Volgers

31/08/2018

Taxi ry na Quelimane

Ek is 5h30 by die dorp na 'n halfuur se loop met rugsak, rekenaar sak en 21kg tas op die kop. Daar is 'n 20 sitplek bussie wat tot in Quelimane loop en wat my verseker dat ek vroeg genoeg daar gaan wees vir die vliegtuig. Die bus lyk maar gehawend en geroes. Daar word 'n hele bees se vleis toe gedraai in die paadjie gepak. Die paadjie bestaan nie, almal klim maar so bo-oor alles. Die enjin klink goed alhoewel die exhaust stukkend is. Ratkas is maar problematies. Die bestuurder moet so nou en dan 'n rat mis. Toe ons die stukkie grondpad slaan, toe val een van die vensters uit en moes ons dit eers reg maak. Ons laai kort kort mense op en af. Toe kry ons 'n pap wiel. Die domkrag is te klein en hulle moes die wiel in drie fases oplig.
Daar word eers 'n paar sakke houtskool gekoop.
Toe die verkeerspolisie ons voorkeer vra hy 250 mt vir 'n bribe.
Die bande is in 'n baie swak toestand en ons kry 'n tweede pap wiel. Daar is nie nog 'n spaarwiel en ons haal een wiel van die dubbele wiel agter af en sit op. Die ander loop al lankal op seil. Gelukkig kan ons nie vinniger as 80 ry nie.
Die polisie keer ons weer voor en die keer is daar baie omkoopgeld ter sprake, want baie se dokumente is nie reg nie. Gelukkig het ek 'n verklaring van die kerk en kom ek na 20min deur sonder omkoop.
Ons haal Quelimane en ek het sowaar nog tyd om iets te gaan eet voor ek agter op 'n fiets lughawe toe is. Dit was ook 'n ding, want hulle kry nie my kaartjie nommer nie. Eers heelwat later is ek deur sekuriteit.
Normale goed gebeur net anders hier en die Here seën my met 'n baie interesante dag.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...