Op sosiale media luister ek na ‘n video waar ‘n kuns kenner
vertel van hoe sy altyd ure in Londen in die afdeling van die Italiaanse Renaissance
skilderye na die skilderye sit en kyk het. ‘n Britse kuns kritikus Robert
Cummings het op ‘n stadium voor die skildery van Jesus as ‘n baba in die arms
van Maria gekyk. Dit is regtig besonders, maar iets in die samestelling van die
skildery het hom gepla. Na lang ondersoek het hy begin wonder wat die oorspronklike
bedoeling van die skildery was. Tog nie om in ‘n kuns galery te hang nie, maar
om in ‘n plek van aanbidding te wees. Hy gaan staan toe op sy knieë voor die
skildery en toe val alles skielik in plek.
Gebed voel dikwels vir mens soos ‘n werk of selfs a ongemaklike
verpligting of las. Die video snit het my weer laat dink dat die sinvolheid van
gebed hang af van die verhouding waarin ons met God staan. Kan ek nie vir mense wat sukkel met gebed weer aanmoedig om weer te dink aan
ons posisie voor God en die ongelooflike wonder daarvan. Dat ons weer figuurlik
of fisies op ons knieë voor God sal staan nie. Net dalk ruk dit ‘n verhouding
oop waar gebed nie meer ‘n plig is nie, maar ‘n wandel met die Here. Die wonder
hiervan is dat die heeltemal onmoontlike verhouding moontlik geword het en aan
ons geskenk word sonder dat ons enigsins iets verdien. Enige iets kan met Hom
gedeel word op ‘n brutaal eerlike manier.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking