Gesprek in mosambiek wat wys op redes vir vreemdelinge (haat)
Ek kuier in 'n gemeente en probeer 'n motivering te wees vir die werk wat daar gedoen word. In die gesprek probeer ek eers luister na problematiek van die plaaslike bediening. Die dominee vertel my in 'n lang gesprek wat op die volgende deurkom: Die deelname van mans in die gemeente is 'n probleem. Verder is daar 'n probleem met leierskap waar een ouderling probeer om alles te bestuur en so ook met baie ander bots in hantering van geld ens. Die dominee het goeie ondersteuning uit die gemeente gehad, maar later het mense al minder belangstelling getoon en minder gehelp. Hy noem bv dat mense in die straat verbyloop en baie kom nie meer in en groet soos die gewoonte is nie. Daar is nog wat dit doen, maar nie meer soos in die begin nie. Nou het die seun van die hoof ouderling 'n bal wat vir die gemeente gegee is op die mark gaan verkoop en die geld tussen 'n paar van die seuns verdeel. Nou is die gemeente weer opnuut kwaad vir die leier en sy familie, maar ook s