Volgers

31/01/2013

Afskeidsbesoek aan Mosambiek


Die besoek aan Mosambiek was noodsaaklik en ons het in die tyd duidelikheid gekry oor ‘n paar goed. Ek het saamgegaan om te gaan groet. Die Saterdag aand het die dagbestuur van die sinode ons ingewag en verwelkom. Van die begin af het hulle ons hartlik ontvang en ons kon saam met hulle eet. Sondagoggend is ons gevra om die preek in die gemeente waar te neem. Die lot het op my geval, die ander twee het meer ondervinding in oortuiging. In die begin van die diens het ek die dagbestuur eenkant geroep en gevra of ek die gemeente kon groet teen die einde van die diens. Een van hulle wou eers keer, maar die ander drie het dadelik ingestem.

Tydens die diens het ek myself uitgeleef in die boodskap. Op ‘n stadium het ek gevra hoe God se hart lyk teenoor ‘n dronk persoon. Wat sal Hy doen? Die een persoon antwoord toe dat hy hom sal wegjaag. Toe vra ek of daar dalk iemand is wat ‘n dronkaard was en toe na die Here gekom het. Daar staan toe ‘n man op en verduidelik dat hy baie gedrink het. Ek vra hom toe “wat het die Here gedoen en wat was op Sy hart toe jy voor hom gaan staan het?” Hy antwoord toe dat hy vergewe is en dat God genadig is. So het ons baie voorbeelde gehad om te verstaan hoe God se hart lyk en die boodskap is dan dat omdat Hy so is, ons ook so word. Ons word gestuur om soos Hy te wees in die wêreld. Ons word soos hy mense wat dien, vergewe, regeer oor alles en reg te help en die omgewing te herskep. Ons bring God weer nader aan mense soos Jesus dit gedoen het. Ek het dit as ‘n besonderse geleentheid beleef.

Teen die einde van die diens het die moderator opgestaan en dankie gesê vir die werk wat ek deur die jare gedoen het en toe vir my kans gegee om te groet. Dit was emosioneel om die ouderlinge en volwassenes in die kerk te groet. Toe ek daar gekom het was van hulle, die seuntjies wat vreeslik opgewonde was om agter op die bakkie te spring en te gaan help om sand uit die rivier te gaan haal vir die bou van die huis en die kerk. Ek het ‘n paar staaltjies gedeel en dankie gesê vir wat hulle vir ons beteken het, hoe hulle ons opgepas en geleer het hoe dinge in Mosambiek werk ens. Sonder om redes te gee, het ek dan net gesê dat ons tyd om daar te werk, nou verby is.

Die vergaderings waar Herman en Kobus, baie ure met die leiers gespandeer het, het daardie middag begin. Die gesprekke het in ‘n baie goeie gees plaasgevind. Hulle besluite is gerespekteer, maar baie vrae is gevra oor die manier waarop dit gedoen is en ook verduidelik hoeveel implikasies besluite soos hierdie het. Die beëindiging van Handevat  se werk was maar een van ‘n paar drastiese besluite wat geneem is. In Chiconono is ‘n evangelis gevra om sy werk te stop en die drie personeel lede van die geletterdheids kantoor is ook gevra om hulle werk te beëindig. In beide gevalle was dit ook baie nodige handelinge wat bewys dat daar ‘n poging is om verantwoordelheid te neem. Hulle het nie hulle werk gedoen nie en het die motorfietse misbruik ens. Die een persoon wat na hulle terug gekom het en om verskoning gevra het, is op die ou end weer aangestel.

Kobus en Herman het aan my verduidelik dat die leiers om verskoning vra en erken dat hulle nie die sake goed hanteer het nie. Hulle het ook bevestig dat daar niks negatiefs gebeur het wat hulle verhouding met my vertroebel het nie. Van hulle kant af is daar niks wat hulle teen my persoonlik of die werk wat ek gedoen het nie. Hulle het ‘n groot waardering vir die werk en wil graag dat dit moet voort gaan.
Daar is ook ‘n brief opgestel om vir die ondersteuners in RSA te verduidelik wat aangaan. Die brief was baie mooi bewoord, maar het nie baie gesê oor die redes van optredes nie en ook nie die spesifieke gebeure en besluite verduidelik nie. Kobus en Herman het toe saam met hulle die brief aangepas wat toe aanvaar is. Lees die brief by: http://handevat.blogspot.com/2013/01/letter-from-tumbine-synod-to-all.html

Ek was net een keer in die vergadering om die omvang van die tweeling verhoudings tussen gemeentes in Mosambiek en gemeentes in RSA te verduidelik.  Die res van die tyd het ek mense besoek en gegroet. Ek het ook vir Bileam (die motorfietsie) verkoop.
Woensdag oggend is ek na die sinodale gebou om die leiers te gaan groet. Ongelukkig was die ander al weg en het ek net vir Ualize gekry. Ek sê toe dat ek ‘n boodskap het vir hulle en wil graag hê dat hy dit aan die ander moet oordra. Hy gee my toe ‘n stoel en ek sien ‘n diep bekommernis op sy gesig. Ek verduidelik toe dat die besluit wat hulle geneem het, ‘n goeie besluit is. Ek was van ongeveer die jaar 2001 die oudste predikant in die sinode. Ek ken al die gemeentes en ken die geskiedenis van al die streke. Soms gesels ek met dominees en dan praat ek van gemeentes wat hulle glad nie ken nie. Omdat die kultuur nog sukkel met selfbeeld het dit natuurlik veroorsaak dat hulle dikwels in my skaduwee gewerk het en ek het dit nie genoeg raakgesien nie. 

Ek het verder kontak met al die ondersteuners en weet wat orals aangaan. Inligting is mag en alhoewel mens juis verantwoordelikheid en eienaarskap probeer oorgee het, het ek in die pad begin staan van die self realisering van die kerk. Ek verduidelik toe vir hom dat ek dit eerste moes gesien het en daarom vra ek om verskoning. Ek kon op sy gesig ‘n geweldige verligting sien en ons kon ons verhouding weer bevestig. Ons verhouding met mekaar is nie verbreek nie en hy nooi my uit om nie heeltemal uit hulle lewens te verdwyn nie. Ek moet weer besoek.

Hier moes ons meer tyd gehad het om verder te gesels, maar ongelukkig was dit net voor ons vertrek het. Nou eers was die spanning en ongemak gebreek dat mens meer openlik kon gesels. Die situasie was dus vir hulle baie spanningsvol en daarom glo ek is baie besluite onbehope geneem. Ek glo dit is ook die rede hoekom hulle nie ‘n rede kon gee vir die beëindiging van Handevat se werk nie. Ook hoekom hulle nie my nie kom groet het voor hulle geloop het nie. Dit was vir my sleg dat hulle Dinsdagaand vir my sê, dat ons more oggend groet en toe glad nie opdaag om te groet nie.

Wat my rustigheid gee is dat die werk wat tot dusver gedoen is, baie waardevol was en nog vir lank ‘n invloed behoort te hê op die toekoms. Verder ook om te weet dat die besluit reg is ten spyte van die foute wat gemaak is in die manier waarop dit oorgedra is. Ons hele gesin het ‘n rustigheid oor die gebeurtenisse en die lesse wat ons hierdeur leer, is vir ons baie werd. Ons weet ook dat die toekoms aan die Here behoort. Soms is mens bekommerd oor die spesifieke planne vir die toekoms, so as julle iets van die Here hoor, laat weet gerus!

Met die gebeure is dit dalk tog moontlik dat daar weer 'n rol op 'n ander vlak, in Mosambiek kan ontwikkel! Alhoewel dit nie so is nie, sien die kerk my as 'n pa. Indien die pa se kinders kinders het, mag die oupa nie meer inmeng in die manier waarop kinders groot gemaak word nie, maar die oupa het nog 'n rol. Met die spanning wat gebreek is, is dit dalk moontlik. Dit is net nou baie belangrik dat, in so 'n geval, dit 'n inisiatief van Mosambiek moet wees.

