Volgers

02/07/2023

2023-07-07 Nampula ariveer

Die blou lyn moes net 'n entjie verder geteken wees tot Nampula. 
Hier het ons ontbyt gehad langs die pad. 

Die Here roep en bemoedig baie deur wat ons hier hoor in Nampula. Gister in 'n gesprek met ds Samuel en van die mense hier. Word dit duidelik dat van die toerusting wat oor tyd gedoen is werklik grond vat. Die 4 nuwe kerkie se basis word gebou op Johannes 15. Daar word nie geswig voor druk van gemeenskap nie. Die een ouderling is selfs gevange geneem deur hoofmanne omdat hy nie doen wat hulle wil nie. Die Kerk is om Jesus te dien in die eerste plek.
Hierdie vrouens maak vir ons kos vanuit bydraes van die plaaslike lidmate. Mens voel klein daaroor, want dit wys hoeveel groei plaasgevind het. 

In verdere gesprekke hoor ek dat ds Raimundo nou gevlug het vanaf Pebane want die aanpassing was net te moeilik. In gesprekke praat ons oor die realiteit van sy swaarkry en hoe ds Samuel wys daarop deur sy eie stories dat die Here mens dra in teenstand en swaarkry. 
In my begin daar 'n roeping wakker word vir leiers wat op rings vlak bymekaar kom en dat ek vir hulle stories vertel van hoe die Here werk en saam te onderwerp aan die Here se wil en ook so groei in strategie en roeping. Ons kan dit juis in moeilike gemeentes doen en dan saam daar uitreik na gemeenskap.
Dit is iets wat nou in my groei, en waaroor ek nog bid. 
Bid saam vir vandag se erediens en opleiding hier in Nampula. More ry ons na een van die nuwe kerkie vir twee dae en daarna vir twee dae in Ribaue (Cunle) self. Daarna gaan ons vir die naweek na Nacala stad. Dan kom ons volgende Naweek terug na Nampula en die Dinsdag is nog oop voordat Dirk en Giepie Woensdag oggend terug vlieg.
Van daar vra die sinode dat ek sal help om ds Tuvuliua van Nampula te vervoer na Lugela en dan ds Philima van Gile na Nephipi gemeente noord van Milange. Die laaste besoek is om Malema saam met ds João te besoek as opvolg op die twee ouderlinge se sending werk daar. Hulle is met die hulp van Annlin geref kerk opgelei en soontoe gestuur vir 'n maand. Ons sal dan ook moet besluit op volgende opleiding en uitstuur van ouderlinge as sendelinge.
Ten spyte van uitdagings en teleurstellings jubel my hart oor vrug op die werk. Ek sien uit om soveel skatte wat die Here vir my onverdiend gegee het, weer uit te deel binne die konteks van elke plek. 
Bid saam dat ons die Here se wil reg hoor en nie net ons eie kop volg nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...