Volgers
18/03/2023
2023-03-18 dagboek
17/03/2023
Stiltetyd Matt 15 Tradisie genade en potensiaal
Matt 15
Vers 1-9 gaan oor die tradisie teenoor ‘n verhouding of hart. Vereer die Here met lippe terwyl die hart ver van Hom is. Dan is hulle verering tevergeefs.
Dit is dus baie gevaarlik om die Here te vereer sonder dat jou hart naby Hom is.
Hier kan jy dus die tradisie oortree en steeds ‘n hart vir God hê.
Jesus wys daarop dat verering twv tradisie wel op die ou end afdwaal van die verhoudings soos God dit bepaal.
So kan mens dus goeie goed soos die 10 gebooie onderhou met steeds ‘n hart wat ver van God is en dit is dan baie gevaarlik.
Baie vinnig word ‘n godsdiens met ‘n hart wat ver van God is omgedraai in menslike leerstellinge want die regte basis is nie daar nie. Beskuldigings kom dus nou baie vinnig na vore soos die fariseers wat Jesus en die dissipels aanpraat. Jou manier van doen word jou fondasie vir jou hart, as jou hart nie naby God is nie.
Die goeie gewoonte om hande te was, word nou die handvatsel vir godsdienstige lewe en dus handvatsel vir Godsdiens en dus Godsdiens self. Al kan mens siek word daarvan, maak dit nie jou onrein voor God as jy reeds rein is in Christus.
Wat is die fondasie van my hart? Is dit dit wat ek doen of is dit die nabyheid van God deur Christus. Die genade wat ek ontvang het om naby Hom te wees ten spyte van vuil hande.
Noudat ek naby God is en dit my fondasie is, kan ek wel my hande was voor ek gaan eet en ander ook so leer. Dit is eers genade en dan doen.
My hart (vir die nuwe testament was jou hart die simbool van jou denke) is sonder God se nabyheid in Christus vol bose eie belang.
Jy kan nie self jou gedagtes verander nie. “Gee vir my ‘n rein hart o God” ook dat God die hart van klip moet uithaal en ‘n hart van vlees gee. Of as Romeine sê: Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dit gebeur as jou hart naby God is en dit gebeur deur Jesus wat na ons gekom het en die Gees wat later in die Handelinge uitgestort is en in ons kom woon het. Dit verander ons gedagtes. Genade gaan na gedagtes en gedagtes gaan na doen.
Doen sonder gedagtes en genade bring ons by mooi menslike tradisies wat mooi lyk maar baie vinnig oorgaan in oordeel en dit is misleiding en so mis jy God self.
Here ek aanvaar weer opnuut die verhouding wat U deur genade in Christus gee. Vergewe my waar ek op dade bou sonder die diep wete in die hart dat U teenwoordigheid deur Christus en die Gees die enigste basis is. Vergewe my oordele oor ander se dade. Vergewe dat ek vashou aan die mooi dinge wat ek doen in my eie lewe.
Die deel wat my aangespreek het was nou juis die volgende stuk oor die kananietiese vrou. Die nie Jood vrou wat om genade smeek. Jesus ignoreer haar en die dissipels wil dat Jesus haar weg stuur. Sy is nie ‘n Jood nie. Jesus verduidelik self dat Hy net gestuur is vir die huis van Israel.
Sy het aanhou smeek: “Here help my!”
Jesus vergelyk haar met ‘n hondjie en dat die huismense se kos nie vir hondjies gegooi word nie. (onthou dat ‘n hond ‘n onrein dier is).
Teen ALLE moontlikhede in pleit sy net vir die krummels wat van die tafel afval.
Nou prys Jesus haar geloof en verhoor haar smeking.
Die vrou het aanvaar sy is die hondjie en dat sy nie verdien om die kos te kry nie. Sy pleit vir die krummels ter wille van haar dogter. Dit is die realiteit vir haar. Sy is nie ‘n Jood nie en verdien niks.
Dit was die realiteit in die tyd van Jesus voor die kruis! Ek dink nie ons kan dit ontken nie. Onthou Jesus het toe hy die dissipels uitgestuur het hulle ook net gestuur na die Israeliete of Jode.
Vanuit die oogpunt dink ek ons as nie Jode vandag moet weet dat die genade op ons nog groter was as oor die Jode. Ons verdien nog minder, nie dat enige iemand iets kan verdien nie. Maar ons verdien nog minder as die Jode. Mense… verstaan ons genade?! Dat die kruis ons kinders van Abraham maak! Dat die Heilige Gees op heidene gekom het, waarvan ek een was! Dat iemand soos Paulus deur Jesus self aangestel is na die kruis na die heidene! Na my en jou as nie Jode!
Ek gaan nou nie in op hoe die verkiesing van die Jode deel is van God se plan nie. Ek verstaan dit ook nie alles nie, maar hierdie boodskap het my geraak. Sluit aan by bg. gebed.
Nou word vertel van genesing van baie siekes. Ons verstaan nou dat dit gedoen was aan Jode en baie min aan ander. Die koninkryk kom hierdeur. Verlamdes loop ens.
Toe ook die tweede vermeerdering van die voedsel na drie dae se honger. Ook hier het Jesus die mense “innig jammer gekry”.
Die boodskap is ook: Wat het julle? God se wiskunde werk so: Die bietjie wat ek het en deel plus Jesus = Genoeg + 7 mandjies vol wat oorbly. Ons moet dus nie net sit met ‘n gevoel van onvermoë en onkundigheid nie. Die grootste bydraes is dikwels nie materieël nie.
16/03/2023
Matt 14 Vrees en versorging
Johannes die doper se wrede dood.
Die koningshuis het Johannes gehaat want hy het hulle aangespreek. Hulle was versigtig want die volk het Johannes as 'n profeet gesien. Tog gebeur die ontstellende ding, Johannes se kop word vir Herodias se ma gebring.
Ons word nie gevrywaar van sulke aardse wreedhede ter wille van ons standpunte as gelowiges nie. In party lande meer as ander. Laat my dink aan die seuntjie wat sy verminkte en mishandelde pa in die tronk kom besoek. Hy het dit oorgekom agv sy geloof. Toe die seuntjie sy pa sien, toe sê hy: Pappa ek is so trots op jou.
Baie goed maak ons bang, maar as jy jou lewe gegee het, maak dit jou vry, want jy kan nie verloor wat jy reeds weg gegee het nie. Maklik gesê, want mens is nie daar nie. Maar dit is tog die rigting om te gaan.
Die stuk het my die meeste aangespreek van die hele hoofstuk.
Vermeerdering van die brood
Hier hoor Jesus die boodskap van Johannes se dood en gaan na 'n verlate plek. Ek aanvaar om die trauma te verwerk. Die skare volg Hom en ten spyte van eie trauma, doen Jesus 'n paar dinge.
1. Hy klim uit of kan seker sê, hy gaan na die mense.
2. Hy het hulle gesien. Hierdie sien is volgens my meer as fisies sien. Hy het hulle nood en verdwaaldheid gesien en al hulle behoeftes.
3. Hy het medelye en en het hulle jammer gekry ten spyte van sy eie trauma.
4. Hy het genees. Hy sou nie genees as Hy nie medelye gehad het bo sy eie trauma nie. Hy kon op die skare fokus ten spyte van homself. Hy kon ook nie medelye gehad het as Hy nie gesien het nie. Die Gees van God leer ons om dieper en meer te kan sien as wat die menslike oog kan sien. Verder kon Hy nie sien as hy nie uitgeklim of na hulle gegaan het nie. Ons mis dikwels die hele proses van lig bring vir mense net omdat ons nie met hulle te doen het nie.
Ek raak hopeloos te gou bang en ontsteld as dinge verkeerd gaan en sien dan nie die mense wat in daardie tyd op jou pad kom nie. In eie ontsteltenis sien mens soms makliker nood en lyding raak. Dit is nou as jy nie terug trek nie. Sommige boodskappe kom so sterk en duidelik deur juis daar waar ek swak en ontsteld is. Dit is dus 'n tyd om te kan gebruik. In jou eie stryd om vastigheid en intimiteit te soek as jy dit die nodigste het, help jy ander dikwels die maklikste en sien jy hulle nood ook die duidelikste.
Nog 'n ding wat vanmore vir my uitstaan is weer die feit dat die dissipels die nood sien van mense wat honger is en Jesus kies om vir hulle die onmoontlike opdrag te gee. "Gee julle vir hulle iets te ete." Wat 'n onmoontlike opdrag. Die dissipels gee toe maar vir Jesus wat hulle het. 5 Brode + 2 vissies + Jesus = genoeg kos vir meer as 5000 mense en 12 mandjies vol kos te veel.
Ek steek nog steeds bietjie vas vir die onmoontlike opdrag. Dit maak my onseker veral tussen 'n provinsie vol mense wat lyding en dood ervaar na 'n sikloon. Toe Jesus hulle jammer gekry het, het Hy hulle genees. Here gee dat ek nooit die menslik onmoontlike maak tot Goddelik onmoontlike nie, want dit is nie. Lei my want ek weet nie. Ek besluit om na mense te gaan met 'n Goddelike verwagting van genesing vir die nood wat U wil genees. Fisiese nood, maar ook dit wat meer oorsaaklik is as dit.
Hierna het Jesus sy afsonderingstyd gekry. Hy moes die dissipels dwing om weg te vaar sodat Hy Homself kan afsonder. Ek wonder in hoe 'n mate die afsondering met trauma oor Johannes se dood was en dat Hy in medelye met God moes praat oor nie net Sy eie trauma nie, maar die van mense saam met wie Hy lewe. In medelye met dissipels wat ook hieroor trauma sou moes beleef en selfs minder gerat was om dit te verwerk.
Jesus loop op die see.
Die dissipels se vrees was regtig rof. Hulle het geskreeu van angs toe hulle binne die storm die spook op die water gesien het. Wat vir my uitstaan is die omswaai in Petrus. Vanaf vrees na vertroue en waagmoed. Wow! watter transformasie. Gewoonlik laat vrees jou lam en soek jy al wat 'n sekuriteit op om dit te verwerk, maar nee, onmiddelik na die skreeu van vrees, klim hy uit die enigste menslike sekerheid wat hy gehad het naamlik die boot. Besef mens wat die teenwoordigheid van Jesus in ons maak! Ek moet baie hieroor dink, want aan die een kant dink ek dit is wat ek nodig het. Tog aan die ander kant het die Here my swak vrese gebruik om ander te kan verstaan. Die feit bly egter dat vertroue op Jesus so geweldige transformasie moontlik maak waar dit nodig is.
Vir Petrus was dit ook nodig om herinner te word aan sy kleingelowigheid en twyfel. Veral die woord twyfel praat met my, want ek moet erken dat dit soms deel is van my geloofs lewe. Soms kan ek nie verstaan dat ek getwyfel het nie en ander kere twyfel ek. Soms moet ek misluk en twyfel want dit bring my soms juis nader aan ander twyfelaars. Here dankie dat ek in twyfel en geloof in geloof kan groei en dat U my nie veroordeel nie.
Hierna, na Sy afsondering het Jesus soveel wonderwerke in Gennesaret gedoen! In al my gesukkel kan ek weer kyk na Hom wat vlees geword het en op 'n fisiese manier kom wys wie Hy vir die wêreld is en ek is deel van daardie wêreld. Tog is ek ook deel van Sy wêreld.
15/03/2023
stiltetyd Matt 13:44-58 koninkryk gedagtes
14/03/2023
Stiltetyd Matt 13:24-43 Koring en onkruid of Drabok
Geplant deur God
Matt13:24-43
VALS KORING
Die plant wat genoem word in die Bybel is
Drabok en dit is ‘n gras plant wat baie soos koring lyk. Ek glo ek het al die
gras gesien en dit maak ook ‘n aar soos koring.
Dit lyk asof Jesus verwys na die hele wêreld
vers 38. Sy koninkryk is die hele wêreld met koring en Drabok. Drabok word nie deur die Here gesaai nie.
Hier is dus twee soorte, Drabok en Koring. Ek
dink nie daar bestaan ‘n tussenin nie. Dit lê in die identiteit van elke plant.
Die feit dat dit soos koring lyk en maklik verwar kan word, laat my dink aan
kerkmense of goeie mense.
Die wonder is dat ek kan sien ek is as
gelowige deur God gesaai. My pa is die een wat my gesaai het. Ander wat dikwels
lyk soos Christene se pa is (vers 38) die bose. Die verskil is wesenlik, maar
menslik is dit nie onderskeibaar nie. Nie eers vir engele nie. Ek dink sommer
mense met slegte gewoontes, maar wat kinders van God is. Of goeie mense met
baie goeie lewe, wat Hom glad nie ken nie.
Wat wil God sê? Moet ek suspisieus wees oor
mense? Ek dink nie so nie, dalk wil Hy net sê dat ons nie ongeduldig moet raak
oor die bose se werk nie en moenie mense net oordeel nie. Daar kom ‘n tyd dat
Hy self dit sal doen. Ons taak is steeds om almal lief te hê en te dien.
Vers 41 wys daarop dat daar twee groepe mense
is by die Duiwel se werk. Die wat struikelblokke is en die wat wetteloosheid
bedryf. Ek dink die struikelblokke is die gevaarlikste, want dit is hulle wat
ek dink lyk soos christene maar hulle onopregtheid sit soekers na die koninkryk
af om verder te soek. Hulle dra die boodskap uit dat daar nie baie steek in
Christenskap nie. Hier is die struikelblokke die groeiende saad van die Duiwel,
maar is ek as gelowige nie ook soms ‘n struikelblok nie.
Skielik wil ek skreeu,
dat kindskap van God werklik die antwoord vir alles is. Jesus is die antwoord
en dit werk, maar skree en praat dra nie altyd die boodskap oor nie.
Ek moet in my
gebrokenheid altyd streef na opregtheid eerlikheid en integriteit sodat ek nie
‘n struikelblok sal wees nie. Dit vat baie intensionaliteit om daardie soort
eerlikheid te behou. Met so ‘n eerlikheid deur genade, is jou getuie nie jou pogings nie maar dit
wat in jou is wat mense aanspreek.
In die koninkryk is dit dus nie ons werk om
onderskeid te maak nie, maar net om ‘n getuie te wees.
Die gelykenis praat nie van Drabok wat Koring
word nie. Dit is wat mens graag sal wil sien. Die gelykenis is seker nie bedoel
om so ver te interpreteer nie.
Die kern van die gelykenis is wat? Dat die wêreld
God se koninkryk is en dat dit vol van die bose is en kinders van die Duiwel. My afleiding is dat ons dus nie deur die wêreld beïnvloed
moet word nie ons moet dit wat in ons sigbaar maak sodat deur ons die wêreld beïnvloed
sal word. Vir mede gelowiges vir groei en aanmoediging en vir die kinders van die
bose ‘n aantrekkingskrag tot vrede, verlossing en ‘n nuwe lewe.
Verder om nie te oordeel
nie. Dit is nie ons taak nie. Vir die wat wetteloos lewe help mens soos jy kan
en dit werk gewoonlik nie deur op hulle foute te wys nie. Deur ‘n aangename
geur te wees. Deur die waarheid van ‘n nuwe lewe sigbaar te maak. Deur die
Woord van God te wees, die blye boodskap ens. Soms is uitwys van foute nodig,
maar dit moet baie nederig, in liefde gedoen word met ‘n diep luister na mense.
Verder ‘n wete van eie gebrokenheid en afhanklikheid. Die luister is ook na die
mense, maar veral na God.
Die gelykenis is duidelik oor die Duiwel en
die bose. Dit is hy wat die sy kinders saai en soos sy aard is, maak Hy God se
kinders na. Hy het nie eie inisiatief.
Sommige wat soos koring lyk is nie koring nie.
Die regverdiges sal skyn soos die son. Ons
versprei die lig. Ons leef uit die bron van Jesus wat ons regverdigheid is. Ons
is veronderstel om lig te bring en dus verandering. Selfs hulle wat dink hulle
is akoring en dit nie is nie, sal deur die lewe van die regverdiges begin
agterkom dat daar fout is en dan getrek word na die waarheid.
Die stuk oor die boom en die suurdeeg, wys vir
my die krag van die koninkryk. Verder ook dat dit groei en versprei.
12/03/2023
Stiltetyd Matt 13:10-18 Siende blind horende doof
11/03/2023
Stiltetyd Matt 13 GELYKENIS VAN DIE SAAIER
Matt 13:1-9; 19-23
Jesus het langs die see gaan sit. Hy gaan na waar die mense beweeg. (bly nie in kerk geboue en strukture). Mense het daar na Hom gekom. Groot skare. Jesus was iemand wat mense getrek het. As Jesus in ons is, dan kom daar 'n magnetisme vir soekende mense. Soek mense wat Hom soek (dikwels sonder om te weet). Hoe is 'n mens wat die magnetisme het? Wat vertroue bou. (onveroordelend; luister intens; stel belang; het vrede en sekerheid; is lief vir wat reg is; het 'n antwoord op die hoop wat in hom is; erkentlik vir foute; hanteer kritiek en beledigings; vol liefde en medelye; eerlik) Om saaier te wees.
Ek hou my dikwels te eenkant en is nie daar waar mense (soekende) kan kom nie. Moet dalk vandag hier in die mark gaan sit en kyk wat gebeur. Het mos nou die tyd met die sikloon wat die program deurmekaar krap.
Jesus vertel stories en die leer oor saad.
SAAD: Dit is die woord oor die Koninkryk. Amper enige manier om effektief die kosbare koninkryk te kan kommunikeer. Gebasseer op God se waarhede in die Woord en geinspireer deur die Gees van God. Juis daarop gaan die woord seker altyd saam met gebed.
KONINKRYK: Kosbaar, Skat, Iets waarvoor ek alles prys gee, Het in Jesus by ons gekom, Waardevolste ooit. Nie net individueel.
WOORD: Bybel is natuurlik basis, maar in die oordra daarvan glo ek is dit nie noodwendig Bybelse woorde nie. Daar is vertalings interpretasies. Hier interpreteer Jesus weer die boodskap met 'n storie wat almal van daardie tyd verstaan. Dit is ook Lewe en identiteit.
Woord kan dood wees sonder inspirasie van die Gees.
Laat ek weer onthou hoe waardevol en alles oortreffend die koninkryk is! Ook hoe belangrik die saad is wat in my geplant is. Ook hoe kragtig dit is deur Sy Gees. Sigbaar making van God self.
LANGS DIE PAD
Weg pik. Seker alles wat die kosbaarheid van waarheid en dit waaroor die lewe gaan wegvat uit ons fokus en dus vinnig vergete laat. Nooit kans gee om wortel te skiet nie. Mens WOW maklik en dan dink mens weer oor ander goed. Wonder oor in die eredienste waar die boodskap en Jesus bewonder word, in die uitstap die prediker prys en sê dit was goed. Maar buite in 'n mileu instap, waar dit nie grond vat nie?
Dit vra fokus om die boodskap te ontvang, te laat groei en te vermenigvuldig in ander rondom my. Die doel is nie net jy nie, maar veral hulle rondom jou daar buite.
In wêreld met geweldig baie opervlakkige inligting en struwelinge om waar en vals te onderskei, is daar min diepte kommunikasie en word min tyd afgestaan aan refleksie en toepassing in 'n nuwe Lewe.
Ek gee baie aandag aan die programme en strukture wat veronderstel is om die Woord uit te dra, maar doen nie altyd regtig ontwikkeling van mense nie.
Ook te min aandag in ontwikkeling van die Woord in my. Refleksie en gebed vat intensie. Verder is ek nie altyd daar waar die saad nodig is nie. (langs die see).
TUSSEN ROTSE
Saad word teengestaan. Dus word saaier teengestaan. Verdrukking Vervolging agv die Woord. Verdrukking en vervolging help jou om dood te gaan, maar ek wil nie dood gaan nie, Ek ervaar die vreugde van die boodskap en die bevryding wat dit bring. Moet tog net nie vra dat ek moet dood gaan daarvoor nie. In Joodse tyd was dit juis die kerk wat volgelinge van Jesus vervolg en verdruk het. (Soos Saulus voor hy Paulus geword het). Kritiek van kerk is moeilik om te verwerk. Kerk struktuur wat mooi bedoel word, is soms beperkend juis om beheerbaarheid te behou en chaos te vermy. Nuwe inisiatiewe wat grense uitdaag word dus nie aangemoedig en ondersteun en word dus as weerstand ervaar vir nuwe inisiatiewe. In vervolgde lande is vervolging natuurlik op 'n heel ander vlak. Keuses is dikwels om die dood in die gesig te staar ter wille van die koninkryk.
Besluite wat jy met mede gelowiges deel(verantwoordbaarheid), is 'n goeie instrument in die proses.
Ek self wat hou daarvan om mense se goedkeuring weg te dra. Sukkel baie as mense my verwerp. Ek moet groei daarin dat die belewenis van wat belangrik is groter sal wees as die belewenis van verwerping.
DORINGS
Bekommernisse, verleiding en Rykdom. Soms word kerk gebou en nie koninkryk. My regte en begeertes soos in Fil 2:3 Jy begin die gemeente om die koninkryk te dien, maar sukkel so om die gemeente te bou dat die koninkryk nie na regte gedien word nie. Die uitdagings word die vyande en dan sien mens nie dat dit juis die uitdagings is wat die pad oopmaak vir die evangelie nie.
Dikwels word verkeers polisie wat omkoop geld vra en grensposte wat spanninge bring of selfs weer wat programme deurmekaar krap, die vyand. Here help my altyd deur U oë te kan sien.
GOEIE GROND
Woord hoor en begryp. Dit gebeur deur die inspirasie van die Heilige Gees. Lewe deur die Gees. Ons is maar net die grond. (Dink jouself in as eers 'n saaier, dan as saadkorrel wat moet sterf, en dan as die grond. (Dit gaan dikwels nie oor die vermyding van voëls, rotse en dorings nie, maar oor die fokus op die saad en die koninkryk). Hoe sterk is my koninkryks motivering. Die leemtes in die motivering se antwoord dink ek lê in die "Soek" van Sy koninkryk. Dink daaroor, oorweeg wat waar is en wat nie. Waarvoor wil ek my lewe aflê? As die motivering deur Sy Gees geskep word, dan is die voëls, rotse en dorings nie meer faktore nie.
Almal produseer ook nie dieselfde nie. 100, 60 of 30 voudig. Die Here bepaal dit seker. Dalk is dit so dat hoe meer dit is, hoe meer sal die weerstand ook wees.
Voëls, rotse en dorings het te groot invloed op my lewe. Ek bid vir 'n herbevesting van die waarde van die koninkryk sodat die dood kan volg en daaruit die nuwe lewe wat mense aantrek na U toe.
Naasteliefde in waarheid
Wat is die kenmerk van 'n gelowige? In Matt 25 word dit duidelik dat optrede teenoor jou naaste, die vrugte is wat 'n gelowige op...
-
As sommige mense bid “Bewaar my, o God,” bedoel hulle eintlik “preserveer my.” Om kos te preserveer is om dit vars te hou tot die vervalda...
-
My visit to Marlow in the United Kingdom was a very busy time and I would like to give you a glimpse in some of the activities I participate...
-
Ek en ds Nunes van Gurue vertrek op ons motorfietsies vanaf Murara, wat op die kaart as ‘n kerkie regs bo naby Malema aangedui is. Dit is al...


