Handevat, Gedagtes oor die toekoms
Liewe betrokkene So teen die einde van die jaar, deel ek graag die gedagtes met julle: BESOEKE AAN SENDING GEBIEDE Ds Joao Herbarth, skryf 'n brief om my te herinner aan ons gesprekke oor die toekoms. Ons sien die waarde daarvan indien die sinode sendinggebiede van die Tumbine sinode meer gereeld besoek. Die voorstel is dat Handevat 'n voertuig moet aanskaf in Mosambiek om jeug en ander leiers meer saam te kan vat na die plekke. Die sinode moet steeds hulle eie voertuig ook gebruik en onderhou vir die nader gebiede, want dit is makliker vir hulle om gemeentes toe te rus sodat hulle deur bydraes self die kostes van so 'n voertuig kan dra. Vir die sinode om die verder gebiede te besoek, is nog te groot stap vorentoe op die stadium. Daar moet nog vir seker nog ten minste nog 6 jaar gebou word aan die rentmeesterskap van die sinode voordat die sinode daardie verantwoordelikheid kan oorneem. Vir hierdie oorgangstyd is dit nodig om hande te vat en saam te werk. Ek begin dus