Plasings

Wys tans plasings vanaf 2015

Is daar 'n doel vir my en jou as christen?

Ek lees in die "TIME" tydskrif dat Angela Merkel die persoon van die jaar is. Op die kortlys is die nommer twee Abu Bakr alBaghdadi (die leier van ISIS) en die derde persoon is Donald Trump. 
Mens begin onwillekeurig wonder wat die motivering is om die mense so te vereer as persoon van 2015. Die antwoord wat ek vermoed is dat daar geen keuses vir waardes gemaak word nie. Die persoon se invloed kan dus positief of negatief wees. Daar word nie meer deur "TIME" vir enige waarde gestaan nie. Die enigste waarde lyk my, wat al sterker word, is dat daar nie waarhede of waardes is nie.
In Afrika, lyk dit vir my, is waardes weer 'n baie sterk beweging, maar dikwels is dit ook waardes wat negatiewe gevolge het. Ek het nie gehoor wie die navorsing gedoen het nie, maar ek verstaan vanuit radio gesprekke op RSG, dat navorsing sê dat 1 uit 10 Suid-Afrikaners glo dat omkopery 'n goeie waarde is.
Dit is ook nie 'n mooi prentjie as ek so objektief moontlik kyk na die afdan…

Laaste paar dae in Mosambiek

Prent
Daar is hantering van kommunikasie tussen sinode en vennote oor bouprojek in Mocuba en Magodane, dominees wat van gemeentes verander en besluite wat gemaak moet word, sinode se sending inisiatiewe, rentmeesterskap uitdagings, en nog. Ons besoek ook Espanhor soos op die foto hier bo.


Die twee en halwe dag van gesprekke tydens die sinode, verteenwoordig ek ook die RSA vennote in heelwat van die bedieninge.  Die sinode probeer baie hard om vanuit eie gemeentes bydraes te kry vir die werk van die sinode. Vervoer is 'n groot uitgawe, want dit is 'n prioriteit om die werk in die geisoleerde plekke te besoek. Sommige leiers wil met reels en posisie om gemeentes te dwing om by te dra. Ander verdedig die gemeentes wat sukkel met groot uitdagings. Besoekers sien baie mense, maar gemeentes het maar min werklike lidmate. Christenskap is vir baie lidmate en selfs leiers 'n baie nuwe aanpassing en mense worstel met transformasie. Dit was vir die leiers 'n groot selfinsig om te sien…

Handevat storie 12 Okt - 1 Nov Mosambiek

Prent
My nuwe profiel foto op "facebook"
Okotober 12 Hierdie is Danie en ds Nunes wat by Malema en Entrelagos saam gewerk het. Hier is motorfietse gelaai vir die pad.


Ek groet die boland en mense wat vir my baie kosbaar is. Ek bid dat die Here Sy wil sal bereik en ek goed sal luister, en met oortuiging kan doen en praat. Dat ek daar sal wees waar Hy my wil hê. Ek rus en vertrou op Hom.


Oktober 13 In die bus op pad na Zimbabwe en tweede nag van regop slaap.

Oktober 14 Is nou in Blantyre. Vertel later van goeie gesprekke op bus ook met Moslem leier. Hier ry ons oor die nuwe brug by Tete. Zambesie rivier. Die man het homself en die Moslem geloof verdedig en die Christelike kerk aangeval. Ek het die foute van die kerk gedurig erken en hom duidelik gewys dat Moslems ook soms foute maak. Hy het dit ontken, maar kon later nie meer nie. Hy het nie verwag dat ek ons gebrokenheid sou erken nie en dit het hom heel van sy storie af gehad.

Oktober 15 Vandag in Milange na taxi en fiets trip. Lekke…

Besoek aan Entre Lagos (naam beteken tussen die mere)

Prent
Ek en ds Nunes van Gurue vertrek op ons motorfietsies vanaf Murara, wat op die kaart as ‘n kerkie regs bo naby Malema aangedui is. Dit is alles sleg grondpad, baie stof en dan die laaste stukkie pad baie dik sand is. Ons worstel wydsbeen deur die sand sweet en lag vir mekaar se gesukkel tot by Entrelagos wat op die kaart noord van Mecanhelas is waar die pad langs die meer by die treinspoor aansluit.
Daar aangekom by die hoof ouderling, weet hy dat ons kom, maar weet van geen relings. Sien hy, wil nie dat ons die buiteposte besoek nie, hy wil ons vir homself hou. Ons moet omtrent rond bel voor ons uitvind waar die byeenkoms gereel is. En toe wag dat iemand vir ons kom haal. Met ‘n gesukkel kom ons daar weg en in die proses hoor ons dat die 6 gebedshuise eintlik nou almal dood is. Die plek waarheen ons gaan is ‘n nuwe plek wat die vorige dominee (wat hiervandaan moes vlug) begin het. Die jong man daag op en klim agter op ds Nunes se motorfiets en wys vir ons die plek wat op die kaart …