Volgers

07/03/2018

Mocuba vir Jesus

Een van die dominees in Mocuba van 'n ander christelike denominasie, besoek my omdat hulle belang stel om die Prado te koop. Ek is vol maag krampe, maar stuur die gesprek eers na die onderwerp van die dorp se geestelike lewe. Baie gou deel ons met mekaar die groot uitdagings van die dorp en is saam bekommerd oor oneffektiewe denominasies wat nie saam werk nie. Die uiteindelike van die gesprek is dat hy 'n paar ander dominees nooi wat hy weet ook hierdie bekommernis deel, en ons het mekaar ontmoet gister aand.


Ons hoor van die baie Mslm buitelanders wat net Mlms in diens neem. Mense word dus msl om werk te kry. Verder oor Christenskap wat verval en en denominasies wat elkeen sy eie ding doen en ander kritiseer. Binne dit probeer ek toe die fokus plaas op 'n visie wat mense kan saam trek. Op 'n stadium vra ek dat elkeen, wanneer hulle huis toe gaan, met die Here moet praat en huil oor dit wat die Here oor huil en dan begin droom oor hoe dit sal wees as dit opgelos is.
Daar word op die ou end besluit dat daar 'n groep gevorm sal word wat 'n koninkryk fokus sal hê. Ek is beskikbaar om met elke besoek deel te neem aan die proses hoe dit ookal ontwikkel.
Ek probeer om te wys op die belang daarvan om elke Christen te bemagtiging om te doen dit waarvoor hy of sy geroep is. Om te luister na hulle en wat die Gees vir hulle sê. Vertrou die manier waarop die Here elkeen lei en bou die gesamentlike getuienis daarop. Dit is 'n kragtige manier om die dorp vir Christus te wen. Op die manier verander ons 'n van bo af proses wat so diep in Mosambiek gewortel is.
Ek dink nie die idee het al grond gevat nie, maar ek glo die saadjies word gesaai en die Here sal dit laat groei indien dit moet groei. Daar is wel intens geluister en saam gestem. Ons gesels ook oor 'n tipe leierskap wat bemagtiging is en moet wees.
Op die ou end gesels ons vir 3 ure aaneen en kom dit nie eers agter nie.
Bid gerus saam oor Mocuba, want soos die Mosambiekse president gesê het, Mocuba is die plek waar alle paaie ontmoet. Ons het dan nou ook 'n kerkgebou hier as gereformeerde tradisie en hier is 'n Geref Bybelskool. Die baie potensiaal moet net op die grond kom. Ten minste dit is my begeerte wat ek het omdat ek glo die Here het dit begin.

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...