Volgers

14/08/2010

Geestelike ervaringe uit 'n Mosambiekse gemeente

Ek kom by 'n gemeente in Mosambiek en na die tweede dag se gesels met die dominee hoor ek dat hulle deur 'n baie moeilike tyd gegaan het. Wat gebeur het is dat mense in hulle gebied ingekom het met 'n soort poeier wat hulle uitgestrooi het. As ander daarin loop dan gaan hulle dood. So is daar in een area 8 mense dood en in 'n ander area ook sommer 'n klomp. Die regering se vir hulle dit is Colera wat die mense doodmaak maar dit word nie geglo nie, want die mense het sommer vinnig dood gegaan. Gewoonlik met Colera vat dit 'n paar dae, maar nadat hulle in die poeier geloop het was dit sommer vinnig en hulle is dood. Daar was 'n doodsvrees in die gemeenskap dat daardie mense ook na hulle gebied toe gaan kom. Ek vra toe of dit te doen het met die slegte geeste en daar word ja gese. Die kerk het toe met die hoofman gaan praat en die het saamgestem en belowe dat indien hy met die mense te doen het wat dit veroorsaak hy onmiddelik die persoon sal dood maak. Toe gaan hulle en roep die verskillende denominasies van die verskillende kerke bymekaar en daar word vir baie ure baie ernstig gebid sodat hulle bewaar kan word teen die aanslag en dat hulle area ooreslaan moet word. Die mense het blykbaar tydens die gebedsessies gekom van Milange se kant af, maar toe hulle sien wat die kerk besig is om te doen het hulle omgedraai en het hulle op die ou end nooit by hulle uitgekom nie. Nou is daar 'n groot blydskap tussen hulle dat die Here hulle bewaar het en dat hulle so saam as kerke kon opstaan en so die gevare afgeweer het.

1 opmerking:

  1. Dit is great nuus Danie. Wonderlik dat hulle so kon saam bid en die Here se Seen daarin ervaar dat hulle gebede verhoor is. Daardie storie gaan nog vir baie jare vertel word.

    Groete daar, sien julle Donderdag!
    Gerhard Kruger

    AntwoordVee uit

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...