Plasings

Wys tans plasings vanaf February, 2015

Verstaan van Liefde, beinvloed die verstaan van God en daarom van gestuurdheid

Prent
LIEFDE die GROOTSTE opdrag:
Ek wonder of ons nie ons verstaan van God se hart verwater deur ons gebruik van die woord liefde nie.
Grieks gebruik mos drie woorde, een is eros, die seksuele liefde wat eintlik iets heel anders is en meer selfgesentreerd is as die ander. Dan ook filo liefde vir familie, wat klink soos 'n verbintenis nodig om te behoort aan 'n familie of dalk groep. Die derde woord is die eitnlike woord vir liefde wat God beskryf en dus ook 'n christen se strewe is. Die woorde wat dit beskryf is dinge soos fyn aanvoeling, prysgee van jouself, wees en doen goed aan ander ten spyte van jouself. God se opleiding hieroor kom in Christus as voorbeeld na ons toe. Gee posisie status en eer prys en word mens, word deel van vyande en 'n lelike wêreld en gee Homself as 'n offer tot die dood toe vir die wil van God. Dit is ongemaklik, seer, en teen jou eie strewe en oorlewings.
In ons kultuur sê ons maklik "Ek is lief vir lekker kos!" of iets dergliks. Hier…