Volgers

18/03/2023

2023-03-18 dagboek

Ek sit onder die boom in die donker by Mocuba gemeente se kerk gebou terwyl die lorrietjie uit is om stene te gaan laai. Ons begin Maandag om die stoepe te bou en pilare te pleister.
In Milange was dit rustig weens die storms. 'n gesprek met jeugleier was egter baie sinvol. 
Die ander gesprek was met die leier van die geletterdheid projek wat die werk met landbou befonds. Ek was opgewonde daaroor dat hy 'n dissipelskap proses verstaan. Hy is sommer opgewonde daaroor en wil weet of ek dit ook aan die dominees vertel. Hy het dit gekoop. Die gesprek was half onverwags. Ek het 'n ent gaan stap en hom langs die pad gekry. Ons het seker vir 'n uur gekuier. 
Ek het sulke uitstappies juis gedoen om kontak te bou. In 'n ander gesprek het ek by 'n man uitgevra oor die sikloon en wou weet hoe daaroor gedink word. Op 'n stadium vra hy of ek 'n kerk mens is. Ek sê toe ja. Hy vra dit want hy dink nie die sikloon kom van God nie, daar is as ek reg aflei ander magte aan die werk en mense manipuleer dit. Dit is dus 'n sterk tradisionele denkwyse. Wat my opval is dat die denke saam met vrees gaan. Ek wonder hoeveel mense bang is. 
Die kultuur tussen jong mense is baie sterk 'n magspel. As mens so stap dan is sommige jongmense baie uitdagend. As ek egter reageer met gebrokenheid soos ek is nou moeg gedraf, dan is daar skielik 'n ander atmosfeer en word gelag en vuiste gegee om te groet.
Eers gou iets oor die bakkie sage. Dit het skielik krag verloor en enjin liggie het aangegaan. Ek moes met wa met my broer en YouTube fout soek. Skielik geleer van egr en dink nog die ingenieurs maak 'n fout. Hoe kan mens uitlaat gasse weer na die inlaat gelei. In elk geval, die wat meer wil weet is welkom om te vra. Op die ou end is die klep wat dit beheer ontkoppel en die pyp geblok. Niks help nie tot skielik vandag na baie spanning lyk dit tog of dit gehelp het en die enjin is nou weer normaal. 
Die pad terug is op 2 plekke beskadig, maar lyk my kleiner voertuie beweeg al weer. 
More gaan ons erediens doen in Magdane en gesels met leiers. 
Maandag en Dinsdag is bouwerk. 
Woensdag tot seker Vrydag gaan ons na Pebane waar daar ook 'n nuwe ds is. 
Daarvandaan moet ons nog sien. Die sikloon het die besoek baie uniek gemaak, maar ek moet sê, dit maak ook dat baie gesprekke outomaties geloof gesprekke word. 
My lyf voel bietjie af vanaand, so ek drink Artemesia by Bernadette en gaan so gou moontlik slaap. Net gou finansies dokumenteer. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...