Plasings

Wys tans plasings vanaf February, 2018

Lidmate raak betrokke in Mocuba

Prent
Een van die belangrikste doelwitte vir die bouwerk in Mocuba is om die gemeente te help om betrokke te raak by die kerkgebou en die werk daaraan. Dit gaan op die ou end nie oor die gebou nie maar oor die mense. Ek en my ondersteuners bid baie daarvoor dat die lidmate betrokke sal wees in die Koninkryk en dat die gebou hulle daarmee sal bystaan. Die gemeente is baie jonk en so ook die denominasie van die Gereformeerde kerk. Die vier wat aan die gebou werk kom van Milange af en is gaste van die gemeente. Tog werk hulle meestal alleen sonder ondersteuning van die plaaslike lidmate. Hulle slaap ook in die kerkgebou op hulle eie. Ek slaap by “Osivela wa Jesu” by Bernadette. Vrydag nag kry een van die werkers ‘n nagmerrie en angs aanval. Hy skree in paniek omdat dit voel of iemand hom om die keel beetgekry het en wurg. In die verwarring in die donker om die misdadiger in die hande te kry val hulle oor goed en val mekaar aan. Gelukkig was die besering min. Die bure uit die omgewing kom ky…

Opwinding van God se transformasie

Prent
Ek vertrek uit die Kaap met 'n kopseer en fisies sommer swak. Seker iets verkeerds geëet.  Soos ek vorder noord, praat ek met die Here al is dit 'n ongemaklike praat. As jy so moeg is kos dit soms inspanning om op Hom te konsentreer. Tussendeur lees ek Allen Hirch se boek 5Q, wat my oor die laaste maand help met 'n duideliker visie van dit waarna ek, met diep oortuiging, streef.  Op Blantyre is die lug sommer dik van die humiditeit en dit laat my goed voel, want ek beleef die wêreld waarvoor ek lief is. Dit is ook groen en langs die pad lyk baie beter as wat die twee fotos kan weergee:


By die grens is ek bekommerd oor hoe ek die migrasie gaan oortuig dat ek nie 'n brief nodig het om die land in te kom nie. Gewoonlik word jou bagasie op drie plekke deursoek. Kan julle glo, niemand deursoek my goed nie en almal erken my en is vriendelik.  Hoe lekker was dit om nie kerkleiers die hand te gee nie, maar vriende. Ek stel myself in om die goeie van elke oomblik te beleef en …