Ruvuma terugvoer
Skriflesing
Van 1618-1648, Het Europa mal geword. Verskriklike
oorloë en gerugte van oorloë. Christene het pessimisties geword en
het ‘n ontsnap strategie gehad.
Een man het geglo dat die siel van Europa hernu kan
word. John Amos Comenius
Skryf 90 boeke waarvan 40 oor opvoeding (skool)
gegaan het. Hy het geglo dat die Kerk Europa se siel kan hernu deur opvoeding
van die volgende geslag
Jesaja 2:1-4
Afrikaans OV Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het
met betrekking tot Juda en Jerusalem. (2) En aan die einde van die
dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en
verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
(3) En baie volke sal
heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van
die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel.
Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
(4) En Hy sal oordeel tussen die nasies en
regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul
spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle
sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Baie Christene glo dat Trump of Europa moet voluit
oorlog teen Rusland gaan voer al lei dit tot 3de wêreld oorlog. Fondse
skuif van opvoeding na oorlog!!
Die probleem met die aanslag van post moderne opvoeding
deur die staat is dat dit juis die Bybelse fondasie vir opvoeding ondermyn in
die is besig om die weste in duisternis te werp. Die staat is nie die bron
van waarheid nie. Waarheid kom uit die Bybel. Die kerk moet
opvoeding oorneem of ten minste ‘n sterk invloed daarop kry om dit weer te
transformeer soos met die reformasie. Daar het opvoeding van kinders
vorm aangeneem vanuit die kerk. Dit is later weg gegee vir die staat.
Biden het ‘n wapen ooreenkoms met Ukraine gesluit en
Trump wil ‘n handels ooreenkoms sluit. Kan die Kerk dalk ‘n waarheid
ooreenkom met Ukraine en Rusland sluit? Swaarde in ploegskare omskep en
dissipels word van die prins van vrede.
Kerk in Suid Afrika het sy naaste. Wie is die lande
wat ons land se naaste is? Wie is die mense wat verwond langs die pad lê?
Barmhartige Samaritaan gelykenis Mosambiek met sy opstande en
chaos is besig om te bloei.
Dat ooreenkomste met die duisternis (geeste,
magstryd, gierigheid ens.) deur toerusting en dissipelskap skuif na ‘n
redder en ‘n onderhouer. Die een wie se koninkryk se vrugte onder andere
liefde en vrede is.
“Geïnspireer deur Vishal Mangalwadi”
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking