Volgers

19/03/2023

Goeie Sondag in Mosambiek

Ek drink weer Artemesia en dalk was dit deel van die redes hoekom ek goed gevoel het vandag. 
Ek moes seker geraai het dat hulle my gaan vra om te preek, maar het darem 'n halfuur gehad vir voorbereiding wat meestal in gebed ingegaan het.
Ek vra die gemeente uit oor wat hulle ervarings was met die storms. Hulle beskryf en erken toe hulle vrese op meer as een vlak. Eerstens fisies met huise wat ingeval het en bome wat huise kan plat val soos dit omgewaai word ens. Tweedens die vrees van wie die storm gestuur het vanuit die tradisionele denke. 
Ek lees toe hoe die dissipels bang was op die see soveel so dat hulle geskree het. Dan die ommeswaai in Petrus van  vreesbevange na waagmoedig, soveel so dat hy uit die boot klim. 
Ons praat van waar Jesus was in die storm en toe daar besef het hoe Jesus teenwoordig is, almagtig is en omgee. Hoe maak dit ons waagmoedig dat ons selfs met min ander help. Dat ons uit ons sekuriteite kan uitklim en ander se nood begin raaksien. Toe ons oopgooi vir gesprek toe praat hulle vir lank, ook omdat hulle almal erken het hulle was bang en nou kan hulle baie vryer deel met mekaar. Mens sien mos soms in mense se oë as die Here werk. Ek kon dit sien.
In Mocuba moet ek diesel ingooi. Ek sien dat die werkers 'n houding het wat my suspisieus maak. Kyk nou die manier. Eers wil die kaart masjien nie werk. Met die tweede probeerslag wil dit nie print nie en hulle stuur my na binne om daar op die kaart te betaal. Ek is suspisieus maar wat kan ek doen? Op die radio se USB het ek musiek en die lied van Don Fransisco "He's Alive" begin te speel. Ek raak kalm en rus in Hom. Toe sê ek, dat ek gou op my foon gaan kyk, maar ek weet my RSA sim is nie in die foon so ek het nis SMS beskikbaar nie. Ek hoop maar net hulle aanvaar die betaling as hulle probeer het om my te mislei. Ek maak toe maar my bank app oop wetende dat betalings soms paar dae vat om te wys. Die wonderwerk gebeur en die betaling wys duidelik in die naam van die vulstasie. 
Ek wys vir hulle en die man probeer toe uit die ding te kom en sê hy gaan die masjien op die krag sit, dalk wys dit iets. (onthou hy wou my 'n tweede keer laat betaal en dit is R1700). Daar wys die betaling toe en ek vra vir 'n uit print wat ek toe kry. 
Die Here se vir my dat Hy is! Hy sien en gee om. 
Die ander goeie nuus is dat die bakkie heel dag normaal gefunksioneer het oor 'n slegte pad. Ons kon selfs 'n lorrie jump start langs die pad. 
Ek sal sodra ek kan 'n video stuur oor die erediens. Magdane gemeente is mooi aan die groei. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...