Volgers

17/10/2017

Geloofs gemeenskap

Binne gemeentes het ons soms verhoudings wat maak dat dit lekker is om mekaar Sondag te sien. Daar word lekker gesels en soms saam gekuier in klein groepe en soms selfs saam gekamp en uit gereik.
In ons tradisie is die verhoudings soms in familie terme beskryf soos broer en sister. Tog in die algemeen word daar baie maskers gebruik. Maskers is mos nie verkeerd nie, mens kan tog nie alles met mekaar deel nie. As mens aan jou geloofsgemeenskap of kerk dink, dan sien mens die strukture van die gemeenskap en die gebou. Ons voel ons moet sekere reëls nakom en sekere waardes lewe as ons by mekaar is. Die gevolg daarvan is dat maskers bevorder word. Oor die algemeen vanuit my kultuurgroep gepraat, is daar baie uitdagings en gebrokenheid in ons gesinslewens. Ons in die geloofsgemeenskap in die algemeen sien mekaar maar min en daarom is dit logies dat daar nie sterk vertrouens verhoudings is nie. Ons dink aan 'n plek wat ons respekteer, want dit herinner ons aan God. Ons moet dit deel van ons lewens maak en ons kinders probeer leer om ook kerk toe te gaan.Ons ken mekaar nie in diepte nie, behalwe vir die paar wat in selgroepe is of saam op 'n bediening dien wat mekaar dikwels sien en nie net in vergader modus nie. Oor die algemeen gebruik ons die woord kerk en gemeente met die idees van samekomste, gebou, stukture, waar daar 'n sekere respek vir God is.
Daar is wel die paar mense mense wat ons nader leer ken het en waaroor ons anders dink, maar dit is nie die algemeen nie. Dink maar aan hoe min mense deur hulle kerk strukture sulke verhoudings bou waar daar intimiteit en vertroue is en waar die verhoudings tot voordeel van ons lewens is. Waar ons mekaar aanmoedig reg help as nodig ens.
Met dit in gedagte, wil ek tog aanmoedig dat ons 'n poging moet aanwend om na mekaar anders te kyk. 
Ek wil die gedagte bevorder om oor die kerk te dink as 'n familie, sodat die eerste gedagtes wat opkom sal wees: broer, sister, ma, pa, ouma, oupa, oom, tannie, broer en sister se kinders en Pa met 'n hoofletter. In 'n familie gebeur dinge anders, en voel ek anders teenoor die lede. As ek so dink, dan begin ek ook anders te praat, om te gee en wil ek meer betrokke wees om die gebrokenheid gesond te help maak, en die vreugde van ander lede te bevorder. Gelukkig is God deel van die familie en word dit dus moontlik om gesond te word. Jesus is werklik die broer wat antwoorde het.
In Mosambiek moet mense dikwels hulle aardse familie verlaat en dan moet die kerk daar wees om 'n beter familie te wees as die biologiese familie, want dit word die enigste familie. Ek onthou 'n ouderling wat 'n a-ha moment gehad het hieroor en gesê het: Nou verstaan ek wat kerk is!
Onthou, dat ons dikwels die enigste familie is vir baie mense en ons interaksie en verhouding moet baie leer oor wat familie is! Die Bybel is vol daarvan, wees lief vir mekaar en deur ons liefde vir mekaar sal die wêreld weet....
Hierdie familie het 'n roeping en is ingestel op 'n gemeenskap rondom en tussen ons en ver van ons wat dit nie ken nie. Ons gaan nie na die samekomste om te soek na 'n goeie familie gevoel vir ons self nie, maar ons is deel van die gemeenskap van gelowiges om dit te gee vir ander in die familie, en ook buite die familie. Hierdie baie besonderse eenheid, soos die Bybel ook daarvan praat, is iets wat mens kry deur dit vir ander te gee. God is 'n God van verhoudings en dit word realiteit deur dieselfde Gees wat ons deel met mekaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...