Letter from Tumbine synod to all supporters


Igreja Reformada Em Moçambique

Fundada em 1908 em Mphatso
, Angónia-Província de Tete
C.P. 4, Milange-Zambézia, Moçambique

January 22, 2013
Dear Brothers and Sisters, Ruvuma partnership and supporting congregations
Greetings to you from IRM Tumbine  Synod.(IRM hereinafter)
We are proud to partner with the Dutch Reformed Church in South Africa (DRC hereinafter) and the Ruvuma Support Partnership (Ruvuma hereinafter).  The DRC and Ruvuma played a critical role in the history of IRM and we all look forward to work together to make an impact for Christ on young people, communities and the world for many years to come. Our partnership  is  the heart of our ministry, together as partners in ministry, we'll stand with each other, believe in each other and support each other and we firmly believe miracles will become commonplace.

At the Synodical meeting in August 2012 a new executive was elected. The new executive is :  pastor Ualize as moderator, pastor Sousa as vice moderator, Pastor Zalimba as actuary and Pastor Cezar as secretary. We had a need as new executive to evaluate all our ministries and to clarify our vision, strategies and responsibilities. At the Synodical meeting in November 2012 every ministry was evaluated. Steps were taken to align their activities with the vision of the IRM.
In this regard the ending position of Pastor Danie Murray in the IRM is not the end of our relationship with the DRC in South Africa but it is a result of this evaluation. As we journeyed deeper with pastor Danie more than 20 years into different ministries we began to understand how to be church in the community. We came to realize that it wasn’t about increasing the size of our congregation but how we could be church in our everyday lives. We developed intentional habits that allowed us to open our hearts and minds to listen to God and let him lead us into His preferred and promised future. One of the most important habits we developed was the Dwelling in the Word. This allowed us to let God into our conversations, instead of trying to proceed on our own agenda.
We therefore have much appreciation for the work done by Pastor Danie Murray. In many ways we will build on it in future. The time has now come to take responsibility ourselves for the conferences and training that he has done within the IRM.  We will in future communicate directly with our supporting partners . Pastor Jose Matique was appointed liason officer in Pastor Danie’s place and he will see that good effective communication are done with our partners and supporting congregations. Specifically we have decided to continue with the vision conferences and will liaise with facilitators involved.
At Chiconono we are busy arranging a meeting in February with SIM and Aubi Banda and leaders from the local congregation to plan the ministry as well as the radio ministry.
Also as part of the evaluations we have restructured the Literacy ministry. This included some staff changes. We will shortly liaise with the supporting congregation in South Africa on these matters. We however want to stress the hugely positive influence of this ministry. This restructuring will keep this project on track.
The medical project are currently in a stage of consultation with partners in South Africa and the Netherlands. Hopefully this will be on track shortly.
The agricultural project are on track with minor administrative issues that will be talked through with the supporting group in South Africa.
Pastor Kobus Eksteen and his wife Nana are now appointed to serve in a youth/children ministry. We await eagerly their return from holiday to support them in this new venture.
We are still fully committed to the ministry amongst the Muslims in the Quionga area. We encourage the Thiarts to further community relations in the area. The IRM offer their help if needed.
The ministry at Namavi by Johan and Enna Dames is an encouragement to many Their positive involvement in the community serves as a witness to the work they do.
God takes good care of us, and like Paul, we don’t request your partnership with us because we just have to have your money. Sure, we could do more and go more places if we had more money, but that really isn’t the point. There is a benefit to you in partnership that we can’t take credit for, any more than we can take credit for the anointing flowing through us. It just happens. If you partner with us, you will have a share in everything we do. That’s the nature and purpose of partnership.

We are heading a time of even more uncertainty and change. We need each other even more .

We trust that you would gain confidence in our leadership. This will and must result in even better cooperation and unity in future.
May His name be Glorified

Pastor Ualize
On behalf of Tumbine Executve

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...