Volgers

02/08/2019

Reën en Jesus stories

Ek Bonny Elisabeth en 2 jeugleiers van die sinode besoek Mamunyapa wyks gemeente van Magodane gemeente. Ons bid dat die Here ons sal lei om Sy Koninkryk te bou. 

Die eerste gedeelte in die oggend hanteer ons die basiese beginsels van Christenskap. Van die ah-ha momente was dat ons met God kan praat en 'n verhouding met Hom kan hê hier in Mosambiek. 

Die middag werk dit so dat ek met die leiers gesels. Ons ontdek weer dat slegte gebeure altyd geleenthede bied. Ek vertel stories oor gebeure in geskiedenis van kerk waar mense baie gely het vir die Here. Skielik begin dit te reën. Ons vlug in die kombuis skuiling wat die reën so halfpad uit hou. 

Daar verskyn skielik drie sambrele. Onder elkeen skuil 2 of 3 persone. Die een op sy hurke onder die tafel. Ons gaan voort met die stories asof niks abnormaal aan die gebeur is nie. 

Die terugvoer en vrae wys dat daar werklik besef word dat daar altyd groot besluite geneem moet word om die Here in die omstandighede te dien. Die gevolge kan baie moeilik wees. Daar is egter nie 'n ander pad om te loop nie en die ongelooflike teenwoordigheid van God se Gees met ons, maak dit moontlik. Verder is so 'n radikale lewe ook 'n getuienis wat mense na Hom sal roep en die gemeente sal laat groei. 

Nou vertrou ons dat die Here die saadjies gesaai het. Hulle deel van hulle eie stories van opoffering. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...