.
Jesus self het so ‘n proses gevolg met die vrou by die put.
Soms is die nood so groot dat mens soos by die Baremhartige Samaritaan, gedwing word om met diens te begin.

Lang termyn verhouding

Veral in Handelinge word daar geweldig baie gemaak van toerusting en herbesoeke en aanmoediging. Hier kom ook die hele ding in van “leer hulle om alles te onderhou”. Dit kan ook vertaal word “om gehoorsaam te wees”. Hierdie gehoorsaamheid of onderhou van alles, beteken in alles. Dit is op alle gebiede in die lewe. Huwelik, opvoeding van kinders, jou werk as bediening, jou eie getuienis, ens. Die woord dissipelskap kom nou op.
Daar is baie hulpmiddels wat gebruik kan word soos aksie Timoteus wat sterk aan te beveel is. Tog mag dit nie in die plek van spesifieke omstandighede en persoonlike verhouding kom staan nie. So ‘n verhouding het ook ‘n struktuur nodig, want gevoelens kan dit nie bly dra nie. Mens voel nie altyd vir die taak nie. Daar is dus ‘n soort van ‘n ooreenkoms wat albei partye oor besluit. So kan mens dan een keer per week die persoon besoek en dalk ook ‘n paar ander mense in ‘n groepie bymekaar kry. Daar kan dan bv. tye wees van ‘n braai of saam eet en ander kere Aksie Timoteus of Bybelstudie ens. Ek weet van effektiewe dissipelskap verhoudinge wat oor 16 jaar deur die Here gebruik is om ‘n persoon se lewe totaal omgekeer het. Daardie persoon het dan honderde ander mense se lewens positief beïnvloed.
Die lang termyn verhouding is nou al meer as evangelisasie, maar iewers moet dit gebeur na evangelisasie al word dit deur ander mense gedoen.
Die Gees lei mens in die prosesse en gee vir mens die gawes wat nodig is.
Op die manier gehoorsaam ons die groot opdrag in die Bybel wat ek glo in enige geloofs gemeenskap of kerk organisasie moet gebeur. As dit nie gebeur nie, is ons nie kerk nie.

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...