Volgers

04/04/2017

Goedhartigheid

Hierdie woord in Grieks beteken om 'n goeie aanvoeling te hê oor wat om in elke omstandighede te doen. Dit wat goed en reg is. Goed en reg is nie altyd lekker en gemaklik nie. God laat soms toe dat ons swaarkry, want Hy is goed en weet wat goed is vir ons.
Die ander ding van goedhartigheid is dat dit baie onselfsugtig is, want as jy wil weet wat goed is vir 'n ander dan moet jy baie fyn luister en ingestel wees op die ander se behoeftes, gevoelens, vrese en wat vir daardie omstandighede goed sal wees.
Daar is ook 'n wederkerigheid in goedhartigheid, want dit gebeur in groepe net soveel as wat dit oor die individu gaan. 'n Familie of geloofs gemeenskap is goedhartig teenoor mekaar. Daar is dus 'n bewustheid van wat is goed vir die groep, want wat goed is vir die groep is ook goed vir die individu.
Goedheid gaan gepaard met baie opoffering, selfs vernedering.
Goedhartigheid is 'n manier van dink en vra baie konsentrasie en luister vermoeëns. Menswees wat genoeg dissipline ingeoefen het dat eie drange en gevoelens weg geskuif kan word ter wille van die groep. Jyself is natuurlik ook belangrik en daaraan moet ook aandag gegee word wanneer dit goed is om dit te doen, maar 'n goedhartige mens weet wanneer dit goed is om van jouself ook te kan vergeet wanneer dit deur die groep of omstandighede nodig is om dit te doen. Wanneer dit goed is om dit te doen.

07/03/2017

Maart 2017 Besoek program

Date
Description
18-19 March
Go to Pretoria talk to Hein about Americans
20-21 March
Go to Blantyre and sleep over
22 March
Travel to Milange
23 March
Rest orientation meeting
24 March
Drive to Chionono may be sleep in Muembe
25 March
Visit Muembe for the day. Do some visits in town. Sleep Chiconono
26 March
Visit Mavago and sleep over in Mavago
27 March
Afternoon drive back to Chiconono
28 March
Visit Chiconono
29 March
Drive to Muapula and sleep there
30 March
Visit Muapula and sleep over
31 March
Drive to Entre Lagos and sleep over there
1 April
Visit Entre Lagos and sleep over.
2 April
Drive to Milange
3 April
Keep one day to stay over an extra day where necessary
4 April
Rest
5 April
Meeting with Executive of synod
6-7 April
Meeting with synodical committee
8-12 April
Youth conference or visit to an congregation
13-15 April
May be meeting with FEBA radio
16-19 April
Drive back to Cape Town.

29/01/2017

Christian transformation of communities in Asia

Ek deel hierdie graag, want dit praat oor dieselfde goed wat ook in Handevat se visie is vir Noord-Oos Mosambiek 

SE Asia Today
More recently, a ministry we are connected with that serves in SE Asia has seen similar results.[5] In 2005, Tai Ping village was a typical poor rural community: everyone was hungry most of the time, the houses had dirt floors and mud walls. There were no latrines. People rarely washed. Few children went to school. The people were sick, hungry, and illiterate. Most importantly, they suffered from spiritual poverty. They had a saving faith in Christ, but no knowledge of a divine plan for their lives.
Through a simple training program the people learned that Jesus died not only so they could go to heaven, but also to reconcile and restore all things (Colossians 1:19-20; Revelation 21:5). They learned that God’s plan is for them to grow mentally, physically, spiritually, and socially (Luke 2:52), that God had given them resources and abilities He wanted them to use to show His love to others. They began to help those in need with food or simple gifts.
SE Asia church served neighborsThey plowed and harvested fields for the sick. They built houses for widows and orphans. They built roads to their farming areas. Farmers could grow enough rice to feed their families and to sell. Their income increased 5 to 10 times. Eventually they even built a bridge. The government was so impressed they invited the local TV station to film a news story on the church.
Eventually, the government built a school for the community as a reward for all their hard work. Now, all their children attend through high school, and for the first time ever, a number of children are attending university.
The church learned that God gave them their bodies, thus physical health mattered to God. They learned hygiene and the treatment for common illnesses. The community’s health began to transform. Neighbors saw the health of the church members improve and began to do imitate their practices. Soon, everyone in the community was using a latrine, washing before eating and cleaning their homes. Every household began gardening and eating vegetables. Today people are rarely sick. Children no longer die from diarrhea.
They learned what Scripture says about the roles of husbands and wives. They stopped beating their wives and began to show them love. Wives learn to treat their husbands with respect, and parents to show affection to their children.
People in the community became more receptive to the Gospel and the church itself was transformed. Now 90% of the community (about 700 people) profess faith in Christ, attend church, and tithe regularly. About 80% of church members actively participate in acts of service.
Similar stories could be told of many communities in the region. In fact, at least 50 communities have testified, “We no longer have poverty. We want to go to other villages and bring these truths to them.”
~
I believe change is coming. I have traveled the world, engaging with churches and Christian communities, for almost 40 years. As I meet with local church leaders they increasingly recognize that the influence of their gospel proclamation is not having the expected results on their people, communities and nations. They are hungry for answers and are finding them as they begin to emphasize obedience to Jesus teachings.
Maybe it’s time for a humble and prayerful global consideration of this issue!
Bob Moffit

04/12/2016

Handevat, Gedagtes oor die toekoms

Liewe betrokkene

So teen die einde van die jaar, deel ek graag die gedagtes met julle:

BESOEKE AAN SENDING GEBIEDE
Ds Joao Herbarth, skryf 'n brief om my te herinner aan ons gesprekke oor die toekoms. Ons sien die waarde daarvan indien die sinode sendinggebiede van die Tumbine sinode meer gereeld besoek. Die voorstel is dat Handevat 'n voertuig moet aanskaf in Mosambiek om jeug en ander leiers meer saam te kan vat na die plekke. Die sinode moet steeds hulle eie voertuig ook gebruik en onderhou vir die nader gebiede, want dit is makliker vir hulle om gemeentes toe te rus sodat hulle deur bydraes self die kostes van so 'n voertuig kan dra. Vir die sinode om die verder gebiede te besoek, is nog te groot stap vorentoe op die stadium. Daar moet nog vir seker nog ten minste nog 6 jaar gebou word aan die rentmeesterskap van die sinode voordat die sinode daardie verantwoordelikheid kan oorneem. Vir hierdie oorgangstyd is dit nodig om hande te vat en saam te werk. Ek begin dus dink daaraan om 'n fonds te bou vir die aankoop van 'n Japanese voertuig in Mosambiek. Ons is aan die gesels daaroor.
'n Ander manier is om 'n dubbelkajuit bakkie in Johannesburg te hou by van die vriende wat ek daar het. Daarvandaan is dit net twee dae se ry na Milange ipv vier. Met die opsie, sal ek egter ook moet werk aan groter inkomstes. Joao, lag vir my as ek so praat, want sy redenasie is dat as die Here dit wil hê, dan sal Hy voorsien. Ek moet my nie daardeur laat beperk nie. 'n Ander voordeel van die opsie is dat ek graag meer moeite wil doen om mense saam te vat na Mosambiek en op die manier kan dit makliker plaasvind. Dit is regtig 'n baie sinvolle manier om in te bou in mense se lewens. Mense word vir altyd verander deur sulke besoeke. Verder kan mens ook meer gereeld vir sendelinge help om voorraad op te vat of af te bring. (Nou oortuig ek myself al amper).
Ek self hoop om nog tot op 70 jarige ouderdom voort te gaan met die werk as die Here so wil en die kragte hou. Dit is baie veeleisend, so mens moet maar kyk. As die Here iemand anders wil stuur vir opvolg, dan is dit ook sy wil, dit bly egter altyd belangrik dat bemagtiging van Mosambiekers, soveel moontlik nagestreef moet word.

NUWE DAGBESTUUR VAN DIE SINODE
Die nuwe leiers van Tumbine vir die volgende twee jaar, het meer aandag nodig as die vorige leiers. Ek moet defnitief my werk aanpas daarby om baie tyd by hulle te spandeer.

FINANSIES EN MOONTLIKE POS IN 'N GEMEENTE
As daar oor finansies gepraat word, is daar 'n groot dankbaarheid vir hoe die Here sorg. Vir soveel jaar het Hy self die deure vir die werk oopgemaak en baie mense maak groot opofferings daarvoor. Die inkomstes maak die werk moontlik en kry ek sonder onderbreking 'n salaris met medies en Pensioen. Ons het die pensioen bydraes verminder tot 'n baie laer kerf om dit volhoubaar te maak. Ek is een van die sendelinge wat die beste versorg word op finansiele gebied. Dit dek egter ook nie meer die bedieningskostes nie en daar is ook nie jaarlikse inflasie groei nie. Die drie of vier keer wat ek Mosambiek toe gaan word dikwels twee daarvan op eie kostes gedra. Ons strewe dus vorentoe om eerstens die bedieningskostes te dek en daarna te dink aan inflasie aanpassings. Een van die gedagtes is om te kyk na 'n gemeente wat graag wil groei in sending, en weens die afskaling in gemeentes nie meer 'n tweede of derde leraar kan bekostig nie, maar dalk 'n kwart pos kan dra. Om dan met hulle te gaan gesels en dalk kan ons mekaar so help. Ek sal dan graag wil fokus op die gemeente se betrokkenheid in hulle gemeenskap en praktiese opleiding in uitreik, veral as die gemeente reeds 'n betrokkenheid het in Mosambiek. Ek is lief vir Mosambiek, maar werk graag met enige mense wat op enige manier in hulle praktiese roeping vir die wêreld wil groei. Ek gaan baie hard aan myself moet werk om in te pas in gewone artikel 9 take in 'n gemeente en sal nie my potensiaal so kan uitleef nie.

AMERIKAANSE GROEP
'n Interesante verwikkeling is dat in 2017 ek gevra is om 'n groep Amerikaanse jongmense vir 'n maand Mosambiek toe te vat.

RADIOWERK
Nog 'n verwikkeling wat die werk kan beinvloed, is dat radio FEBA hulleself bereid verklaar het om in vennootskap met die Tumbine sinode te gaan vir die radiostasie op Chiconono. Dit klink baie goed, maar dan sal ek defnitief redelik tyd moet spandeer in die fasilitering van die verhouding. Dit is ook vir radio Feba 'n nuwe ondervinding om op die vlak met 'n plaaslike kerk in 'n vennootskap te gaan. Dit is 'n jong kerk en die leiers het baie min ondervinding van sulke vennootskappe.

CHRISTENSKAP OP DIE GROND
Daar is ook die fokus van Handevat om daar waar die status en mag op sy minimum is, saam in 'n verhouding God se wil en hart te leer ken en in gehoorsaamheid daarop te reageer. Dit gebeur dikwels minder in offisiele vergaderinge as in huise en op die grond in gemeentes. Hierdie fokus wil Handevat nie verwaarloos nie.

KOM GESELS SAAM
Ek gaan binnekort weer 'n paar mense bymekaar roep om oor die sake te gesels. Indien enige iemand voel hy of sy wil deel daarvan wees, kontak my asb en ek sit jou dan ook op die uitnodigingslys. Hoop om 'n paar meer mense te sien.

Ek wil verder almal wat die stukkie lees vra om jou gedagtes, maak nie saak wat dit is nie, in kommentaar (comments) by te voeg.
Dit is goed  om die Here te dien.

03/12/2016

Wes-Kaap regering praat met religieuse leiers

Wes-Kaap regering praat oor samewerking met Religieuse instellings

As Handevat bediening het ek gereageer op die regering se uitnodiging om die byeenkoms by te woon en deel ek dit graag met julle.
Gelukkig ry ek met die motorfiets en hoef ek nie parkering te soek in die besige stad nie. Met navraag word ek verwys na die 6de vloer van die Burger sentrum in die raadsaal. Die saal word gevul met ‘n paar honderd leiers van religieuse instansies. Sommige is tradisionele leiers wat openlik in gesprekke hulle vertroue op die voorvaders plaas. Dan is daar Moslem leiers, leiers van tradisionele inheemse kerke en dan ook die hoofstroom christelike kerke se verteenwoordigers. Vir die NGK kon ek buiten myself, net vir Ds Leon van Badisa daar opspoor.
Ons sit in sulke stoele wat kan draai met ‘n mikrofoon en luidspreker voor jou met ‘n paar knoppies. As jy wil praat druk jy net die mikrofoon knoppie en die rooi liggie gaan aan op jou mikrofoon en dan hoor almal jou.
Die byeenkoms se doel is om die nuwe “desk” (weet nie hoe om dit te vertaal nie) naamlik religieuse “desk” bekend te stel. Die “desk” is nog in ‘n begin stadium, maar hulle het reeds ‘n lys van doelwitte, alhoewel dit nog verfyn en aangepas moet word.
Ons raadslid Susan Little, word die eerste geleentheid gegee om met die leiers te gesels. Daar word vir 2 ure lank vrae uit die gehoor beantwoord en die fasiliteerder, Brian Ford, verteenwoordig 'n baie hulpvaardige regering wat samewerking soek. Alle vrae word geantwoord of verwys. Daar word gesukkel om weg te kom van die saak ook grond. Baie kerke en organisasies soek grond vir hulle byeenkomste en daar is te min beskikbaar. Daar is te veel aansoeke en Brian verduidelik mooi die uitdagings van die proses. Ek wil graag die opmerking maak dat, ek bekommerd is oor die gehalte van leierskap wat tydens die vergadering na vore gekom het. Die NGK is volgens my nodig vir die gesprekke, want ons het waardes wat hier baie nodig is om in die Wes-Kaap 'n verskil te maak. Mense, die uitdagings is geweldig groot!
Behalwe vir die bekendstelling van die religieuse “desk” is daar twee vrae op die tafel gesit: Hoe kan die regering die religieuse instellinge beter ondersteun en tweedens hoe kan die religieuse instellinge die regering kan bystaan.
Ek wil graag Raadslid Little se toespraak met julle deel. Ek gaan dit nie te veel struktureer nie, want sy het meer haar hart gedeel as om dit goed te organiseer en ek gee dit deur soos ek dit neergeskryf het.
Haar definisie van kerk, is mense wat in die eerste plek die mees kwesbare mense in die samelewing dien. Dit resoneer met my, want dit is ook my hart. Sy het al die organisasies uitgedaag om minder op hulle eie sake en groei geld en besittings te konsentreer en meer op die behoeftes van die samelewing. Sy reken dat sy dit kan sê, want feitlik alle navrae wat hulle as regering kry van religieuse organisasies, is in die eerste plek oor grond en klagtes. Sy het nog feitlik geen organisasies gekry wat bekommernisse oor die gemeenskap kom deel het. Sy daag hulle uit om nie grond te soek vir hulle eie belang nie, maar om die gemeenskap te dien en sy wil dit graag in die praktyk sien. Hulle wil nie meer grond gee aan organisasies wat geen verskil in hulle gemeenskappe maak nie.
Sy soek tekens van liefde vir die gemeenskap, want die probleem is nie dwelms, tiener swangerskappe en bendes nie. Hierdie is maar net die simptome, want die groot probleem is gebroke families. Sy daag ons uit om betrokke te raak by mense. Alcohol word gesien as 'n groter probleem as dwelms, maar mense praat dikwels meer oor dwelms. RSA het die hoogste uitval van kinders in die primêre skole in die wêreld en die probleem is mammas wat drink.
Sy daag ook leierskap uit, want mans vervul nie meer die leierskap rol nie, families kan nie voort gaan soos dit nou is nie. Ons vaar BAIE sleg wat huishoudelike geweld betref. Dit is die hoof rede van mense wat op die straat beland. Daar is 7000 straat bewoners in die Wes-Kaap. Negentig present van vroue op die straat is verkrag voor die ouderdom van 5 jaar.
Een van die uitdagings is om nie net te praat, optogte te reel en te preek nie, maar om betrokke te raak by mense. Die regering het in die gebroke gemeenskap hopeloos te min sosiale werkers. Kan daar nie meer mense wees wat mens kan aanneem en versorg nie. As daar maar 'n sosiale werker kon wees vir elke gesin.
Sy daag ons uit om in ons gemeenskappe die mees kwesbaarste mense op te spoor en met hulle as regering daaroor te kom praat. As elke gelowige maar net vir een persoon kan omgee en betrokke kan raak by een persoon, dan gaan ons gemeenskap verander.
Sy sê dankie vir baie voedings skemas, maar wys daarop dat dit op sigself meer skade doen as goed. Op die manier word mense afhanklik op die wat die kos voorsien en dit is 'n bose kringloop en daarom verkeerd. Leer eerder verstaan hoe lyk lewe op die straat. Daar is organisasies wat persoonlike verhoudings met mense aanknoop en hulle leer ken en dan oor tyd met hulle werk. Mense word aangeneem en 'n pad met hulle geloop. Ons moet mense begelei om effektiewe aanneem ouers te word.
Alhoewel sy dit meer diplomaties gesê het, het sy religieuse organisasies gekritiseer wat uit eie belang te so groot waarde aan geld en posisie heg, dat hulle dit nie reg kry om dit af te gee nie en so raak hulle heeltemal oneffektief in hulle roeping. Ons moet dit teenwerk. Hierdie is dan juis een van die redes hoekom ek dink ons ook by ander kerke betrokke moet raak. Ons het regtig waardes en leierskap eienskappe wat ander kan help groei!
Sy het gevra dat die religieuse instellinge hulle distriks kantore sal kontak om in gesprek met mekaar te tree en praatjies te lewer oor uitdagings, veral met betrekking tot die mees kwesbare mense. Ons weet dat daar mense van so jonk as 17 jaar oud is wat soveel keer verkrag is dat dit nie meer getel word nie, maar ons is nie sonder hoop nie. Sy doen 'n ernstige beroep aan almal om te bid. Bid vir die shebeens en ander afbrekende plekke en sisteme in die gemeenskap.
Ons word almal uitgenooi om meer hande te vat met die regering. Die fasiliteerder Brian Ford het ons uitgenooi om hom self te kontak indien ons verder wil gesels en hy sal self betrokke raak of verwys. Sy epos is brian.ford@capetown.gov.za


Groete

04/07/2016

Deel van uitreik Julie 2016

Oog uitreik

Met ons terugkom uit Niassa provinsie, kry ons die oog uitreik se span aan die werk in Milange. Dit is regtig 'n besonderse groep mense. Oom Chris is op sy ouderdom nog 'n ware staatmaker en ons leer baie deur sy toegewydheid. Johan Eloff is baie kundig en ek dink sy grootste boodskap vir die gemeenskap is sy omgee. 

Daar daag mense op wat nie gehelp kan word nie en hulle is so teleurgesteld dat die ma se trane loop. Johan en oom Chris kom sit by hulle en deel hulle teleurstelling en bid saam. Dit is daardie omgee, wat die hoof boodskap van die uitreik kommunikeer. Dit is onmoontlik om die rimpel effek daarvan oor jare te kan bepaal, maar dit moet groot wees. Liefde is die hart van ons boodskap.
Ons gesels daaroor dat die kerk kan help om mense op te lei wat pasiente in die tyd kan help met verblyf, kos vrienskap gebede en geestelike begeleiding. Hier is 'n groot geleentheid om Christenskap aan mense te verduidelik.
Die span kon nog nie met die eerste uitreik regkry om te opereer op katerakke nie, maar in die klinieke word reeds groot werk gedoen. Ons hoor van 'n kind wat nie kan sien nie, aanvangklike toetse kon nie die probleem identifiseer nie. Op die ou end word ontdek dat die kind se oë 'n -12 lesing het wat met sterk lense opgelos kan word. Toe die regte sterkte lense voor die kind se oë gehou word, kom daar skielik 'n glimlag oor sy gesig. Die vreugde ken geen perke.



Met sulke ervaringe kan mense baie gehelp word om te verstaan dat die dit die goedheid van God is wat deurbreek en kan dit 'n lewensveranderende geleentheid word. Om die rede is dit belangrik dat die kerk en plaaslike mede gelowiges mense help. Ons gesels dus om vorentoe vanuit die kerk 'n goeie beplanning en samewerking as vennoot te bou.

Ongeluk in Malawi

Anna, die dokter Freek se vrou, kom vra hulp nadat Freek in Malawi iemand raak gery het en langs die pad in 'n sloot beland het. Ons gryp vinnig paspoorte en navigeer so vinnig moontlik oor die grens. Kommunikasis is sleg maar ons hoor dat hy ok is, maar die man wat raak gery is dit nie gemaak het nie. Ons kry vir Freek langs die pad. Ek pas die voertuig op en hulle is weg na die polisie om te begin met verklarings. Die polisie is baie behulpsaam en help baie. Die grens sluit en op die ou end laat die polisie vir Freek toe om iewers te gaan oorslaap. Ons slaap oor in 'n Lodge en die volgende more gaan ons voort met die proses. Kry later 'n persoon uit Blantyre om die voertuig te kom laai. Die spanning loop maar hoog, want ons weet nie wat kan gebeur nie en die prosesse in Afrika is so anders as waaraan ons in die weste gewoond is. Freek hulle maak ook 'n bydrae aan die familie van die oorledene en dit help toe baie in die onderhandelinge. Die gesindheid is egter goed en baie help ons raad gee. Die polisie laat toe dat Freek saam teruggaan om by die huis in Milange oor te slaap. Ons word net aangesê om die volgende oggend te kom vir die hofsaak. (Op die ou end sou dit nie so vinnig kan plaasvind nie).
Die oggend ry ek Freek en Anna weer na die polisie in Mulanje, ons bid saam vir uitkoms en rigting. Ons gaan saam met die polisie na die toneel waar opmetings gedoen word en toe ons weer stilhou in Mulanje polisiestasie, sien ons daar is 'n Mosambiekse voertuig. By die deur loop ons ons vas teen die hoof van polisie van Zambezia provinsie in Mosambiek. Hy en Freek is goeie vriende. Dink net wat die kanse is dat hulle presies op die regte tyd mekaar daar kan raakloop!! Hy vra wat aangaan en Freek vertel hom. Hy gaan toe na die polisiehoof van Mulanje en vra hom hoe ons sy viend die dokter kan help. Dit sit 'n proses aan die gang waar die hoof van polisie in Mulanje ingryp en direk vir die beamptes betrokke vra hoe gehelp kan word. Twintig minute later ry ons daar weg terug Milange toe en kan Freek wag tot Vrydag en dan hoef hy net in te bel om te bevestig waar die proses is. Ons glo regtig dat die proses nou met 'n verskyning in die hof en 'n boete afgehandel sal word.

Strand Gereformeerde kerk uitreik

Ek kom betyds by die huis om saam met Kim (Hollandse vrou wat betrokke is by mediese werk saam met die kerk), grens toe te ry en die span van Strand Geref kerk te ontvang. Hulle vlieg op tot by Blantyre en daarvandaan druk hulle styf in taxi sedan voertuig tot by die grens waar ons vir hulle wag. Ons slaap oor en die volgende oggend ry ons met 'n ouderling se kar na Mocuba met myself op Bileam tot in Mocuba. Hier doen ons inkopies en bly oor by Bernadette. Elbe se een tas, bly egter agter in Johannesburg en sy moes die ongemak daarvan hanteer. Die planne is gemaak en die uitreik gaan aan soos beplan.

Die volgende oggend is die konvooi van motorfiets en voertuig en Benjamin op 'n taxi weg na Magodane. Ons word deur 'n groot klomp mense ontvang, ongeveer 70 mense. Ds Walize help om baie diep te gesels oor tradisies en kultuur en Christenskap met die leiers. Die vroue doen die storie van Moses se ma en die planne en moed wat sy aan die dag gelê het om Moses in die mandjie weg te steek. Die jeugleiers doen ook baie goed deur meer fasiliteerders vir Sondagskool op te lei. Die aand se Jesusfilm werk ook baie goed, want ek dink dit was die eerste keer dat dit in die plaaslike taal vertoon is. Die reaksie was baie goed, en mens wonder oor hoeveel harte geraak word. Handevat se projektortjie werk goed op omsetter van voertuig se battery!

Die hele proses word die volgende dag in Malega wyksgemeente herhaal. Die storie vir die vroue is oor die ma van Samuel se hartseer en smeking vir 'n kind en hoe die Here voorsien het. Dit maak baie geleenthede oop en ons gesels oor baie seerkry en vertroue op die Here. Om te weet dat hy teenwoordig is en hoe die vroue mekaar kan aanmoedig en God so verteenwoordig vir mekaar. Daar is ook 'n opgewondenheid by die ander gesprekke.
Ons herhaal die program die derde dag in 'n ander wyksgemeente en hier is mense baie oop en opgewonde. Ons verlaat hulle die middag en ry terug na Mocuba.
Ds Dinant preek in Mocuba tydens die erediens en ons verdeel in groepe om die opleiding ook hier te doen. Hier wys ons nie die film nie, want dit moeilik om dit in die dorp te doen en dit is verder wel bekend in die dorp.

Vandag (Maandag) vat ons vir Felixardo na die hospitaal met 'n tand wat erg pyn. Verder beplan ons om huisbesoek te doen in die dorp voor ons more vertrek na Lugela. In Lugela gaan ons by Lugela self werk asook Tacuane. Bid saam met ons dat ons entoesiasme nie sal kwyn nie en dat mense deur die Here geraak sal word.

12/12/2015

Is daar 'n doel vir my en jou as christen?

Ek lees in die "TIME" tydskrif dat Angela Merkel die persoon van die jaar is. Op die kortlys is die nommer twee Abu Bakr alBaghdadi (die leier van ISIS) en die derde persoon is Donald Trump. 
Mens begin onwillekeurig wonder wat die motivering is om die mense so te vereer as persoon van 2015. Die antwoord wat ek vermoed is dat daar geen keuses vir waardes gemaak word nie. Die persoon se invloed kan dus positief of negatief wees. Daar word nie meer deur "TIME" vir enige waarde gestaan nie. Die enigste waarde lyk my, wat al sterker word, is dat daar nie waarhede of waardes is nie.
In Afrika, lyk dit vir my, is waardes weer 'n baie sterk beweging, maar dikwels is dit ook waardes wat negatiewe gevolge het. Ek het nie gehoor wie die navorsing gedoen het nie, maar ek verstaan vanuit radio gesprekke op RSG, dat navorsing sê dat 1 uit 10 Suid-Afrikaners glo dat omkopery 'n goeie waarde is.
Dit is ook nie 'n mooi prentjie as ek so objektief moontlik kyk na die afdanking van Nene deur Zuma nie. Daar is baie waardes, of gebrek aan, hier op die spel. Waardes oor geld, mag, patriotisme, ens. 
Waardes word natuurlik gevorm en gedra deur geloof en die God van die geloof. 
Die kerk het ook 'n uitdaging om waardes wat geleef word en waardes wat verkondig word bymekaar te bring. Ek praat nou nie van die paar geloofshelde wat daar is nie, want hulle bestaan en is 'n ongelooflike inspirasie. Ek praat in die algemeen van ons gemeenskappe. 
God self is besig om ons as Christene (Sy kerk) te gebruik om die wêreld se waardes te help vorm, sodat regerings beter regeer, besighede beter diens lewer, en God se koninkryk al meer sal kom. In die moderne wêreld moet ons as kerk werklik ons identiteit en werkswyses weer ondersoek, want ons invloed is nie wat dit kan wees nie. Soos ek verstaan, is die potensiaal ongelooflik groot indien elke christen begin om vanuit sy leefwêreld te leef vanuit wie God hom of haar gemaak het. 

Ek sien dit so:
Ons lewe as christene saam met God, is ons realiteit. Hy bestaan, Hy vergewe. Hy aanvaar my. Hy gee waarde ens. Persoonlike intieme verhouding met God deur geloof. ONGELOOFLIK. Dit verander my hopelose niemand wees lewe in 'n hoopvolle, waardevolle lewe al wil die wêreld my iets anders vertel. God het my lief.
Hierdie geloof gee aan my vaste waardes in kontras met die wêreld se weg beweeg van waardes. 
Die geloof en waardes bring my in aksie. Ons glo in harde eerlike werk, opoffering en soveel meer. Dit is 'n oorwinnende, hoopvolle en vervullende pad ten spyte van swaarkry pyn teleurstellings en fisiese dood. Ons kies om die moeiliker pad te loop. Dit is dus nie wetties nie, maar gedryf vanuit prysgewende liefde en omgee. 

Wat is die gevolg van gelowiges wat saamkom as kerk:(hierdie is volgens my ook 'n manier om ons geloofsgemeenskap weer te evalueer).
  • Ek sou sê die intieme saam wees waar ons mekaar aanmoedig om anders as die wêreld te wees. Baie kry swaar en dikwels as gevolg van hulle geloof.  Lewens word gedeel, elkeen het 'n plek en word gehoor en gesien.
In hoe 'n mate moet ons groei om dit waar te maak vir elke lidmaat?
  • Christene bring eenheid waar soveel invloede verdeeldheid bring. 
In hoe 'n mater bring ons diverse gemeenskappe bymekaar? Diversiteit in eenheid.
  • Christene bring waardes na die gemeenskap waar die gemeenskap dikwels die kerk se waardes beïnvloed. Waardes soos opofferende liefde vir naaste, harde werk, eerlikheid en ander. 
In hoe 'n mate is ons besig om die etiek van ons gemeenskap te beïnvloed?
  • Christene bedien die gemeenskap met 'n gewete, want die gewete van die wêreld.... 
In watter mate skep ons 'n gewete en dus 'n rigting vir ons gemeenskap?
  • Mense begin mekaar help en die wat het, begin om te gee vir die wat nie het nie. Christene gee nie net materieel nie, maar ook dinge soos menswaardigheid, want Christene stel so belang in ander dat hulle weet wat hulle nodig het. 
In hoe 'n mate bemagtig ons ons gemeenskap sodat elke persoon meer geleenthede kry om sy of haar gawes uit te leef?
In hoe 'n mate stel ons in ons gemeenskap belang sodat ons werklik weet wat hulle nodig het?
  • Christene word ook natuurlikerwys die sosiale koördineerders van ons gemeenskap. Ons regering het nog kort gelede erken dat die kerk die betroubaarste vennoot is in gemeenskapsdiens. Dit gebeur outomaties.
Gebruik ons genoeg ons geleenthede wat vertroue van die gemeenskap vir ons gee, om leiers te wees? (andersins verloor ons dit).
  • Die kerk se waardes maak dat gemeenskappe en individue in harde werklikhede weer hoop kry.
Kan ons sien hoe ons hoop gee vir ons gemeenskap?

Naasteliefde in waarheid

Wat is die kenmerk van 'n gelowige?  In Matt 25 word dit duidelik dat optrede teenoor jou naaste, die vrugte is wat 'n gelowige op...