Grootste opdrag, wees lief vir jou naaste

In 1980 was 24% van die wêreld onbereik met die evangelie. Dit was meer as ‘n Biljoen mense. Vandag is 29% van die wêreld onbereik wat 2.1 biljoen mense is. Die tendens is dus dat daar al meer mense sonder die goeie nuus van Jesus moet groot word lewe en dood gaan sonder ‘n geleentheid om God se woord te hoor. Behalwe vir die vraagstuk of sulke mense Hemel toe gaan is daar nog die wete dat daar nie ‘n lewe is sonder Jesus nie. Alles wat die wêreld laat ontwikkel en beter word, kom wanneer mense lewe binne die atmosfeer en vasgestelde grondwette soos deur God bepaal word lewe. Dit bring voorspoed en lewe en alles wat gebeur sonder Jesus bring die dood. Die resultate van mense wat lewe sonder God is dan ook die dood en verwoesting. Vir ‘n beter wêreld moet ons ons Vader se grondwet verstaan en vreugde vind daarin. Dit bring vervulling en verminder regerings wat lyding en onreg veroorsaak ens. In kort: DIE WÊRELD MOET WEET! God self gee so om vir die wêreld dat Hy alles doen