Volgers

13/09/2023

2023-09 Besoek aan Sanjika (Entre Lagos)

Weer het die Here alle planne verander. Gister aand het ons eers donker hier aangekom. Ons het kamp opgeslaan en paar mense gegroet en toe gaan slaap.
Vanmore patat gekry vir ontbyt en teen ag kon ons begin. Skoon gewas. 
Hier illustreer hulle 'n gelykenis. Die werkers wat op verskillende tye gehuur is en almal dieselfde betaling kry. Hier stry hulle met die eienaar. 

Ek het met my papiere vol geskryf in afwagting op die Here gesit. 
Ek vra toe of die gemeentetjie besig is om te groei of verloor dit energie of bly dit op dieselfde vlak. Die antwoord is dat dit op dieselfde vlak bly. Toe vra ek: "Wat keer dat daar groei is?" Die antwoord was 2 ledig. Eerstens omdat hier nie 'n dominee is nie en 2dens omdat die hiërargie onder leiers die groei belemmer. 
Skielik moes ek alles wat voorberei is los, want die gebrek aan 'n dominee behoort nie groei te stop nie. Die een ding lei tot die ander en toe ons kyk is dit middag ete en toe teen so 5uur nm moes ons mense kans gee om huis toe te gaan. 
Van die momente:
BAIE is bespreek oor die ontwikkeling van lidmate en kinders. Ek het 'n kind daar laat staan en gesê dat hy vir hulle vra hoe hy gered kan word. As hulle antwoord het ek soos 'n kind probeer dink. As hulle sê hy moet glo, dan vra die kind, "Oom, wat beteken dit om te glo" Waar hulle dam haak sit ek langs die kind op die grond en verduidelik kind se taal hoe hy kan weet daar is iemand wat hy nie kan sien nie en dat ons Hom kan vertrou ens. Omdat so baie ook vir groot mense onduidelik is, is baie tyd daaraan spandeer en word die "kind" begelei om tot sondebesef te kom. Te weet dat hy nie self uit die probleem kan kom nie en wie Jesus is en wat 'n wrede kruis en bloed beteken. Dan wat dit is om met die onsigbare God te praat en te weet Hy is daar en hoekom hy reg kry om te glo. Juis omdat die Here klaar van binne met hom praat ens. Dan hoe dit dan lei tot dankbaarheid en toewyding. 
Die gedeelte oor leierskap gepraat wat dit beteken om te dien en hoe seer dit is om jou trots en jouself prys te gee. Baie voorbeelde uit hulle kerk ervaring word gebruik. Die ontdekking dat almal gelyk is en ons mekaar dien was 'n wow oomblik. Dan het hulle ook die seer van jou begeertes prys gee verstaan en weet dat dit net kan gebeur as die Here dit deur ons doen. 
Ons oefen in om Bybel te lees dit te verduidelik aan vroue en ander totdat almal verstaan wat daar staan en dan saam te dink oor wat die Here daardeur vir ons wil sê. 
Die ander NB punt was gebed. Hoe erkentlik eerlik met die Here te praat oor goed wat ons nie reg kry en te vra wat Sy wil is. Ons wil nie net goed vra wat ons nodig het nie, ons wil Sy wil doen. 
Ons moes ook besluit wat ons vorentoe gaan doen as gemeentetjie. 
Nou ja, dit is net 'n opsomming, maar dit is hoekom die dag so kort gevoel het. 
More oggend vertrek ons na Chiconono. 
Bid vir Migrasie besoek in Lichinga, op pad na Chiconono. Daar is 'n vereiste met my paspoort wat ek nie kon nakom en ek bid dat hulle sal verstaan. 
Bid ook vir tyd saam in Chiconono, Mavago en Lichinga. Dit lyk asof ons nie Malema gaan besoek nie, want daar is 'n krisis met 'n dominee wat nou kort oorlede is se weduwee en ek moet help om haar te gaan haal waar sy is en na haar mense te vat. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...