Volgers

04/12/2016

Handevat, Gedagtes oor die toekoms

Liewe betrokkene

So teen die einde van die jaar, deel ek graag die gedagtes met julle:

BESOEKE AAN SENDING GEBIEDE
Ds Joao Herbarth, skryf 'n brief om my te herinner aan ons gesprekke oor die toekoms. Ons sien die waarde daarvan indien die sinode sendinggebiede van die Tumbine sinode meer gereeld besoek. Die voorstel is dat Handevat 'n voertuig moet aanskaf in Mosambiek om jeug en ander leiers meer saam te kan vat na die plekke. Die sinode moet steeds hulle eie voertuig ook gebruik en onderhou vir die nader gebiede, want dit is makliker vir hulle om gemeentes toe te rus sodat hulle deur bydraes self die kostes van so 'n voertuig kan dra. Vir die sinode om die verder gebiede te besoek, is nog te groot stap vorentoe op die stadium. Daar moet nog vir seker nog ten minste nog 6 jaar gebou word aan die rentmeesterskap van die sinode voordat die sinode daardie verantwoordelikheid kan oorneem. Vir hierdie oorgangstyd is dit nodig om hande te vat en saam te werk. Ek begin dus dink daaraan om 'n fonds te bou vir die aankoop van 'n Japanese voertuig in Mosambiek. Ons is aan die gesels daaroor.
'n Ander manier is om 'n dubbelkajuit bakkie in Johannesburg te hou by van die vriende wat ek daar het. Daarvandaan is dit net twee dae se ry na Milange ipv vier. Met die opsie, sal ek egter ook moet werk aan groter inkomstes. Joao, lag vir my as ek so praat, want sy redenasie is dat as die Here dit wil hê, dan sal Hy voorsien. Ek moet my nie daardeur laat beperk nie. 'n Ander voordeel van die opsie is dat ek graag meer moeite wil doen om mense saam te vat na Mosambiek en op die manier kan dit makliker plaasvind. Dit is regtig 'n baie sinvolle manier om in te bou in mense se lewens. Mense word vir altyd verander deur sulke besoeke. Verder kan mens ook meer gereeld vir sendelinge help om voorraad op te vat of af te bring. (Nou oortuig ek myself al amper).
Ek self hoop om nog tot op 70 jarige ouderdom voort te gaan met die werk as die Here so wil en die kragte hou. Dit is baie veeleisend, so mens moet maar kyk. As die Here iemand anders wil stuur vir opvolg, dan is dit ook sy wil, dit bly egter altyd belangrik dat bemagtiging van Mosambiekers, soveel moontlik nagestreef moet word.

NUWE DAGBESTUUR VAN DIE SINODE
Die nuwe leiers van Tumbine vir die volgende twee jaar, het meer aandag nodig as die vorige leiers. Ek moet defnitief my werk aanpas daarby om baie tyd by hulle te spandeer.

FINANSIES EN MOONTLIKE POS IN 'N GEMEENTE
As daar oor finansies gepraat word, is daar 'n groot dankbaarheid vir hoe die Here sorg. Vir soveel jaar het Hy self die deure vir die werk oopgemaak en baie mense maak groot opofferings daarvoor. Die inkomstes maak die werk moontlik en kry ek sonder onderbreking 'n salaris met medies en Pensioen. Ons het die pensioen bydraes verminder tot 'n baie laer kerf om dit volhoubaar te maak. Ek is een van die sendelinge wat die beste versorg word op finansiele gebied. Dit dek egter ook nie meer die bedieningskostes nie en daar is ook nie jaarlikse inflasie groei nie. Die drie of vier keer wat ek Mosambiek toe gaan word dikwels twee daarvan op eie kostes gedra. Ons strewe dus vorentoe om eerstens die bedieningskostes te dek en daarna te dink aan inflasie aanpassings. Een van die gedagtes is om te kyk na 'n gemeente wat graag wil groei in sending, en weens die afskaling in gemeentes nie meer 'n tweede of derde leraar kan bekostig nie, maar dalk 'n kwart pos kan dra. Om dan met hulle te gaan gesels en dalk kan ons mekaar so help. Ek sal dan graag wil fokus op die gemeente se betrokkenheid in hulle gemeenskap en praktiese opleiding in uitreik, veral as die gemeente reeds 'n betrokkenheid het in Mosambiek. Ek is lief vir Mosambiek, maar werk graag met enige mense wat op enige manier in hulle praktiese roeping vir die wêreld wil groei. Ek gaan baie hard aan myself moet werk om in te pas in gewone artikel 9 take in 'n gemeente en sal nie my potensiaal so kan uitleef nie.

AMERIKAANSE GROEP
'n Interesante verwikkeling is dat in 2017 ek gevra is om 'n groep Amerikaanse jongmense vir 'n maand Mosambiek toe te vat.

RADIOWERK
Nog 'n verwikkeling wat die werk kan beinvloed, is dat radio FEBA hulleself bereid verklaar het om in vennootskap met die Tumbine sinode te gaan vir die radiostasie op Chiconono. Dit klink baie goed, maar dan sal ek defnitief redelik tyd moet spandeer in die fasilitering van die verhouding. Dit is ook vir radio Feba 'n nuwe ondervinding om op die vlak met 'n plaaslike kerk in 'n vennootskap te gaan. Dit is 'n jong kerk en die leiers het baie min ondervinding van sulke vennootskappe.

CHRISTENSKAP OP DIE GROND
Daar is ook die fokus van Handevat om daar waar die status en mag op sy minimum is, saam in 'n verhouding God se wil en hart te leer ken en in gehoorsaamheid daarop te reageer. Dit gebeur dikwels minder in offisiele vergaderinge as in huise en op die grond in gemeentes. Hierdie fokus wil Handevat nie verwaarloos nie.

KOM GESELS SAAM
Ek gaan binnekort weer 'n paar mense bymekaar roep om oor die sake te gesels. Indien enige iemand voel hy of sy wil deel daarvan wees, kontak my asb en ek sit jou dan ook op die uitnodigingslys. Hoop om 'n paar meer mense te sien.

Ek wil verder almal wat die stukkie lees vra om jou gedagtes, maak nie saak wat dit is nie, in kommentaar (comments) by te voeg.
Dit is goed  om die Here te dien.

3 opmerkings:

  1. Die Here gee sy belofte uit Ps.138:8 "Ek sal vir jou alles laat goed afloop, aan sy liefde is daar geen einde nie" Ek sal graag wil saamgesels. Wees verseker van my en Aletta se voorbidding. Seën vir jou en Bonnie met ma se siekte. Gert En Aletta

    AntwoordVee uit
  2. Die Here gee sy belofte uit Ps.138:8 "Ek sal vir jou alles laat goed afloop, aan sy liefde is daar geen einde nie" Ek sal graag wil saamgesels. Wees verseker van my en Aletta se voorbidding. Seën vir jou en Bonnie met ma se siekte. Gert En Aletta

    AntwoordVee uit
  3. 'n Mens raak soms benoud so in die begin van 'n nuwe jaar oor alles wat moet gebeur en gedoen moet word en veral as die finansies min is. Soms word mens oorweldig deur onsekerhede en raak die knop in mens se keel net groter. Ekt hierdie week na 'n podcast van Joel Osteen geluister en hyt gese dat ons nie die lewe moet probeer ontsyfer nie, want dit maak mens net verward. Ons moet net leef en as ons nie weet nie, weet daar is iemand wat weet. So, ek weet nie hoe my of jou jaar gaan uitloop nie, maar ek ken Iemand wat wel weet. Kom ons kyk met groot verwagting wat God vir Handevat beplan. Sterkte.

    AntwoordVee uit

2023-11 Lugela besoek

hierdie is berg by Cricane (morrua)  Hier is die byeenkoms by Cricane  Tydens Cricane gesprekke ...