Volgers

23/07/2017

Tekens van ‘n Tradisionele lewensstyl in Afrika

Op die lughawe in Blantyre gesels ek met ‘n eienaar van ‘n “marinda” voertuig wat ek dink ‘n Toyota is. Hy gebruik die voertuig as ‘n taxi en ons praat oor die prys om na die grens by Mulanje te ry. Hy vra eers sy vriend waar watter prys om te vra. Sy vriend sê toe in Chewa dat hy op 60 moet begin, dit is nou 60 000 Malawi Kwacha. Ek antwoord  toe met 35, en hy antwoord toe baie vinnig dat wat dan van 45. Ek sê toe wat van 40. Hy aanvaar toe 40.
Eers ry ons na die vulstasie met ‘n ‘n ATM sodat ek die geld kan trek en gelukkig is die ATM aan lyn en kry ek die geld. Ek koop toe vir ons elkeen ‘n pakkie koekies en water.
In die voertuig gesels ons toe oor die voertuig en hy gesels baie lekker saam. Ek vertel toe ook waar ek werk en vir wie. Hierdie interaksie tussen ons is belangrik om te verstaan waar die openheid tussen ons vandaan gekom het.
Hy vertel toe van ‘n vrou vir wie hy ook na Mosambiek gery het en met die invra vertel hy vir my die storie. Dit is ‘n vrou wat ‘n paar maande terug op die lughawe vir hom gehuur het om haar in Mosambiek in te vat na ‘n plek suid van Milange met die naam Posto Shire, want daar bly ‘n bekende tradisionele geneser. Die man verskaf medisynes vir omtrent enige iets. (Medisyne beteken nou allerhande snaakse goed wat  mens iewers begrawe of op iets smeer of in kos sit, wat ookal) Die vrou is van Lesotho, maar kom uit die Kaap waar haar man suksesvol werk by ‘n lykshuis. Sy het by hom gaan bly met ‘n kind en hy versorg vir hulle, maar sy kan nie kinders kry by hom nie. Ek weet nie of dit die rede is van haar ongelukkigheid nie, maar sy kom vra medisyne vir die geneser of toordokter om haar man dood te maak dat sy al sy besittings kan kry. Verder ook medisyne om ander se geld te kan kry. Sy glo dat sy deur hierdie medisyne ‘n baie ryk onafhanklike vrou gaan word wat kan doen net wat sy wil.
Hulle kom toe by die man baie ver in die bos na baie sleg paaie en ek weet nie wat die onderhandelinge was nie, maar sy het dit alles met haar man se geld gedoen met die storie dat sy vir haar familie kom kuier in Malawi en vir hulle moes help. Die geneser gee toe vir haar die medisyne en daarmee is sy terug na RSA.
‘n Maand later is sy terug wat sy was onseker of sy die medisyne reg gebruik het, want daar het niks gebeur nie. Haar man lewe nog. Die geneser vertel toe vir haar dat die medisyne nou nutteloos is, want dit is verkeerd gebruik en hy kan haar nie verder help nie. Sy is toe terug en blykbaar het sy later weer gekom, want sy het uitgevind van ‘n beter geneser in Mangochi Malawi. Sy is nou na hom toe om te sien of sy nie by hom medisyne kan kry wat beter sal help nie.

Die goeie deel van die gesprek is natuurlik die openheid en onveroordeelde verhouding tussen ons, maar ook die gesprek tussen ons oor die evaluering van die hele situasie in die lig van ‘n gedeelde christenskap. 

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...