Volgers

05/09/2023

2023-09-02 pakkie in Bloemfontein

2 Dae voordat ek vertrek uit die Kaap hoor ons van die behoefte aan Audio Bybels vir 'n vroue konferensie. Ons probeer en.... sowaar dit blyk moontlik om dit te organiseer. Die tale word op besluit en ek stuur die inligting deur of so het ek gedink. Die volgende dag herinner Dalene dat hulle dit nie gekry het nie. Ek stuur weer en ons reël dat ek dit by 'n vriend se kantoor sal optel in Bloemfontein. Ek kom die Vrydag oggend daar aan en daar is toe geen pakkie. Ons probeer die senders kontak, maar die telefoon word nie geantwoord. Ons vind uit deur wie dit gestuur het, maar Courier Guy moet meer inligting hê en ons het dit nie. Ek besluit om bietjie te wag. Terwyl ek wag vra ek die Here of ek moet wag. Hoe belangrik is die Bybels in Sy plan. Ek weet nie waar die pakkie is nie, sê nou maar dit is nie gestuur? Ek wil nie 'n dag verloor sonder rede nie, maar sal maklik 'n dag bly as mens weet dit moet. Ek voel baie onseker. Terwyl ek met die Here praat kom daar 'n pasiënt in (my vriend is 'n oog dokter). Toe sy hoor hiervan is sy dadelik bereid om te help. Sy ken iemand by Courier Guy en vind toe sommer by dr Johan uit of sy haar afspraak later vandag kan inpas. Hy stem toe in en daar trek sy. Die vriendelikste bereidwilligste mens. Dit is daardie mense wat verwar kan word met engele. Sy bel en wil my telefoon nommer weet vir in geval dit onder my nommer geregistreer is. 10 min later bel sy en laat weet dat hulle die pakkie gekry het en dat sy dit bring. Intussen kon ek en Johan 'n baie sinvolle gesprek hê en ons harte met mekaar deel. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...