Ek word wakker na 'n paar uur se slaap met 'n bietjie koors tydens wat lyk soos 'n korona infeksie. Gaan eers warm rooibos tee maak ter wille van die warm drankies. Ek voel die longe kry nog alles uit gestoor en wil dit so hou.
Die ander gewaarwording is 'n diep rustigheid wat nou letterlik alle verstand te bowe gaan.
Voor ek Mosambiek toe gekom het vertel ek die dokter dat ek soms as alles hier soms so verkeerd loop, ek soms angstig raak. Dan baklei ek baie met myself, want as ek glo behoort ek te weet dat maak nie saak wat gebeur nie, ek is veilig by die Here. Hoe meer ek baklei hoe minder kry ek dan die rustigheid wat ek soek. Sy skryf toe vir my 'n natuurlike middel voor vir daardie tye om die angstigheid te onderdruk.
Die ander ding wat ek moet vertel: Tussen my en die Here het ek die ooreenkoms dat ek nie meer so baie vra vir uitkomste nie. Uit ervaring het ek geleer dat die Here soms die teenoorgestelde doen. Hier in Mosambiek loop alles tien maal meer verkeerd as reg in elk geval. So in my gesprekke met Hom voel ek soos ongelowige Thomas. Hy wou ook sien en glo, en glo my, ek verstaan daardie begeerte. Gewoonlik as ek egter so voor Jesus staan, dan kan ek hom nie sien en voel nie en sê hy gewoonlik vir my: Gelukkig is jy wat nie sien nie en tog glo. Die woorde moet ek baie dikwels hoor en het deel van my verhouding met Hom geword.
Vanaand beleef ek iets van die ongelooflike geloof wat werklik wonderlik is. Daardie botteltjie pille lê nog net so in my sak.
Nou dalk is ek soms verkeerd, seker baie keer verkeerd, maar 'n manier wat ek dink, kan jy die ware wonderwerk van geloof mis deur te dink dat geloof beteken dat soos vanaand, hy my gaan genees. So 'n wonderwerk is nie 'n stofdeeltjies teen die geloof wat Hy wil gee nie. Daar is iets baie groot aan 'n geloof wat nie gebind is aan die uitkoms wat ek wil hê nie.
Die Here het die verstaan van my en Sy verhouding op sy kop kom draai. Daar is die geloof in my, iets waartoe ek nie in staat is nie. Dit is asof my lyf net weet dit is veilig waar dit hoort. Geloof is regtig teen die menslike natuur in. Ek kan nie beskryf hoe kosbaar dit is nie. Die herinnering hieraan dink ek gaan my lewe en bediening vorentoe baie sterk beïnvloed. Ek glo dit het baie te doen met soveel mense wat vir my bid.
Geloof is soveel groter as afgepleite reën na 'n droogte, dit is so groot dat dit jou in die droogte en selfs dood transformeer, want dit is nie 'n menslike handeling.
Hier is nog 'n bonus ook. Ek gaan nog nie die blog post nie, want dit kan my vrou ontstel. Tog is daar boonop nou 'n rustigheid dat ek ook gaan herstel van die korona die vyand wat ek verdien. Geloof en genade loop saam. Tog selfs as dit nie gebeur nie, is dit reg soos nooit tevore.
Habakuk 1, daar is die profeet baie moedeloos. In hoofstuk 3 is die gedeelte van "al sou die wingerdstok nie bod en ander rampe soos geen beeste in die krale. Nogtans sal ek jubel in die Here.
In hoofstuk 2 sê Habakuk. Dinge gaan nog nie verander nie" Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe."
HÁBAKUK 2:4 AFR53
https://bible.com/bible/5/hab.2.4.AFR53
Die geskenk van geloof is nie daar om jou te dien nie maar die wêreld. Ek is oortuig daarvan dat hierdie boodskap vir Mosambiek bedoel is. Geloof het soms baie selfsugtig geword. Die selfsug het deur 'n paar goed duidelik na vore gekom en nou moet dit net aanmekaar gelas word met 'n bedreiging wat heel moontlik Mosambiek BAIE seer kan maak. Geestelike leiers het nou iets groter nodig en nie iets oppervlakkig nie. Ek weet julle gebedslyste is lank, maar moet nie die land vergeet nie. Dit lyk nie goed nie.