Volgers

21/07/2010

Tien jaar fondasie bou projek vir sending in Noord-Oos Mosambiek

Oppervlakkige gesukkel
Met baie werk wat gedoen word in die gebied is daar nie die gewensde uitkomste soos ons dikwels verwag het nie. Ek glo dat een van die redes is omdat die fondasies waarvandaan ons uit RSA die werk benader en die fondasie van die jong christene in Mosambiek so geweldig baie van mekaar verskil. Nou probeer ons op die oppervlak dinge regmaak en dit werk nie altyd nie. Volgens my moet ons baie erns maak om seker te maak dat daar 'n werklike Bybelse verstaan en fondasie sal wees waarop ons dan baie effektiewer broers en sisters kan wees met ons broers en sisters in Mosambiek, sodat werk effektiewer gedoen kan word.

Transformasie van fondasies
Aan albei kante van die Zambesie rivier is daar fondasies wat deur Jesus self getransformeer moet word om soos Hy te lyk. Van die tyd wat ek met die "wereldbeeld" fondasie besig geraak het, was dit 'n vreeslik opwindende en seer proses. Dit is seer omdat dit soms skokkende misverstande is wat bestaan tussen ons en God en dit maak seer om dit te ontdek. Dit is geweldig opwindend, want om weer opnuut vanuit 'n ander oogpunt God se liefde en genade te ontdek en al meer verstaan van hoe dit werk, bring hoendervleis, oorwinning, vrede en 'n wonderlike roeping. Die lewe word vervullend en selfverwesenliking en 'n identiteit word gevorm wat bedoel is om enige persoon se lewe vol te maak. My sending strategie is hierdeur tot in sy kern verander en vervul. Dit is lekker om te weet wie ek is en ek wil baie graag dit met ander deel al is dit op my onbehope manier.

Strategie
In soveel projekte bedieninge en selfs die NGK sien mens elemente wat aansluit by die nuwe manier van kyk. Ek sien 'n prentjie van hoe die mooi inisiatiewe nie net oorgedra sal word nie, maar in 'n proses kan gaan in die praktyk om die fondasies weer te verstewig en deur God se Woord en Gees getransformeer sal word. Hierdie fondasies het uitsonderlike dade tot gevolg wat bedoel is om totale gemeenskappe te verander.
Die strategie is dus om by die fondasies te begin. In Mosambiek Noord van die Zambesie rivier is ek reeds besig om hiermee besig te wees, maar wil dit nou in 'n 10 jaar strategie of plan omsit. Ons het reeds deur God se genade gesien hoe heelwat gemeentetjies in samewerking met verskillende kerke bereid is om opleidings geleenthede te organiseer om spesifiek hieraan te werk. Daar is reeds 7 sulke geleenthede wat wag vir 'n 3 of 4 dag konferensie. Hiedie konferensies begin by die fondasies en loop uit op praktiese toepassings wat saamgaan met baie pret, maar wat verrykende gevolge het. 
Die plan lyk dan so dat ek voort gaan om 8 sulke konferensies per jaar te doen 4 per maand. Dus twee keer vir 'n maand. Die proses gaan saam met vennootskap wat gebou word met verskillende ondersteuners wat reeds betrokke is en die verskillende kerke sendelinge en leiers in mosambiek. Ons leer en ervaar saam die materiaal en werk saam aan alles wat aangepas moet word in die aanbieding van die materiaal. In die begin konsentreer mens op die wereldbeeld, maar daarna word rentmeesterskap, landbou, medies, gemeenskapsontwikkeling, leierskap, evangelisasie ens getransformeer om vanuit Jesus as fondasie te werk. Die materiaal dring deur tot in die kern van christen wees, kerk wees, sending en het die potensiaal om nuwe lewe te ontsluit.

Wie wil saam loop?
Stap saam eers net om te kom kyk en besluit, in die proses, hoe jou saamloop sal ontwikkel. Kommunikeer gerus met my en ek kan van die boeke wat gelees kan word begin bekend maak. Waar belangstelling is kan ons van die materiaal by julle kom hanteer in watter formaat ookal. Aand byeenkomste, indien naby genoeg weeklikse byeenkomste gekombineer met uitstappies vir blootstelling, besoeke aan Mosambiek om te kom kyk wat gedoen word en dit saam beleef, naweek konferensies, of watter formaat die beste pas vir die situasie. Daar is goeie fasiliteerders vir wie ek ook kan inroep om te help.


Danie Murray
murraydg1@gmail.com
Huis (021) 982 8632
Sel 082 721 3809

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...