Volgers

08/07/2023

Cunle besoek

Cunle is in Ribaue distrik, maar meer op die platteland. Die kerkie moet baie baklei teen weerstand in die omgewing. Die leier was self gevange geneem vir 'n kort tydjie. Ten spyte daarvan is daar 'n paar gesinne wat opgedaag het. Verder het die kerkie nog nie verstaan op watter maniere die Here jou seën nie. Dit is verskraal tot 'n materiële seën van kerkgebou met sinkplate en sulke goed. 
Die ander aspek wat my baie geraak het was hoe die tradisionele denke mense gevange hou. Daar is baie druk van families en ook druk as gevolg van hoe die mense die geeste wêreld beleef. Vrees speel 'n groot rol. By Nacuculu kom mense en vra vir gebed vir nagmerries en slegte geeste wat hulle pla. Siektes wat deur die geeste veroorsaak word, selfs seksuele probleme. Die lys raak baie lank soos mense eerlik hulle probleme bring dat ons daarvoor bid. Hulle beleef ook dat wit mense se gebede baie sterker is en daarom die amper desperate poging om gehelp te word. 
cunle posisie (kliek op skakel vir kaart) 
Met hierdie agtergrond hanteer ons verlossing en God se liefde as seën. Hoe dit vir ons in 'n verhouding met God bring en hoe bekering werk. Dit het tyd gevat maar die terugvoer is dat hulle nou eerder God sal soek as die dinge van God. Hoe God se teenwoordigheid en liefde ons as mense ontwikkel en laat groei en dit laat uitsprei na ander.
Daar is baie prakties gepraat oor die geeste wêreld en vertroue op 'n goeie God. 
Verder ook hoe mens druk en aanvalle saam met God hanteer. Hoe mens lofprysing gebruik om op God te fokus en nie op die gevare. Hoe mens jouself oorgee aan God se wil wat beter is as ons wil. 
Vanuit ons beperkte verstaan glo ons dat daar vir die groepie werklike deurbrake was wat hopelik in die praktyk 'n verskil gaan maak. Ons dank Hom en bly ernstig bid vir die 5 kerkies in Ribaue distrik.
Gisteraand het ons terug gekeer na Nampula en is ons reeds gelaai om na Nacala stad te vertrek. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...