Ek is besig om te leer dat 'n roeping nooit afgehandel word nie. Dit is dinamies en gaan dikwels deur tye van twyfel. Soms verander dit rigting en enige verandering het iets van aflê en seer in dit, gelukkig ook, opwinding en kinderlike verwagting van iets wat nuut is.
Die Here se roeping vir Mosambiek is net weer bevestig toe ek dit nie verwag het nie.
Mens raak meer en meer sensitief vir die fisiese uitdagings van die lewe in Mosambiek. Vandag weer erg gesukkel. Toe ek die vis skottel kry was dit te donker om te sien wat ek skep en kry toe drie vissies se koppe in plaas van lywe. Die eerste een het heel goed af gegaan, die tweede het gesukkel en die derde was genade. Verder voel mens nie altyd asof jy mense lief het nie, jy moet jou liefde elke keer weer ontdek. Liefde kom nie van self, baie jare maak dit nie vanselfsprekend.
Vandag se gesprekke was heeltemal aan my oor gelaat vir 3 ure lank. Dit is die warmste dag tot dusver en so kan ek aangaan. Op 'n stadium was ek net lekker moeg. Die laaste 40 minute kom die Here en neem oor, en Hy doen dit entoesiasties en almal neem deel. Diep stories uit die oorlog kom na vore waar ouderling besef dat die stem wat hom daar gelei het om op te staan en deur die koeëls weg te stap, die Here was.
Die basiese waardes en evangelie kry lewe deur stories soos net die Heilige Gees kan bewerk. Wat egter vir my uit staan is die band tussen ons en die bevestiging van my roeping. Hoe sinvol die Here hierdie interkulturele interaksie gebruik vir Sy Koninkryk. Ek kan dit nie in woorde sit. Toe twee ouderlinge aandring dat hulle wil bid, sit ek met trane en luister, alhoewel ek dit weg steek.
Daar is soveel kulturele leuens baie raak vas gevat en verstaan in die gesprekke oor twee dae. Verder stuur ons hulle met 'n goeie verstaan op huisbesoek en weet hulle gaan dit goed doen en hulle groepe goed begelei. Toe die 3 ure verby is, wou niemand loop nie.
Volgers
26/10/2017
Mosambiek roeping
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Verhouding tussen gelowige en die wêreld.
In die ou Testament was die verhouding tussen God se volk en die heiden nasies. Die Heiden nasies was uit geroei in wrede oorloë. Daar was g...

-
Die besoek aan Nacala word Saterdag oggend omver gewerp toe ons 20 km buite Nampula moes omdraai weens 'n probleem met die bakkie. Ons s...
-
Ek word wakker na 'n paar uur se slaap met 'n bietjie koors tydens wat lyk soos 'n korona infeksie. Gaan eers warm rooibos tee m...
-
As sommige mense bid “Bewaar my, o God,” bedoel hulle eintlik “preserveer my.” Om kos te preserveer is om dit vars te hou tot die vervalda...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking