Hierdie woord in Grieks beteken om 'n goeie aanvoeling te hê oor wat om in elke omstandighede te doen. Dit wat goed en reg is. Goed en reg is nie altyd lekker en gemaklik nie. God laat soms toe dat ons swaarkry, want Hy is goed en weet wat goed is vir ons.
Die ander ding van goedhartigheid is dat dit baie onselfsugtig is, want as jy wil weet wat goed is vir 'n ander dan moet jy baie fyn luister en ingestel wees op die ander se behoeftes, gevoelens, vrese en wat vir daardie omstandighede goed sal wees.
Daar is ook 'n wederkerigheid in goedhartigheid, want dit gebeur in groepe net soveel as wat dit oor die individu gaan. 'n Familie of geloofs gemeenskap is goedhartig teenoor mekaar. Daar is dus 'n bewustheid van wat is goed vir die groep, want wat goed is vir die groep is ook goed vir die individu.
Goedheid gaan gepaard met baie opoffering, selfs vernedering.
Goedhartigheid is 'n manier van dink en vra baie konsentrasie en luister vermoeëns. Menswees wat genoeg dissipline ingeoefen het dat eie drange en gevoelens weg geskuif kan word ter wille van die groep. Jyself is natuurlik ook belangrik en daaraan moet ook aandag gegee word wanneer dit goed is om dit te doen, maar 'n goedhartige mens weet wanneer dit goed is om van jouself ook te kan vergeet wanneer dit deur die groep of omstandighede nodig is om dit te doen. Wanneer dit goed is om dit te doen.
Volgers
04/04/2017
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Ruvuma terugvoer Skriflesing Van 1618-1648 , Het Europa mal geword. Verskriklike oorloë en gerugte van oorloë. Christene het pessimis...
-
Die besoek aan Nacala word Saterdag oggend omver gewerp toe ons 20 km buite Nampula moes omdraai weens 'n probleem met die bakkie. Ons s...
-
Ek en ds Nunes van Gurue vertrek op ons motorfietsies vanaf Murara, wat op die kaart as ‘n kerkie regs bo naby Malema aangedui is. Dit is al...
-
My visit to Marlow in the United Kingdom was a very busy time and I would like to give you a glimpse in some of the activities I participate...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking