Liggaam Stryd in korona tyd
Ek sit hier met moeë liggaam met bietjie koors en kopseer. Eergister het die stryd intenser geword met diep moegheid, koors en benoudheid op die bors. Na 12 het bietjie beter begin gaan en gister oggend was heel goed. Net na 12 het die koors en moegheid weer begin. As ek my suurlemoen wil uit druk, so met my fingers in mekaar gevleg druk ek die halwe suurlemoen met my handpalms. Net dit het my go op gemaak. Ek doen alles wat ek kan, lig agterkant van bed, stoom met bloekom blare, en baie meer. Die aand vat ek toe een panado en dit laat my toe om 5 ure te slaap. Daar wakker geword lê ek in die verskillende posisies om my longe skoon te kry. Dit werk goed en my longe is nie meer so benoud nie. Die koors is toe weer daar maar nooit hoog nie. Dit is nou besig om met suurlemoen sap en koffie self terug te keer na normaal en begin mens weer beter voel. Oor die algemeen gaan dit dus weer beter. Die hospitaal mense daag gister hier op en kom stel ondersoek in. Hulle sê dat sodra hulle toetse