Volgers

19/07/2023

Nephipi en Liaze besoek

In Gile kom ek agter dat alhoewel die gemeente baie agteruit gegaan het, daar nog potensiaal lê. As die regte insette gelewer word, kan die gemeente baie groei.
Die ds het nie soveel bagasie as wat ek gedink het nie en vroeg die oggend laai ons alles. 
Die Murrua berg die oggend voor ons vertrek
Daar is goeie gesprekke in die bakkie, want ons vorder stadig. Die aand ry ons deur Milange met die son wat sak. 


Dit was lekker om weer in Nephipi te kom na soveel jare en van dieselfde leiers daar te kry. 
Volgende oggend kuier ek daar en ry terug na Milange. 
Kyk hoe lyk Mulanje berg van agter na sikloon Freddie
Sondag hou ons erediens in Liazi gemeente wat my eerste gemeente was. Ek kry 3 goeie gesprekke in met dominees en ontmoet weer ou bekendes. 

Na die 2 ouderlinge is ds Adolfo, dan Ds Isladge van Chiconono wat nou in Namitimba dien. Dan João Herbarth en dan ds Eataforde. Regs is ds Nico Mario wat ons tuinier was in 1994 toe ons in die karevaantjie gebly het. 
Ek is terug na Milange en na 6 ure se vrugtelose staan in 'n ry by die bank besluit ek om die volgende dag terug te ry. Die laaste besoek aan Malema is gekanselleer weens verskeie redes. 
Ek slaap vanaand oor in Chiconono en gaan 'n paar dae vroeër terug wees in die koue Kaap. 






13/07/2023

Nacala, Nampula, Lugela trip

Die besoek aan Nacala word Saterdag oggend omver gewerp toe ons 20 km buite Nampula moes omdraai weens 'n probleem met die bakkie. Ons stuur toe die twee dominees met 'n taxi.
Die middag gaan ondersoek ek weer die bakkie en daar ontdek ek hoe om die probleem op te los en om die bakkie nog lekkerder te laat ry.
Ons ry toe Sondag oggend vroeg en is betyds vir die erediens. 
Ons is verras om ongeveer 40 volwassenes en 15 kinders daar te kry. Daar was 5 kore en baie moeite word gedoen om geld in te samel om 'n perseel in die stad te bekom.
In die toerusting gaan ons redelik intens deur 'n proses waarin 'n gemeente kan ontdek hoe om op die regte fondasie te bou en die Here se wil bo alles te soek en te gehoorsaam. Dit is dikwels anders as ons eie wil en planne. Ons leer ons self om deur God se Gees aan God se wil te onderwerp. Dit gebeur deur 'n proses van praat en worstel en soek tot ons weet wat Hy wil. Ons wil dikwels ons self en die kerk bou en beskerm (ook gestruktureerd en aanvaarbaar en gemaklik) terwyl Hy die kerk wil gebruik in die wêreld. Mense het baie intens geluister. My stem was weg, maar so deur die gekraak is die betekenis tog deur die genade oorgedra. 
Die aandete voor die kerk muise se tente. 
Die Maandag oggend het ons op pad terug gou by die see 'n draai gaan maak. 
Jy kan die see bodem seker 15 meter diep duidelik sien. 
In Nampula het ons 'n vrugtevolle gesprek gehad tussen Annlin gemeente Tumbine Sinode en Nampula gemeente. 
Ek laai Dirk en Giepie af by die lughawe. Ek het min van hulle lekkernye geëet, maar nou mis ek hulle so ek haal in met wat hulle agter gelos het. 
Na die lughawe gebeur 'n wonderwerk deurdat ons al ds Tuvuliua se huisraad in en op die bakkie kry. 
Dit het stadig gegaan en alles het goed nat gereën, maar die aand was hulle in Lugela. Ek moes 4x4 gebruik om in die nat tot by die huis te kom. 
My lyf is nog nie reg nie, maar deur die Here se voorsienigheid is ek nou in Gile om die gesin more na Nephipi gemeente te vat so 50km Noord van Milange. Hierdie is my uitsig hier:
Die pad is een van die paaie wat ek baie geniet alhoewel dit 'n 20km per uur pad is. Ek sal versigtig moet laai more om dit vol gelaai te ry. Gaan die heel dag neem.
Dit is vir my geweldig waardevol om saam met God hier te werk. Hy is lief vir ons en ek leer dit nog aan. Ek probeer 'n diens lewer en wat gebeur? Hy bou 'n onbeskryflike bouwerk in my! Hoe heerlik is dit om ook Sy liefde vir Mosambiekers te sien. As dit hard moeilik en spanningsvol word, dan loof ek Hom hiervoor en dikwels bring dit rustigheid en vreugde. Daar begin dit reën. Lekker aand. 

08/07/2023

Cunle besoek

Cunle is in Ribaue distrik, maar meer op die platteland. Die kerkie moet baie baklei teen weerstand in die omgewing. Die leier was self gevange geneem vir 'n kort tydjie. Ten spyte daarvan is daar 'n paar gesinne wat opgedaag het. Verder het die kerkie nog nie verstaan op watter maniere die Here jou seën nie. Dit is verskraal tot 'n materiële seën van kerkgebou met sinkplate en sulke goed. 
Die ander aspek wat my baie geraak het was hoe die tradisionele denke mense gevange hou. Daar is baie druk van families en ook druk as gevolg van hoe die mense die geeste wêreld beleef. Vrees speel 'n groot rol. By Nacuculu kom mense en vra vir gebed vir nagmerries en slegte geeste wat hulle pla. Siektes wat deur die geeste veroorsaak word, selfs seksuele probleme. Die lys raak baie lank soos mense eerlik hulle probleme bring dat ons daarvoor bid. Hulle beleef ook dat wit mense se gebede baie sterker is en daarom die amper desperate poging om gehelp te word. 
cunle posisie (kliek op skakel vir kaart) 
Met hierdie agtergrond hanteer ons verlossing en God se liefde as seën. Hoe dit vir ons in 'n verhouding met God bring en hoe bekering werk. Dit het tyd gevat maar die terugvoer is dat hulle nou eerder God sal soek as die dinge van God. Hoe God se teenwoordigheid en liefde ons as mense ontwikkel en laat groei en dit laat uitsprei na ander.
Daar is baie prakties gepraat oor die geeste wêreld en vertroue op 'n goeie God. 
Verder ook hoe mens druk en aanvalle saam met God hanteer. Hoe mens lofprysing gebruik om op God te fokus en nie op die gevare. Hoe mens jouself oorgee aan God se wil wat beter is as ons wil. 
Vanuit ons beperkte verstaan glo ons dat daar vir die groepie werklike deurbrake was wat hopelik in die praktyk 'n verskil gaan maak. Ons dank Hom en bly ernstig bid vir die 5 kerkies in Ribaue distrik.
Gisteraand het ons terug gekeer na Nampula en is ons reeds gelaai om na Nacala stad te vertrek. 

04/07/2023

Nacuculu besoek

Die paadjie na Nacuculu
Ons kamp by Nacuculu
Die eerste indruk is dat daar sterk leierskap is wat op eie kerk verstaan funksioneer. Om by IRM in te skakel gaan 'n tydjie vat. Een man is ds alhoewel hy nie opleiding het nie. 
Hier is byeen 4 verskillende kerkies en ookleiers van 4 verskillende denominasies. "Hervormde Baptiste" en sulke vreemde name. Onder almal is hier 'n sterk ontvanklike gesindheid. 
In die ds se inleiding word Jakob se worsteling met God op ons toegepas. Hulle gaan ons nie los voordat ons hulle seën nie. 
Die middag wat ons hier aanland word ek uit die bloute gevra om 'n uur aanbieding te doen. Jesaja se roeping is gebruik om perspektief op kerk wees te plaas. Op die grond val, aangeraak word met kool vuur en dan wie sal ek stuur! 
Tydens die oggend byeenkoms van 8 tot 12 behandel Giepie Jakobus 4:1-7, maar in die interaksie, wat hy uitstekend reg kry, draai die gesprek oor Jesus wat lig en Lewe is. 'n vrou erken dat hulle baie baklei met mekaar. 
Namiddag word sokker gespeel. Giepie en Dirk was doel wagters. More oggend gaan ek praat oor hoe 'n gemeente God se wil soek en hoe om besluite te neem daarvolgens, veral as daar verskille is. Hoe om in gebed te worstel vir Sy leiding. Hoe om te strewe om eie wil ondergeskik te maak daaraan. Wil graag die Skeba broers as voorbeeld gebruik waar hulle soos Paulus duiwels wou uitdryf. Die duiwels ken Jesus en ken Paulus, maar julle, wie is julle? 
Die grond voel vrugbaar en ons bly bid om die wonderlike geleenthede uit afhanklikheid van God, goed te gebruik. 



03/07/2023

2023-07-02 Nampula erediens en toerusting

Giepie praat en Danie tolk

Erediens

Tydens gebed sessie
Ons kan sien dat hier baie werk gedoen is vandat Ds Samuel hier begin het. Hier is 'n hele paar nuwe lidmate en ook meer leierskap. 
Giepie het op 'n baie praktiese manier die gemeente gelei om self uit die Bybel te ontdek dat om te gee beter is as om te gaan ontvang. Dat mens deur te gee in God se wil is en self vry word ten spyte van uitdagings. Die ontvang en gedien word ingesteldheid hou ons in die duisternis en maak op die ou end die lewe  dood.
Lewe wat begin deur Jesus wat gee. 
Die erediens en middag opleiding is baie daarvan ontdek. Dirk sê dat dit die wonderlikste ding was wat hy nog in sy hele lewe gesien het. Die drie Mosambiek dominees was diep dankbaar en hulle reaksie gee my die meeste vreugde. Die lidmate se gesigte het vertel van diep luister en deelname. In die gebed geleentheid bid baie mense en wat veral uitstaan is dat vrouens bid. 
Ons sluit die dag af net groot dankbaarheid vir die tekens wat ons sien. 
Vandag koop ons Bybels aan en ry na een van die nuwe kerkies in Ribaue area. 

02/07/2023

2023-07-07 Nampula ariveer

Die blou lyn moes net 'n entjie verder geteken wees tot Nampula. 
Hier het ons ontbyt gehad langs die pad. 

Die Here roep en bemoedig baie deur wat ons hier hoor in Nampula. Gister in 'n gesprek met ds Samuel en van die mense hier. Word dit duidelik dat van die toerusting wat oor tyd gedoen is werklik grond vat. Die 4 nuwe kerkie se basis word gebou op Johannes 15. Daar word nie geswig voor druk van gemeenskap nie. Die een ouderling is selfs gevange geneem deur hoofmanne omdat hy nie doen wat hulle wil nie. Die Kerk is om Jesus te dien in die eerste plek.
Hierdie vrouens maak vir ons kos vanuit bydraes van die plaaslike lidmate. Mens voel klein daaroor, want dit wys hoeveel groei plaasgevind het. 

In verdere gesprekke hoor ek dat ds Raimundo nou gevlug het vanaf Pebane want die aanpassing was net te moeilik. In gesprekke praat ons oor die realiteit van sy swaarkry en hoe ds Samuel wys daarop deur sy eie stories dat die Here mens dra in teenstand en swaarkry. 
In my begin daar 'n roeping wakker word vir leiers wat op rings vlak bymekaar kom en dat ek vir hulle stories vertel van hoe die Here werk en saam te onderwerp aan die Here se wil en ook so groei in strategie en roeping. Ons kan dit juis in moeilike gemeentes doen en dan saam daar uitreik na gemeenskap.
Dit is iets wat nou in my groei, en waaroor ek nog bid. 
Bid saam vir vandag se erediens en opleiding hier in Nampula. More ry ons na een van die nuwe kerkie vir twee dae en daarna vir twee dae in Ribaue (Cunle) self. Daarna gaan ons vir die naweek na Nacala stad. Dan kom ons volgende Naweek terug na Nampula en die Dinsdag is nog oop voordat Dirk en Giepie Woensdag oggend terug vlieg.
Van daar vra die sinode dat ek sal help om ds Tuvuliua van Nampula te vervoer na Lugela en dan ds Philima van Gile na Nephipi gemeente noord van Milange. Die laaste besoek is om Malema saam met ds João te besoek as opvolg op die twee ouderlinge se sending werk daar. Hulle is met die hulp van Annlin geref kerk opgelei en soontoe gestuur vir 'n maand. Ons sal dan ook moet besluit op volgende opleiding en uitstuur van ouderlinge as sendelinge.
Ten spyte van uitdagings en teleurstellings jubel my hart oor vrug op die werk. Ek sien uit om soveel skatte wat die Here vir my onverdiend gegee het, weer uit te deel binne die konteks van elke plek. 
Bid saam dat ons die Here se wil reg hoor en nie net ons eie kop volg nie.

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...