Op pad na Mosambiek het ek 5 dae op pad om met die Here te praat. Ek wil graag weet dat ek nie met my eie planne besig is nie, maar met Sy planne. Om die vraag te vra, kom dit na my terug, want dan moet ek bereid wees om my planne prys te gee. Nou praat mens van gevaarlike goed, want mense gee vir my geld om my gesin te onderhou sodat ek die werk kan doen. Here ek is reg om weer skuiwe te maak as dit moet. My vraag is net, hoe weet ek wanneer ek besig is met my agenda en wanneer ek besig is om in te skakel by ons Vader se plan met die wêreld. So in die gesprek glo ek praat Hy met my om te besef dat Hy 'n ongelooflike liefde vir Mosambiek het, ek is in Sy wil as ek vir Mosambiek lief het. Daar is baie met wie dit baie maklik is, maar daar is ook diegene met wie dit regtig moeilik raak en opofferinge kos. 'n Ander riglyn wat ek glo Hy met my kommunikeer het was dat ek moet inoefen om deur Sy oë te kyk. Dat Hy my aanmoedig om meer en meer te leer van sy liefde, goedheid en doel met alle mense. As ek dan gefokus is op hierdie karakter van ons Vader en inoefen om deur Sy oë te kyk na almal rondom my, op die grensposte, die verkeersbeampte langs die pad (wat dikwels korrup is), verder ook na alles wat gebeur rondom my, sal ek baie meer sien van wat Hy doen en meer as dit, gaan Hy Sy wil ook deur my hande en hart laat gebeur. Dit is 'n baie onselfsugtige en opofferende gesindheid, want die hele atmosfeer word deur Hom en Sy karakter van omgee bepaal.
So in baie gebeure het ek dit begin inoefen, maar ek het nog baie oefening nodig. Nou maak ek 'n plan om
|
Gesprekke met leiers in Tezeze |
Tezeze gemeente te besoek, omdat die sinode ook daarvoor gevra het. Die pad is baie sleg soontoe en vinnig weet ek dat ek meer doen met die karretjie as wat dit voor gemaak is. Val in slote, en wiele lig soms van die grond af op en dreig om kort-kort om vas te sit. Moet ek dalk omdraai?! En wat gebeur!! Die besoek draai uit 'n ontmoeting van 'n gemeente se leierskap met God. Ongelooflike gevoel van hoe die Here die gesprekke lei en die verduidelikings in stories omsit en verstaan in harte bewerkstellig. In die eerste plek luister ons eers na die mense en hulle bepaal toe 'n heel ander agenda as wat ek voorberei het. Dit wat ek wel in my kop het oor die onderwerp waaroor ons praat, vat die Here net verder in my en in hulle harte. Daarna gaan die gesprek oor rentmeesterskap en hoe ALLES aan Hom behoort. Mense ontdek dat omdat ons dit nie reg verstaan nie, raak ons jaloers. Daar word belydenisse gemaak van jaloesie. Die middag begin dit te reën en elke keer as ek dink dit hou op, val dit net harder. Here, raak ek bang, wat van die pad en die planne en afsprake wat voorlê??? Dan die inoefening van ontspanning oor dinge wat ek nie kan verander nie en oë oop te maak om te sien soos Hy sien. Aan hom behoort alles, en is alle mag gegee, en as dit waar is, dan is vrees klein geloof. Vergewe my, maar ek raak kort kort bang. Dan vra ek, dit moet nou ophou en glo Hy gaan dit stop en dan reën dit harder. Ons doen die oggend huisbesoek en kry reg om nie aan die pad te dink nie. Daar word weer bewys dat Hy werk. Besonderse ervaringe van ou tannies by die klei hutte wat absoluut blom oor ons besoeke. Ander wat in nood is en mens se gebede gretig aangryp en daaraan vashou. Ons kan bid vir siekes wat nie mediese behandeling het nie en weduwees wat man en kinders aan die dood afgestaan het ens. Ja,
|
Huisbesoek in Tezeze met Johan Morkel |
Here die pad en my bekommernisse is werklik niks hierteen en teen wat U doen nie!!
Uiteindelik is ons op die pad en dit is natter as wat ek gedink het. Ons praat mens fietse wat van voor kom en almal sonder uitsondering vertel vir ons dat ons nie gaan deurkom nie. Die petrol is min, want daar was nie in die dorp nie. Ek kan dus nie terug ry en more weer probeer nie. By Vulalo word dit duidelik dat die lorries die pad versper en dat ons dit nie gaan maak nie. Here waar slaap mens hier? Die vriend wat ons ken se huis is nie meer beskikbaar nie. Daar daag toe 'n ouderling op wat BAIE lief is vir my en met wie ek jare terug mee saamgewerk het. Hy en die dominee is daar na die hoofman toe en 'n uur later word ons na die skooltjie gevat en plek gegee in die personeelkamer om te slaap.
'n Wag word vir ons gegee om na ons te kyk die nag en ons slaan ons tentjies in die kamer op en die skoolhoof en twee van die onderwysers kom kuier by ons. Weer eens was dit 'n afspraak van die Here en kon ons deel oor watter ongelooflike verskil onderwys kan maak op die toekoms van Mosambiek.
|
Skoolhoof en Onderwyser, oud ouderling en ds Estevao in Vulalo |
Die pad is BAIE sleg die volgende dag en mense belowe ons dat ons dit nie gaan maak nie. Ons gly en spring deur al die modder gate en slote sonder dat die karretjie een keer vassit.
Die lorries wat vasgesit het kom net voor ons uit en ons vind 'n pad verby hulle. Ek begin net iets van my vrese oorbrug, toe sit 'n lorrie net voor die dorp so vas dat mens nie kan verby.
Ek kry reg om deur Sy oë te kyk en is baie rustig ten spyte van die moderator wat vir ons wag om na Candeni te gaan. Iemand praat van 'n ompad en ons vind 'n manier om om te draai, wat op sigself beskou kan word as 'n wonderwerk en ons kry reg om die baie sleg ompad suksesvol te navigeer tot by die huis.
Ek skryf iets meer oor die storie van die Here met my in die volgende inskrywing.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking