Plasings

Wys tans plasings vanaf June, 2014

Uitdagings van die Mosambiekse dominee in die platteland

Prent
In 'n gesprek met 'n dominee op die platteland kom die volgende na vore(Ek vul ook verder aan uit ander gesprekke):
Daar is plekke waar mense kerk hou sonder dat daar baie Bybelse opleiding bestaan. Die kerk bestaan dus en daar is baie entoesiastiese lidmate, maar hulle hang ook talle tradisies aan. Veral by plekke soos begrafnisse is daar rituele wat na drie dae gebeur en van die gerekende sterk christene in die gemeente neem daaraan deel en leer ook die ander lidmate om dit te doen. Dit gebeur ook telkens dat die kerk gekonfronteer word met mense wat vreesagtig raak wanneer daar siektes en ander uitdagings is. Dikwels word daar dus terug gegryp na traditionele medisyne. Hierdie tradisies kom oor baie geslagte en word nie sommer net verander nie. Dit maak dat jy as dominee inkom in 'n situasie waar jy nie inpas nie. Aan die een kant die mense hulle gebruike en dan aan die ander kant die koninkryk wat anders lyk. Die tweede uitdaging is dat baie kerkies reeds bestaande l…

Strand mosambiek besoek vir jeugwerk

Prent
Die span(Danie, Elbie, Bernadette en Dirkie) word uitgestuur vanuit die Gereformeerde Kerk Strand. Ons word gestuur om Magodane, Mocuba en Lugela IRM kerk by te staan in opleiding van jeuleiers.
Ons land in Blantyre en moet alles in Kobus Eksteen se bakkie inpas. Hy en Nana het ons kom haal.
Ek en Kobus moes agter inpas saam met die bagasie
15 Junie
Ons geniet middagete langs die pad op pad na Mocuba
Wat 'n voorreg om die hereniging van die familie saam te kon beleef na 'n jaar se skeiding. Hoe nader ons aan Mocuba gekom het, hoe haastiger het Bernadette geraak. Dit was diep belewenisse. Interessant, Ek het haar kom haal en ek het haar terug gebring. Feliz het spesiaal vir my kom dankie se!
14 Junie '14
Ons moes baie aankope doen en die gewone winkeltjies was toe oor die naweek. Ons moes alles op die mark doen. Hier word uie geweeg.
15 Junie '14
Ons ry na Magodane en laai daar die dominee en ander op. Maak bagasie op die dak vas en ry deur na die dorp Maganja da Costa. Hier …

Besonderse mense is vir my tot 'n seën

Prent
SONDAG SE PLAASBEDIENING
Sondag is ons weer na die skooltjie tussen die plase langs die Bottelary pad. My pa en ma is ook daar en bring vir Anna en Jeanette saam. Hulle getuig van verlossing uit verslawing van drank, dagga en rowwe lewens.