Volgers

31/03/2020

Liggaam Stryd in korona tyd

Ek sit hier met moeë liggaam met bietjie koors en kopseer. Eergister het die stryd intenser geword met diep moegheid, koors en benoudheid op die bors. Na 12 het bietjie beter begin gaan en gister oggend was heel goed. Net na 12 het die koors en moegheid weer begin. As ek my suurlemoen wil uit druk, so met my fingers in mekaar gevleg druk ek die halwe suurlemoen met my handpalms. Net dit het my go op gemaak. Ek doen alles wat ek kan, lig agterkant van bed, stoom met bloekom blare, en baie meer. Die aand vat ek toe een panado en dit laat my toe om 5 ure te slaap. Daar wakker geword lê ek in die verskillende posisies om my longe skoon te kry. Dit werk goed en my longe is nie meer so benoud nie. Die koors is toe weer daar maar nooit hoog nie. Dit is nou besig om met suurlemoen sap en koffie self terug te keer na normaal en begin mens weer beter voel.
Oor die algemeen gaan dit dus weer beter. 
Die hospitaal mense daag gister hier op en kom stel ondersoek in. Hulle sê dat sodra hulle toetse kry, hulle my sal kom toets. Hulle volg ook op met almal wat voor my afsondering, met my kontak gehad het. Hulle wil hê ek moet nog 2 weke in afsondering bly. Hulle belowe om vir my 'n brief te gee van die opdrag sodat ek langer hier kan bly. 
My gees is nog steeds bo natuurlik rustig en as ek gesond is, kan ek dit selfs geniet. 

2 opmerkings:

  1. Hoe jy met basiese dinge jouself dokter, gee my hoop vir mense wat vêr van mediese fasiliteite is. Nuwe dag, nuwe hoop. Dis goed om te sien jou sin vir humor is terug!

    AntwoordVee uit
  2. Sterkte, Danie, ek bid vir spoedige herstel sodat jy die rustigheid net kan geniet 🙏

    AntwoordVee uit

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...