Volgers

08/09/2023

2023-09 Besoek program en gebedspunte

 

Loof die Here want Hy is goed.

Ek sê dit nie omdat ek dit so beleef nie, inteendeel is ek eerder by Habakuk. “al sou die vyeboom nie bot nie...” Ek het egter nodig om hierdie woorde uit te spreek ter wille van myself.

Op pad het ek iewers my kredietkaart verloor. Dit was regtig ‘n terugslag, want sommige plekke werk die Capitec kaart nie vir betalings of trek van kontant nie. Daarna hoor ek dat die bank sisteem verander het en by die bank kom ek agter dat ek nou glad nie geld kan trek nie. Saam met die moeg wees van ry het ek angstig begin voel en negatief begin dink. Waar gaan ek nou geld kry om die werk te doen. Baie ander negatiewe gedagtes gaan dan deur mens se kop. Ek besef dat dit nou die tyd is om uit geloof te leef, maar ek kry dit nie reg nie. Tog kon ek staan op ‘n paar waarhede: U wil is beter as myne. U meet my nie aan wat ek reg kry en wat ek nie reg kry nie. Ek is wat U genade my maak. U Here is goed en ek kan U vertrou.

Bietjie later bel ek vir pastor João wat toe bereid is om geld aan my te leen vir die res van die trip en hy dink ek vra te min. Getuienis aksie reageer positief om die geld te leen en deur die sinodale rekening te stuur sodat hy terug betaal kan word. Ek slaap toe goed en vanmore het ek die bonus van baie beter voel en kan ek nou voluit voorberei vir die werk. Om vanuit die Here te leef is ‘n wonderlike ding en dit wat onmoontlik is vir my is by Hom moontlik.

Gister het ek Milange toe gery met die verwagting dat die werk dadelik gaan begin, maar dit is uitgestel na vandag. Ek ry vandag deur na Namitimba om more oggend vroeg te kan begin met toerusting daar.

PROGRAM MET GEBEDSPUNTE

8ste ry na Namitimba Ds João gaan saam soontoe.

9de toerusting in Namitimba – Bid vir die gemeente, want hulle leierskap het uitmekaar geval en almal is bang om voor te loop en dinge weer te organiseer. Bid vir die nuwe dominee Isladge wat hulle daarin moet begelei.

10de Erediens in Namitimba en laaste toerusting. Namiddag terug ry na Milange.

11de Ry na Entre Lagos. Van hier af ry ds Adolfo saam met my. Bid vir ons as span se werk. Dalk gaan ‘n ouderling ook saam.

12de Toerusting in Entre Lagos. Dit is ‘n nuwe kerkie, met geen agtergrond. Insette hier is so belangrik. Ons sal daar bly tot die aand wat ons skuif na die ander kerkie in Entre Lagos “Sanjika”

13de Toerusting in Sanjika. Die kerkie se leier is Meneer Gombe en hulle neem verantwoordelikheid van die twee kerkies van die gebied. Bid om te weet wat die volgende stap is vir hulle en hoe ons hulle kan dien daarmee.

14de Ry na Chiconono

15de Toerusting in Chiconono. Hulle is die afgelope tyd besoek deur Ds Johannes Aucamp van die Geref kerk wat hulle gehelp het met dissipelskap toerusting. Ons gaan egter meer kyk na die praktiese kerk wees en bid saam vir fyn aanvoeling.

16de Ry na Mavago en doen toerusting daar. Dit is ‘n wyk wat lank reeds bestaan, maar wat nog met heel basiese kerkwees besig is. Ander denominasies kom gewoonlik ook deelneem.

17de Erediens by Mavago en voortgaan met gesprekke.

18de Ry na Lichinga. Dit is ‘n nuwe jong gemeentetjie wat nog nie die grondslag van kerk verstaan nie. Bid vir reg hoor en vir die regte onderwerpe van gesprek.

19de Steeds Lichinga

20ste Ry na Malema: Dit is ‘n dorpie waar twee opgeleide ouderlinge vir ‘n maand lank geëvangeliseer het en ‘n paar gesinne belangstelling getoon het. Ons moet gaan kyk wat gebeur het sodat die opleiding van ouderlinge in die toekoms aangepas kan word. Bid, want daar is verkeerde verwagtinge van kerk wees, dat hulle die waarde van Christenskap kan beleef in nie materiële dinge.

21ste Malema

22ste ry na Molumbo

23ste Opleiding en voorbereiding vir bevestiging van dominee Adolfo daar. Die vorige dominee wou nie skuif uit die gemeente nie en op die ou end het hy weg geloop met die helfde van die gemeente. Ds Adolfo moet nou met die res weer van onder af ‘n gemeente bou. Bid vir wysheid om hulle te bemoedig. Ds Adolfo glo ek is die regte persoon om die gemeente weer te dien.

24ste Bevestiging van ds Adolfo in die gemeente en namiddag terugkeer na Milange.

25ste rus

26ste ry na Mocuba

27ste begin terug ry na RSA.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...